Britse skool verbied rompe om transgender studente welkom te laat voel

‘n Sekondêre skool is East Sussex, Brittanje, het die idiotiese stap geneem om meisies te verbied om rompe aan te trek, die jongste voorbeeld van die bevordering van ‘n sogenaamde “gender neutrale” agenda.

Priory School in Lewes, het ‘n beleid ingestel om dieselfde uniform vir alle studente af te dwing om transgenders te laat welkom voel, het Skynews berig.

Die skoolhoof, Tony Smith het aan die plaaslike pers gesê: “Spesifiek, spreek dit die huidige kwessies van ongelykheid en fatsoenlikheid aan.

“‘n Ander probleem was dat ons ‘n klein maar toenemende aantal transgenderstudente het en daarom is dieselfde uniform vir hulle belangrik.”

Onderwysers hoop dit sal dinge “regverdiger vir transgender leerlinge” maak in reaksie op ‘n toename in die aantal sulke studente. Maar die media het nie berig oor die aantal transgenders by die skool nie. Vermoedelik kan die skool hulle op een hand tel.

Volgens die skool se webwerf is die nuwe uniform “spesifiek ontwerp om te reageer op die vele probleme en voorstelle wat deur ouers, studente en skoolpersoneel geopper word”, insluitend waarom seuns dasse moet dra terwyl meisies nie.

Seuns dra grys broek, ‘n wit hemp, vlootblou trui en ‘n blou-en-silwer das, terwyl meisies geen das hoef te dra nie.

‘n Plaaslike ma het egter aan die plaaslike koerant gesê: “My dogter het gesê sy het ‘n geslag en dit is vroulik. Om geslagsneutraal te wees wanneer sy ‘n geslag het, is ‘n groot probleem vir haar, want sy is trots om ‘n meisie te wees.”

Maar die nuwe reëls sal help “om klagtes uit te skakel oor die fatsoenlikheid van kort rompe” het die skoolhoof gesê.

In April vanjaar het die Nasionale Unie van Onderwysers [National Union of Teachers toepaslik afgekort as NUT] gesê kinders so jonk as twee moet geleer word oor transgenderprobleme.

Afgevaardigdes by die NUT se jaarlikse konferensie in Cardiff het sy lede aangemoedig om LGBT+ kwessies in die kleuterskool te bevorder, sodat seks en verhoudingsonderrig (SRE) “inklusief” kan word. NUT beweer lesbiese, gay, biseksuele en transgender studente “word uitdruklik in die wet vertel dat hul lewens ook belangrik is”.

Talle Britse skole het reeds geslagsneutrale uniforms aanvaar, insluitend Brighton College in die privaat sektor en ongeveer 80 staatskole, het The Telegraph vroeër berig.

Enkelgeslag privaatskole is ook vertel om die gebruik van terme soos “meisies”, “jong vroue” of “jong dames” te verwyder.

Hoofde en onderrigpersoneel by koshuise sal die nuwe voornaamwoord, “Zie”, moet gebruik, indien hulle nie enige transstudente aanstoot wil gee nie, in ooreenstemming met hul verpligtinge ingevolge die Gelykheidswet 2010, waarvolgens geslagsidentiteit en “heraanpassing” een van die so- genoem beskermde eienskappe is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    ‘NUT’…as in nutless?

    • Casper Labuschagne

      Ek het nog altyd so stilweg vermoed dat die werklike diskriminasie in die geval van Cluster Sementbal teen die ander sportvroue is, wat moet meeding sonder die kragvoordele van die manlike fisiologie en dus geneties geprogrammeer is om nie eerste te kan kom nie. Maar wat weet ‘n ou wit man, gevestig in die patriargie, dan nou ook van geslagsgelykheid in al seshonderd moontlike verskillende geslagsvorme?

      • Jacques

        Stem saam, Casper is ‘n man. Die arme vroue atlete trek aan die kortste ent.

  • profplumber

    Kul jou hier,kul jou daar en ‘Zie daar’.

  • Casper Labuschagne

    Hier op die plaas gebruik ons nie woord “transgender” nie. As ‘n bok tweeslagtig gebore word, wat so een keer in ‘n duisend voorkom, gebruik ons die woord trassie. Ou Afrikaanse woord wat algemeen gebruik word om daardie grys area te beskryf tussen wat duidelik seuntjies en dogtertjies is.

  • Casper Labuschagne

    In Kanada het die voornaamwoorde verander van he en she na zer en zee en ook nog ander vorme waarvan my eie lewenservaring te beperk is om te kan begryp. Toe wonder ek so bymeselwers wat sal “hy” en “sy” in Afrikaans word en hoe vêr sal dit wees van “hie” en “ha”? Dus as twee van die een soort en twee van die anderste soort saamstap kan ons in Afrikaans na hulle verwys as “Daar kom hie, hie en ha, ha?”

  • Nog ‘n wekroep vir die talmende blanke en meer konserwatiewe Afrikaner. Selfbeskik en selfregeer oor kerk, werkpreserverende ekonomie, gesondheid, opvoeding en leefstyl, – onder andere, – of word verswelg deur ‘n toenemend dwase en onvolhoubare mensdom.

  • Johann Schutte

    Daar is voorstelle by ander skole vir rompe vir seuns, om uniformiteit te behaal.

  • Johann Schutte