Brief: Danny Titus moet kortgevat word

Danny Titus, die ATKV se uitvoerende direkteur: kultuur, diskrediteer in sy amptelike hoedanigheid reeds jare lank blankes, veral Afrikaners, en Standaardafrikaans. In sy jongste skrywe loof hy onlangse byeenkomste waar die rol van bruin mense in Afrikaans erg oordryf word en daar glad nie afdoende erkenning aan die bydrae van blankes gegee word nie. Titus sluit sy betoog soos volg af:

“Mag die stryd tussen standaardtaal en dialek spoedig tot ‘n einde kom. Dit is tog so dat ‘n dialek eintlik maar ‘n standaardtaal sonder ‘n weermag is. Die sogenaamde standaardtaal het vir dekades ‘n weermag en ‘n polisiemag gehad. Mag Afrikaans nou daarsonder klaarkom” (Netwerk24, 6 September).

Die “sogenaamde” standaardtaal waarna Titus verwys, is Standaardafrikaans. Die dialek waarna hy verwys, is klaarblyklik Kaaps. Wat hy skynbaar wil hê, is dat die onderskeid tussen Standaardafrikaans en Kaaps uitgewis moet word; dat hulle een en dieselfde moet wees. Dit beteken dat die plaasvervanger-standaardtaal maar oorvloediglik met onnodige Engels besoedel kan wees. Dit is bekend dat Titus sterk ten gunste van Engels is. Hy het, as ek reg onthou, sy werkstukke tydens sy studie in Nederland in Engels voltooi en daarna sy kinders in Engelse skole in Suid-Afrika geplaas.

Dit is louter onsin dat ‘n dialek gedefinieer kan word as ‘n “standaardtaal sonder ‘n weermag.” Kaaps is ‘n dialek juis omdat dit nie ‘n standaardtaal is nie. Dit is verder ‘n feit dat dialekte wêreldwyd sonder ‘n weermag bestaan. Wat Titus impliseer, is dat Kaaps die status van standaardtaal sou gehad het as dit nie was dat Kaaps tydens die blanke politieke bewind met die militêre mag van die Suid-Afrikaanse weermag en polisie onderdruk is nie. Noudat sowel die weermag as die polisie grootliks in onmag verval het, skep dit volgens Titus blykbaar die geleentheid dat Kaaps die plek van Standaardafrikaans kan en behoort in te neem. As feitlik alles in die land besig is om agteruit te gaan en te verval, waarom nie ook Afrikaans nie?

Sedert 1930 was die ATKV aanvanklik veronderstel om ‘n instansie te wees wat die belange van Afrikaanssprekende blankes, dus Afrikaners en Afrikaans, bevorder. Sedert 1994 is die ATKV getransformeer om ook nie-wittes as lede toe te laat en word daar nie meer openlik vir Afrikaners geskerm nie. Maar lidmaatskap van die ATKV is nog oorweldigend sowel blank as Afrikaanssprekend. Dit is voor die hand liggend dat die ATKV nie kan bekostig om die meerderheid van sy lede te vervreem nie.

Dit is uiters onvanpas en onwys dat Titus as die kultuurhoof funksioneer van ‘n instansie wat by uitstek sensitief vir die belange van Afrikaanssprekende blankes en Standaardafrikaans behoort te wees. Desnieteenstaande word Titus toegelaat om in sy amptelike hoedanigheid telkens met militante en hoogs omstrede politiekgelaaide uitlatings voor ‘n dag te kom. In belang van die ATKV, die meerderheid van sy lede en Afrikaans as ‘n taal wat duidelik van Engels onderskeibaar is, sal Titus se onverkwiklike bedrywighede weens sy misplaasde aktivisme daadwerklik kortgevat moet word. Dit behoort die verpligting in te sluit dat hy sy aktivistiese uitlatings in sy persoonlike eerder as amptelike hoedanigheid moet doen.

— Johannes Comestor

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Jared van Niekerk

    “Kaaps” = Kafrikaans.

    • Owen

      Wat se jy van die Wit Afrikaners in Durban ?

      • sussie se vissie

        Curriekans.

        • Vicky

          Hi sussie. Long time no see wyf

          • 11petrus2

            Nogal n eienaardige Afrikaner variant deesdae op Praag. Sou dit Pieta se inkwisisie werkers wees!

      • Charles

        Is daar so iets in Durban ?

        • Owen

          Baaie

          • Charles

            Afrikaanssprekend?

          • Owen

            Ja.

    • Charles

      Hehe!! LMGA

  • leonlemmer

    Heel onlangs het Titus die Afrikaners van slawerny beskuldig, maar geen ATKV-haan het daaroor gekraai nie. JC Steyn, Ons gaan ‘n taal maak, 2014, p 32, “verwys na bruin mense wat deur ‘politici’ probeer wysmaak is dat die Afrikaners weer slawerny wil instel as hulle die mag sou kry. Hulle was volgens my nie ver verkeerd nie. Toe Afrikaners wel aan die mag gekom het, het hulle apartheid met onmenslike gevolge ingestel” (Ons kom van ver, WAM Carstens & Michael le Cordeur eds, Tygervallei: Naledi, 2016, p 195).

  • Skisofreen

    Ek persoonlik is hewig ontsteld oor die miskenning van die belangrike rol wat die Joodse gemeenskap in Afrikaans gespeel het 😉

    • 11petrus2

      Hehe!

  • Ou Transvaal

    Daar is die wat net kan vernietig , sonder oorsaak of rede ….hulle behoort nie tussen Volksgoedere toegelaat word nie .

  • sussie se vissie

    Die ATKV het benewens n paar sub-standaard kampoorde…niks te bied nie.
    Diesulks vir wie die koorsang/gejil tydens so n besoek ( …’dêrrie! dêrrie! giera vi my nogge hotdog if you pleeeaase!’ ) – strelend op die oor val, moet maar vir hul kry!?
    Andersyds geniet en kry bovermelde inkruipkerige stofpoepertjie gans te veel blootstelling.
    Myns insiens verdien die ATKV al lankal hul ( permanente ) ‘SPUR’-boikot/oomblik.
    In sodoende kan die haasbek telgies ongestoord in hul eie piepiepoele baljaar.
    ‘No skin of my ( white ) back’.

    • Renier Gouws

      Was n maand terug by Buffelspoort se ATKV. Daar was slegs wit Afrikaansprekende mense. Ons kinders het hulle gate uit geniet.

      • sussie se vissie

        Moenie dat Suster in jou pad staan nie.
        Aanvaar Dênny Testikels sal jou lofbetuiging met genoëe omarm.
        Hou net by Capiekans in so doende.
        PS.
        Orania sien ( in vergeleke met anner NSA dorpies ) dikwels heel goed daaruit.
        Een swaeltjie maak nie…..

        • 11petrus2

          Kaaps klink vir my meer na n Jode variant van Afrikaans-Duits/Yiddish. Die Jode jhy ook so as hulle Kaaps gooi!

      • Karel Combrinck

        Wat wil dit nou eintlik sê? Kinders sal hulle oral gate uit geniet, ongeag die geleentheid. Vraag is egter het hulle ouers hulle ook gate uit geniet. En waaroor nogal? Hotnosriel en vaaljapie?

        • sussie se vissie

          Jou plasing nog meer relevant re Spur relletjie.
          Saam-saam in verkneukeling met ‘fairy lights & milkskakes’ – tot latere ge-wynsuip op Stellenbosch.
          Die uiteinde n geval waar graad postuum ( en post mortem ) ‘gevang’ word in Soutrivier lykshuis.
          Twee resente gevalle verwys.

          • Charles

            onlangs 🙂

          • Arrie

            Om anglisismes te gebruik is mos deel van die nuwe Afrikaans. Dan nou nie?

    • Charles

      Hulle lankal gelos…, van die belaglike “Afrikaans Plus” debakel af. Klomp d@nnerse manteldraaiers! Ek wil nou sien hoe gaan hulle “1 miljoen” lede maak hehe, mat talle Afrikaners wat die skurke vaarwel geroep het. Ta-ta aan die “Alternatiewe Taal en Kultuur Vereniging”

    • Suidpunt

      Goeie betoog, maar mevrou het die soolvratte vergeet…

  • Vicky

    Die feit dat jy Afrikaans kan praat maak jou nie n Afrikaner nie, nog minder maak dit jou n Kaukasieër

    • Charles

      Afrikaners en Afrikaans(Standaard) is onteenseglik verbind. Die een kan nie sonder die ander nie!
      Hulle sal NOOIT ons taal van ons kan vat nie! Hulle probeer iets by die STAATSuniversiteite, dan stig ons privaat Afrikaanse Universiteite, hulle probeer by skole, dan privatiseer ons maar net weer. Iemand van Afrikaner herkoms; wat Engels verkies en praat; bo ons geliefde Afrikaans; is nie welkom by my en BAIE ander AFRIKANERS nie…
      Lank Lewe Afrikaans(standaard)!

    • sussie se vissie

      Openbaar jy n verskuilde ‘iets’ oor jouself?
      Had my doubts…….

      • Vicky

        Ek is nie meer lief vir Albert nie.

        • sussie se vissie

          Doen aan die hand jy kontak Suster Wagner.
          Die Son se antie Mona…ook heel behulpsaam.

          • Vicky

            Praat asb n taal wat ek kan verstaan dronk vissie met die NG doodskissie.

          • Suidpunt

            Psst: Sussie bedoel eintlik ‘n ‘agony aunt’ (troostannie) – antie Mona is die troostannie van die “Kaapse Son”, net soos antie Val(erie) weer van die “Kuier”-tydskrif is. Gewoonlik handel die vrae oor seksuele frustrasie, watter posisie nou die gemaklikste lê, hoe om die olieboor ‘n bietjie langer te laat voortdreun op die holle matras, en of speelgoed beter is as die ware Jakob… Of, my halfneef se oom se agterkleindogter het ‘n verhouding met haar oom, wat toevallig haar kêrel is [en wie se honde saam aas uitgesleep het in 1978]: wat nou? Toevallig is hulle almal Naspersblaaie…

          • sussie se vissie

            🙂 !
            Liefde oor die grenslyn figureer graag in rubrieke waarna u verwys.
            Want sien..’Albert’ is toe eintlik Kevin en Kevin is toe helaas….

          • Suidpunt

            (Trek asem in), NOOIT!

          • Vicky

            Lag ek nou lekker vir jou verduidelikings.

  • Charles

    Dankie Johannes, die goed is mal!

  • Suidpunt

    “Wat Titus impliseer, is dat Kaaps die status van standaardtaal sou gehad
    het as dit nie was dat Kaaps tydens die blanke politieke bewind met die
    militêre mag van die Suid-Afrikaanse weermag en polisie onderdruk is
    nie.”

    In Duitsland het elke liewe dialek voorheen hul eie woordeboeke gehad, dit is maklik te kry – of dit nou Swabies, Platduits of Beiers is, ens. Selfs “Wit-Afrikaans” wat as dialek uit Nederlands ontwikkel het, het voorheen sy eie “blanke-Afrikaanse” woordeboeke mee begin. Waarom sien ek dan geen Kaapse woordeboeke nie?

    • leonlemmer

      Kaaps is ‘n ongestandaardiseerde taal, “‘n heterogene varieteit van Afrikaans” (Kaaps in fokus, 2016, p 26), gevolglik is dit onmoontlik om ‘n woordeboek saam te stel wat sinvol of in bruikbare mate “volledig” kan wees. Iedere Engelse woord is potensieel deel van Kaaps se woordeskat. Die harde werk van standaardiseer en woordeboeke maak, is in die geval van Afrikaans (feitlik) uitsluitlik deur blankes gedoen. Daarenteen is dit maklik om propaganda en lawaai oor ‘n dialek soos Kaaps te maak.

    • Charles

      Want dit is ‘n dialek, en dit is al wat dit ooit sal bly.

  • Karel Combrinck

    Die werklik skokkende aan die verhaal is hoedat ons in ‘n situasie kon beland waar die lotgevalle van ons taal en kultuur uitgelewer is aan ‘n skepsel soos hierdie.

    • Charles

      Ons kultuur en Taal is nie uitgelewer nie, ouens, die FAK is onbeskroomd AFRIKANER en Afrikaansgesind!!
      Hierdie “ATKV” skepsels kan gaan doppies blaas. Wat my bekommer is, is; wanneer gaan skepsels soos hierdie Titus begin karring aan die HAT, die WAT en die AWS?? (ek verneem dat die “polities korrektheid” breinsiekte reeds in die verband ‘n wesenlike nekslag toegedien het aan die AWS, maar wanneer begin hierdie nonsens en kafpratery hul weg vind in die Boeke van ons geliefde taal?? Ek gee nie werklik so baie om oor die status v/d “ware kaaps” nie, as daar so iets is, DIT HET SY PLEK EN GENOEG ERKENNING(dit bestaan immers en het ‘n bestaansreg), maar wat my pla is die Engelse warboel. Verbeel jou nou daardie “engels gemengde gemors” (English taints our beautiful language; with its disgusting nature” ) moet in die HAT beland, o aarde, die Here behoed dit!! Dan skep ons WARE AFRIKANERS- sien GENOOTSKAP VAN REGTE AFRIKANERS- maar weereens ‘n nuwe SUIWER STANDAARD AFRIKAANS HAT VIR GEBRUIK DEUR AFRIKANERS!!. Dit is ironies, maar hoe meer die beswaarlik versteekte (latente) wrewel en transformasie-lus “Transformasie gekheids mania of sindroom” van die skepsels na vore kom, [WAT HOE, HOE PATETIES DIT DAN OOK MAG KLINK, GRONDWETLIK GESANKSIONEER IS (LMGA!!!] hoe meer ly dit na ‘n nuwe apartheid, d.w.s ten einde ons kultuurgoedere EN NOU OOK ONS TAAL van besmetting te beskerm, dwing die siek goed ons dus daartoe!!! Die mal goed kan nou nie tevrede daarmee wees dat daar meer erkenning aan Kaaps gegee word nie, en dankbaar wees en waardering he vir die uniekheid daarvan binne die Afrikaanse familie nie, NEE; alles en ons pragtige taal moet ook nou vernietig word omrede die skepsels hul probleem ons probleem maak en ons aanhoudend irriteer met hul minderwaardigheids en slagofferskap komplekse!! Urrghhh, wat ‘n pyn in die watsenaam!

      • Karel Combrinck

        Dus: Uitgelewer!

  • boerseun

    Dit is skokkend dat die ATKV ‘n Boerehater en anti-Afrikaanse mens soos Titus aangestel het om Afrikaans te bevorder. Titus is op rekord dat hy verheug is oor die verdwyning van Afrikaanse skole (in Volksblad gerapporteer). ‘n Trojaanse Perd by uitstek. Dan is hy ook by die Menseregtekommissie betrokke waar hy sy liberale gif teen ons vryheidstrewende Boere versprei. Die ATKV is soos die NP in sy laaste dae wat ‘n doodswens ontwikkel het. Tragies!