Oostenryk of Australië? Poetin sê VSA-leiers ken nie die verskil nie

Russiese president Vladimir Poetin het aan verslaggewers gesê ná sy besoek aan die BRICS-beraad wat in China gehou is dat die Amerikaanse leierskap ongekunsteld is. Hoewel hy die aantal Amerikaanse diplomate in Rusland kan beperk, sal hy dit nie doen nie, omdat Amerikaners probleme ondervind om tussen Oostenryk en Australië te onderskei, sê hy.

“Dit is moeilik om ‘n dialoog te hou met diegene wat Oostenryk met Australië verwar. Daar is niks wat hieraan gedoen kan word nie, dit is blykbaar die vlak van politieke kultuur van ‘n sekere deel van die Amerikaanse elite. Die Amerikaanse volk is eintlik ‘n wonderlike nasie as hulle soveel mense met so ‘n lae vlak van politieke kultuur verdra,” het Poetin gesê.

Poetin het verduidelik dat beide Moskou en Washington vroeër ingestem het om ‘n gelyke aantal diplomate in hul onderskeie lande te hê, wat nie die geval was omdat die VSA veel meer diplomate in Rusland het.

“Streng gesproke, as ons praat oor volle pariteit, behoort daar nie 455 Amerikaanse diplomate in Moskou te wees nie, maar minder as 155. Daarom behou ons ons die reg voor om ook ‘n besluit te neem oor die aantal Amerikaanse diplomate, maar ons sal dit nie nou doen nie. Ons sal ‘n oog hou oor hoe die situasie verder ontwikkel,” het die president beklemtoon.

Poetin het gesê Amerika het nie die reg om Russiese diplomatieke personeel so onbeskaafd te behandel nie, al mag hulle doen wat hulle wil. “Maar wat anders hier is, is dat dit op ‘n onbeskaafde wyse gedoen is, en dit stel ons Amerikaanse vennote nie in ‘n goeie lig nie.”

“Met betrekking tot die geboue en fasiliteite [van die Russiese diplomatieke missie in die VSA], is dit regtig ‘n ongekende voorval,” het Poetin gesê. “Die Amerikaanse kant het Rusland van die reg om ons eiendom te gebruik, ontneem. Dit is ‘n duidelike skending van Rusland se eiendomsreg. Daarom vra ek die Russiese ministerie van buitelandse sake om regstappe te neem. Kom ons kyk hoe die veelbeprese Amerikaanse regstelsel werk.”

Rusland se ministerie van buitelandse sake het versoeke gestuur aan kundiges om ‘n regsgeding teen die VSA op te stel oor die onwettige beslaglegging op diplomatieke eiendom, het Sergei Lavrof, minister van buitelandse sake, bevestig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.