Universiteit van Transkei betaal studente ‘per ongeluk’ R14m, toe tref sy die winkels

Geld wat reën... Lêerfoto.

‘n Diensverskaffer van die voormalige Universiteit van die Transkei, wat tans as die Walter Sisulu-universiteit bekendstaan, het vyf maande gelede “te veel nulle” by ‘n betaling vanuit die NFSAS-beursfonds gesit en R14 miljoen aan ‘n studente betaal. Die eintlike bedrag moes R1400 gewees het.

Die studente het dit aanvanklik stil gehou en het reeds R500 000 van haar “meevaller” uitgegee alvorens die universiteit sy fout agtergekom het. Dit was eers toe die gelukkige Transkeise studente begin het om ‘n strokie van haar rekening op sosiale media te versprei dat die administrasie van die Walter Sisulu-universiteit onraad bemerk het.

Radiostasies het vanoggend gegons oor die R14 miljoen en op Radio 702 het omroepers en luisteraars die rede gevoer oor wat hulle sou doen indien dit met hulle gebeur. Oor SAFM het Yonela Tukwayo, die universiteit se woordvoerder, gesê dat “die studente daarvan bewus is dat die geld per ongeluk in haar rekening gedeponeer is”. Sy kon egter geen besonderhede verskaf oor waarop die studente intussen die geld bestee het nie. Hulle hoop om die geld van haar terug te eis omdat NSFAS reëls neerlê waarop beursgeld bestee mag word.

Sy het net R68 by die Spar van haar fortuin bestee, maar die oorblywende boerpot op die strokie toon meer as R13,6m.

Die hoof van die Betalingsvereniging van Suid-Afrika, Walter Volker, het egter tydens ‘n onderhoud gesê dat dit nie so eenvoudig is om die geld terug te eis nie. Geen bank mag die geld uit haar rekening onttrek nie en die universiteit sal haar eers moet dagvaar om dit van haar terug te eis.

“Dit is wat ‘n mens noem ‘n ‘elektroniese-fondsoorplasings-krediet’,” sê mnr. Volker. “As die geld in die ander persoon se rekening is, is dit hulle geld. En die bank kan nie eensydig net die betaling omkeer nie. Ooglopend kan die bank, indien daar ‘n fout van die een of ander aard was, kan die bank die persoon vra in wie se rekening die geld verkeer, of hulle dit vrywillig aan die regmatige eienaar sal teruggee. As hulle nie daartoe bereid is nie, dan het die persoon wat die fout begaan het geen ander keuse as om ‘n regsproses aanhangig te maak nie… Dit kan duur wees.”

Die hof van die SA Betalingsvereniging het voorts gesê dat die meeste mense sou toelaat dat die bank die transaksie omkeer en die geld aan die regmatige eienaar laat terugkeer. “Maar as hulle nie saamwerk nie, dan is die enigste uitweg om ‘n mens na die howe te wend, want die banke beskik nie oor die reg om net eensydig fondse rond te skuif nie,” sê Volker.

Blykbaar “ondersoek”die universiteit die saak en waarom die studente “so lank stilgebly het”.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Jared van Niekerk

    Laat ek raai: Die groot gros van die R1 miljoen (dis glo meer as die R500,000, luidens die nuutste berigte) wat die persoon geblaas het, was op inskroefhare en allerhande grimeringsprodukte om haar witter te laat lyk.

    • Maddox1

      Jared, en moet nie vergeet van ‘n hele klomp KFC streetwise 2 etes nie. Die volk kan mos net nie sonder die kolonel se hoenedr nie, daar is ‘n “magiese” aantrekkingskrag tussen hulle en die spesifieke gemorskos. Amper soos ‘n mot en ‘n kers…..

      • Riaan Slabbert

        Net jammer, anders as die mot wat een of ander tyd brand, kan die goed hulle blykbaar nie dood vreet nie…

      • Charles

        Ja nee Maddox, Kolonel Sanders kan nie agterwee gelaat word nie;)

    • sussie se vissie

      J,
      Smaak dit trek al oor die R800,000 kerf.

    • Charles

      Hehe! LMGA Jared!

  • Antonie Geyser

    seker n gerf ‘braids’ gekoop

    • Charles

      Was seker eerste op die ding se lys.

  • TotusTuus

    “Aktueel, aktief, afrikaans!” Die vroulik van student is student. Die meervoud van student is studente.

    • Bittereinder

      Dankie!

  • sussie se vissie

    Die antw lê in die aanhef.
    Diensvir[n]$kaffer.
    PS.
    Dame Sparrow wink….

    • Charles

      Hehe, LMGA!!! DIENSVERSkaffer!!
      Sy’s ‘n diensvers- ‘n nuwe tipe begrip, sy’t ‘n moerse diens gekry hoor!!

  • Anton Schutte

    the proverbial “spend like a minekffer with a credit card”…

  • sussie se vissie

    Graag te wil weet of mêrrim darem haar weg oopgesien het om in die gees van ‘ubuntu’ ( daai ding wat wit belastingbetalers gedwing word om te doen teen R1400.00 pm per klipgooiende universiteits-sot ) – mededeelsaam was in opheffing van haar mede ‘minderbevoorregte’ bloedjies.

  • Chroom

    Of dit nou reg was of nie, maar kan sy gedwing word om die geld terug te betaal. Dit is nie sy wat die fout gemaak het nie, sy het net die fout benut. Maar kan sy gedwing word om die geld terug te betaal, ek dink nie so nie.Waar is die slim regsgeleerdes in ons midde?

    • sussie se vissie

      Jy tel n sak geld op wat na alle waarskynlikheid van n bankwa afgeval het en begin dit aanwend.( as voorbeeld )
      Niemandsgoed in hierdie geval…nullifieer nie die beginsel van die feit dat dit ‘iemandsgoed’ is nie.
      Insgelyks; reflekteer jou bankstaat van R80.00 skielik R80m – word daar van die redelike man op straat verwag om hom/haar van hierdie skielik- en ‘manjifieke’ rentekoers te vergewis alvorens 90 pruike aangekoop word.
      n ‘Ander se fout’ – is geen geldige remedie tot uitbuiting nie.

      • Chroom

        Ek verstaan wat jy sê, maar insgelyks moes die bank hom ook van die skielike verandering vergewis het. Dit is standaard praktyk dat indien daar skielik ‘n klomp geld in jou rekening betaal word, vergewis die bank hom of die betaling regmatig is al dan nie? Ek het verstaan van ouens wat die Lotto gewen het en toe die geld inbetaal word het, sy bank hom, rekening houer en die deposant geskakel en bevestig het of hierdie betaling regmatig is. My mening steeds bly dat sy nie die geld hoef terug te betaal nie. Sou jy die bank bel en sê hier is geld waarvan jy nie weet nie? Ek sou nie, om eerlik te wees. Sou ook nie die geld terug betaal nie.
        Ek het so ongeveer 39 jaar gelede ongeveer R20000 opgetel van ‘n petrolstasie wat beroof is. Die rowers het gevlug en die geld of verloor of weggegooi. Ek het dit in die pad sien lê,en opgetel.Dit was nog verpak, reg vir sekuriteit om dit te kom optel Met die geld by my in die kar het ek by die motorhawe gestof en erg getwyfel of ek die geld moet terug gee al dan nie. Ek het die geld terug gegee om nie eens ‘n dankie te kry nie. Wat die saak nog erger gemaak het is dat die eienaar van die motorhawe die hele bedrag, ongeveer R30000 van die versekeraars geeis het. Ek het daarvan te hore gekom en hom by die versekeraars verkla. Sy optrede was vir my verkeerd en indien ek die geld sou hou, sal seker nie sê dit is verkeerd nie, maar ‘n ou het darem ‘n gewete. Maar, by gesê 1989 was R20000 ‘n klomp geld en is ek agterna spyt gewees ek het nie die geld gehou nie.

      • Suidpunt

        My tannie het een keer haar trui by die huis vergeet toe ons gaan stap op Gansbaai. Toe sy koud kry, bied ek haar my baadjie aan. Sy sê toe: “Nee, wie dom is moet k@k!”

        Dieselfde het my nou al ‘n tweede maal oorgekom – en daarvoor raak ek ook nou effens moeg. Ek besoek dikwels boekwinkels en dikwels word ‘n boek nie opgelui nie. Eers R50, en eergister weer R60,00. Nou kom jy 100 km verder by die huis aan en besef die “skade” wat die boekwinkel aangedoen is. Heel toevallig het jy per kredietkaart betaal. Die vorige maal was dit ‘n hele prosedure om die R50,00 terug te betaal (terwyl sy openlik teenoor my erken het ‘n ander klant het daardie dag weer R50,00 te veel betaal…),

        By die tweede winkel het ek besluit ek gaan wragtig die saak nou los.

        Orals moet jy keer – as die winkels jou nie te veel vra nie, of goedere twee maal lui nie, lui hulle nooit jou goedere op nie.

    • Johann Schutte

      Ek vermoed jy kan so min eienaarskap van geld opeis wat toevallig in jou rekening verskyn, as `n oop voertuig langs die pad met sy sleutels in.

      • Anton Schutte

        soooo, assuming that the two conditions for being held accountable by law are not met (the average IQ of the boon+banana republic), does that suggest that gladys could be entitled to keep the “ama-mistake”? I can see opportunities here for university administrators to “do the deal” with a flood of wannabee rich students….. perhaps we should encourage them, sit back and watch the chaos?

        • Charles

          Hehe, LMGA~!

      • Chroom

        Johan , jy is reg, maar my argument is, iss dat soveel opgeslip het. Eerstens die universiteit,, tweedens die bank, soos ek hieronder aan Vissie gesê het, hoekom het die bank dit nie opgetel nie. Ons weet dat as daar skielik groot bedrae in ons rekening inbetaal sou word, vind die bank uit of dit wettig was al dan nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, reg is reg en verkeerd bly verkeerd, maar hier is te veel mense wat die toets gedruip het en nou word die student verantwoordelik gehou vir hul nalatigheid. Mens as dit ek was, het ek die geld getrek en pad gegee.

        • sussie se vissie

          Kwalifiseer die OORSIG van n bank, universiteit, ACVV, Sensuurraad, jou ouma of Anus Buchan as kondonasie in verlustiging van dit wat jou regtens nie toekom nie?
          Die pendulum van ‘wat reg is’ en in jou inbors woed – het geen hoeder nodig nie.
          Tensy natuurlik…daar Zuma-gene in jou are pols.

          • Chroom

            Baie dankie vir jou mening. Dit is net interessant om die menings en redenasies van die Afrikaanssprekende publiek te hoor. Ek stem saam met jou en ander, ja, sy moet die geld terug betaal, maar wat vir my in die hele storie uitstaan is dat die “veiligheids maatreëls” nie in plek is nie. Dit is egter kommerwekkend. Nee, ek het geen zuma bloed of tekens daarvan in my nie, ook nie sy denkwyses nie. Maar baie dankie vir jou inligting, nogal insiggewend. Die Nederlandse bloed vloei heeltemal te sterk in my are,.

  • JESSEJAMES

    Die artikel lees baie moeilik met die woord “studente” ipv “student”

    • Skisofreen

      Stem saam

  • Charles

    Bliksem, wat ‘n grap, wat ‘n piesang donn$rse Republiek is die vrotspul SA nie. Hoop en bid net jy bevind jou nie as blanke op die “getransformeerde” -lees Afrikaverdomde-staatskampusse nie! Vlug na die Privaat universiteitswese, nou!

  • Trippie

    Groete aan RIFFELS …

  • My swaer was in die 1980’s ‘n bankbestuurder by Volkskas. ‘n Ponsfout het veroorsaak dat R14,000 oorbetaal is in ‘n rekening van ‘n bejaarde tannie in Beaufort Wes. My swaer het haar gebel, en haar antwoord was, “Meneer, ek het gebid vir daardie geld, en die geld het gekom.” Sy het tot so ‘n mate voet by wal gehou, en die moontlike sanksie van die ander bejaardies met hul spaargeld by Volkskas, het veroorsaak dat die geld afgeskryf is sonder dat sy moes terugbetaal.