Zuma se vrou dalk vervolg omdat sy hom vergiftig het

Nompumelelo Ntuli-Zuma

Suid-Afrika se eerste dame, Nompumelelo Ntuli-Zuma gaan dalk vervolg word omdat sy na bewering die president in 2014 probeer vergiftig het. Zuma het haar toe uit Nkandla uitgeskop, waarna die voorval deur die Valke ondersoek is.

Die Valke se ondersoek is nou voltooi en gaan volgens dié liggaam binnekort aan die nasionale vervolgingsgesag (NV) oorhandig word wat sal besluit of hulle mev. Ntuli-Zuma van poging tot moord gaan aankla. Die Valke wou nie sê of sy steeds as ‘n verdagte in die saak beskou word nie.

In 2015 is Nompumelelo Ntuli-Zuma wel deur die Valke ondervra toe die dossier by die polisiestasie in Nkandla geopen is en waarin die bewerings van poging tot moord gemaak word. Gister was daar mediaverslae wat ‘n bron in die polisie aanhaal wat sê dat Ntuli-Zuma binne die volgende paar weke in hegtenis geneem kan word omdat sy glo haar man vergiftig het.

 

Die woordvoerder vir die Valke, brigadier Hangwani Mulaudzi, sê het hy dra geen kennis van die komende inhegtenisname van die eerste dame nie, maar het bevestig dat die ondersoek voltooiing nader en dat dit “binne enkele weke aan die NV oorhandig sal word”.

“Die Valke is klaar met die ondersoek en dit is aan die NV oorhandig, maar toe het die NV die dossier teruggestuur met enkele tegniese kwessies wat uitgelig is en waaraan aandag geskenk moet word. Daardie kwessies word nou hanteer en gefinaliseer en, as dit eers gedoen is, gaan dit na die NV teruggeneem word,” sê Mulaudzi.

Vroeër vanjaar het Ntuli-Zuma se prokureur, Ulrich Roux, bevestig dat sy steeds ‘n verdagte in die saak is, maar ‘n besluit afwag of sy aangekla gaan word, aldan nie. Sy is in Januarie verlede jaar deur die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo, uit die Nkandla-landgoed uitgesit.

Die hoof van die NV, Shaun Abrahams, het in November 2016 bevestig dat sy steeds as ‘n verdagte beskou word.

President Jacob Zuma het vroeër vandeesmaand by ‘n ANC-vergadering in Kwazulu-Natal gesê dat hy reeds drie pogings om hom te vergiftig oorleef het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    “President Jacob Zuma het vroeër vandeesmaand by ‘n ANC-vergadering in Kwazulu-Natal gesê dat hy reeds drie pogings om hom te vergiftig oorleef het.”
    De aanhouder wint.

    • sussie se vissie

      🙂
      Ja Hans,
      Tot om n vloer ordentlik te skrop…vat 4-5 pogings.

  • Karel Combrinck

    Yeuch. Lyk soos Amanda Gouws.

  • Riaan Slabbert

    Ag DAMMIT!!!!!!!!!!! Hoekom het sy gefaal….??? 🙁

    • Karel Combrinck

      Hulle maak mos van alles ‘n mislukking.

  • Johann Schutte

    Miskien moet hy `n slag `n Afrikanervrou ‘huisves’. Ek is seker daar is duisende wat die geleentheid sal aangryp.

    • sussie se vissie

      Absoluut.
      Selfs manlief weet;-
      Kry ek nie soggens n koppie boeretroos innie bed nie….dan neurie ek Daisy de Melker ‘is coming to town’.

  • Chroom

    Gee haar ‘n medalje vir dapperheid. Tenminste sy het probeer om die land ‘n guns te doen.

  • Kalium_Chloraat

    Nog ‘n entoesiastiese #ZumaMustGo ondersteuner.

    • Trippie

      Dagse Kalium !

      • Kalium_Chloraat

        Lanklaas van jou gehoor.

  • John

    Daar’s geen ander oplossing vir Suid Afrika nie behalwe totale ineenstorting, en dan ‘n nuwe begin reg van voor af, by wyse van ruil handel.

    Is daar ‘n beter kandidaat as Jacob vir hierdie bestemming ?
    Iemand wie die meerderheid van die swart massas se ondersteuning geniet terwyl als op skedule loop ?

    Hierdie prinses sou ‘n helse spenner innie speke gegooi het. Sy moet die doodstraf kry.

  • Trippie

    Heng … dis jammer sy het nie geslaag nie. Probeer tog maar weer.