Afriforum skors bekende lid weens ‘rassistiese taalgebruik’

Solidariteit en Afriforum voer 'n veldtog teen rassisme, soos uit dié plakkaat blyk.

(L.W. Nie vir sensitiewe lesers.) Afriforum het verlede week een van sy lede, die oudredakteur van Die Volksblad, Jonathan Crowther, summier geskors omdat hy hom glo aan rassistiese taalgebruik oor spoedhobbels in Bloemfontein skuldig gemaak het. Crowther het blykbaar die spoedhobbels in die voorstad Heuwelsig as “kafferkak op sy heel fokken beste” beskryf.

Sy gekruide taalgebruik het per ongeluk op Whatsapp-groep van Afriforum beland. Hy was besig om ‘n stemboodskap aan die groep op te neem toe hy oor die spoedhobbel ry. Omdat ‘n Whatsapp-stemboodskap outomaties stuur as mens die knoppie ophou druk, kon hy nie keer dat sy privaat opmerking op die groep beland nie.

Crowther was van 1999 tot 2009 redakteur van Die Volksblad in Bloemfontein. Terwyl Beeld en Die Burger geswymel het oor Jonathan Jansen as rektor van Kovsies, het Crowther die gemeenskap in die Vrystaat toegelaat om hul bedenkinge oor hom uit te spreek, iets wat seker nie polities korrek was in Naspers/Media 24-geledere nie.

Ná sy stemboodskap het Crowther ‘n skriftelike verskoning aan Afriforum gestuur, maar die organisasie het dit nie aanvaar nie. Mnr. Hein Gonzales van Afriforum was onverbiddellik:  “Ons beskou dit as ’n erkenning van skuld. Hy is onmiddellik permanent as AfriForum-lid onthef en summier van alle strukture verwyder. Ek kan nie sterk genoeg beklemtoon dat AfriForum alle vorme van rassisme ten sterkste veroordeel nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    “Mnr. Hein Gonzales van Afrifrom was onverbiddellik … ” – Afriforum

  • Ou Transvaal

    Spoedhobbels …….ek dag die is ‘n begraafplaas vir dooie Spietkops ???? oeps is dit ook rassisties ??

  • Hendrik Stander

    Afriforum en Solidariteit is nie instansies wat hulle bemoei met Afrikaner sake nie, hulle is eerrder besighede wat geld maak uit Afrikaner sake. Ek wil baie graag weet wat is die verskil tussen die NP van die vroeë 80’s en hierdie twee groepe vandag. Net soos die NP van daai jare is hierdie groepe besig om die Afrikaner met soetkoek stories in ń nuwe lokval te lei, terwyl hulle vir hulself ń genaklik nes skrop met die hard verdiende geld van die Afrikaner.

  • Jared van Niekerk

    Die ironie is: Die bestaan van spoedhobbels dui op ‘n sekere mate van beplanning en instandhouding van paaie. Spoedhobbels word aangebring as ‘n maatreël om verkeer te kalmeer en veiligheid te bevorder, en op sy beurt vereis dit die vermoë om analities te dink en om te besef wanneer daar ‘n gevaarlike situasie is. Dis hoogs twyfelagtig of enige getransformeerde beampte in die stadsraad hom oor sulke beuselagtighede sou bekommer.

    • Ou Transvaal

      Dit is juis die luiheid en traak-my-nie agtigheid van die getransformeerde verkeerdebeamptes wat die spoedhobbels genoodsaak !!

    • Anton Schutte

      Speedbumps do not deter the taxi’s from mounting pavements old son, and that’s the bloody truth of it. Speedbumps are there to regulate the obedient, and not the great unwashed majority who rule the country.

      • Jacques

        Ek dink ook spoedhobbels is net daar om wetsgehoorsame burgers te straf en hulle motors te verslyt. As die verkeersbeamptes hulle werk gedoen het sou die walglike goed nie in ons lewens gewees het nie.

  • sussie se vissie

    Margaret van Wyk oomblik ?
    Dan weer is ‘kannibaal-poefies’ seker meer in orde.

  • Johann Schutte

    Dis so fkken ekonomies deskriptief van die onuitbare modale blanke belewenis, ek sal nie verbaas wees as dit as `n fkken domain naam geregistreer word nie.

  • Anton Schutte

    Johnathan utters a few expletives in reaction to a deep seated frustration with the govern-munt’s application of road funds (fck the potholes, let’s put in speed bumps, or experi-munt with another version of SANRAL) and the whole, delicate structure at Afriforum soils their best panties. Ye Gods and little boarlets! Where is Afriforum’s collective spine?? Then again, distraction, division and destruction has always been the enemy’s way, and like sheep, we all bleat in unison.

  • Vicky

    Kloeke en verraaiers.

  • John

    Kan mense die poëtiese ironie merk ? Dis die PC polisie wat besig is om homself te verorber. Min dinge stel meer tevrede as ‘n spul ou nattes wat op hulle self toeslaan.

  • Karel Combrinck

    Stadig oor die hobbels, Speedy Gonzales.

  • Antonie Geyser

    ek het my klein maandelikse bydrae aan afriforum gestop omdat ek nie gedink het dat n vrou wat n ander vrou met n ‘plugcord’ slaan, n belangrike saak is vir die afrikaner(dom) is nie.Plaas dat hulle fokus op die langdurige aanval op ons taal, ons leefswyse, ons toekoms wat ons wil he in die land, – en nou?-nou PC fokus hulle op n man wat in n ‘ungaurded moment’ woorde gebruik het-dit is so infantiel en kleinlik

  • sussie se vissie

    Was aanvanklik seker bosberaad gehou in oorweging om die inhoud van die w-app te verdoesel of toe te smeer.
    Na kajuitsvergadering egter besluit om summier ‘skoon te kom’…want sien ; –
    Die gees van g@t toesteek is endemies onder die ooms en broeders van toet.
    As sulks was die vrees om met hul broek op die kniëe gevang te word – eens te veel vir die spul.
    Die eed tot stilswye en kameradie van n Trompie-bende nie onder die lot te vind nie.
    Daarvoor soek Frik of Piet te naarstiglik na baasskap van Jannie se voorsitterstoel.

  • Willem

    Afriforum se funksie is om die Afrikaner gemeenskap (vals) hoop te gee dat daar darem ‘iets gedoen word’ aan die huidige verslegtende situasie.. M.a.w. om die verval net te versag dat daar nie dalk ‘n groot genoeg groep van ons gelyk wakkerskrik en begin effektief mobiliseer nie..

  • Absoluut fasinerend!

  • Riaan Slabbert

    Kafriforum kan in hul blximse engelmyt se komposgat inklim, met radioman oscargerrienel sommer heelvoor

  • Ou Transvaal

    Die simboliek van die rooihand ……..is dit beskrywend dat dit juis die hand is wat bloed vergiet of …..die rooi hand van die Rothchilds wat agter hierdie rashatery sit ? OF …is dit die bloedvergietende hand van die Rothchilds !!!!!!

  • Casper Labuschagne

    Die aanslag van die kultuurmarxiste is nou volmaak, ons word self die Gestapo wat die politieke korrektheid se waardestelsel op onself afdwing met ‘n brutale sanksie. As jy op hierdie bootjie sal klim dan voer die golwe jou heen en jy moet saamroei of sink en versuip. So vorentoe sal Afriforum ook die politieke korrekte waardstelsel van die LBTGQ+ groepering moet afforseer op hul lede, of so nie, sal hulle die brandmerk kry as Nazis. Maar toemaar, nou kan Afriforum hul politieke korrektheid uitsein aan die progressiewe bewegings en daardeur voel hulle doen goed. Wat ook in die huidige diskoers as “virtue signalling” bekendstaan.

    Word die linkse progressiewes hierdeur geflous? Glad nie, die k-woord het eenvoudig na ons binnekamer en private gesprekke geskuif en word liefs nie gebruik in die aansig van die woord-en-idee Gestapo waarby Afriforum nou aangesluit het. Voor 1994 het ek self nooit daardie die woord gebruik nie, maar deesdae reserveer ek dit vir instansies waar dit nodig is om die woord te gebruik en waar daardie gebruik opreg bedoel word. En in hierdie tyd van Zuptas, hondsdol bolsjewiste en anargistiese misdaad, gebeur dit nogal dikwels.

    Terloops ek kan nie dink aan wanneer laas ek ‘n gesprek met Afrikaanssprekende bruinmense gehad het, waar hulle nie self die k-woord gebruik het in verwysings na hul swart landsgenote.