Leon Lemmer: Politieke oorverligtheid en ware verligtheid

In sy outobiografie skryf FW de Klerk: “The tensions within the [National] Party were reflected in a growing debate in the Afrikaans newspapers which strongly advocated reform and campaigned for a new approach. Already, during 1966, my brother, Dr Willem de Klerk, who was then a professor at the University of Potchefstroom, made a speech that sparked off a major national debate. In his speech he divided the white population, but more specifically the Afrikaners, into three groups: the verligtes or enlightened group, who were inclined to over-hasty and ill-considered change; the verkramptes, literally the cramped people, who opposed every form of change; and then the positive, balanced group who accepted the necessity of change, but who wanted to promote ordered and goal-oriented change. The speech was seized on by the media and the last category very quickly disappeared from the debate. Only the verligtes and the verkramptes remained. The verligtes were regarded as being good and progressive and the verkramptes were seen as being antiquated and unacceptable. The newspapers had a field day hanging the two labels around the necks of leading politicians” (The last trek – a new beginning: the autobiography, Londen: Macmillan, 1998, p 79).

Die Afrikaanse gedrukte of hoofstroom-koerante (deesdae is sodanige koerante uitsluitlik dié van Naspers/Media24) het destyds politieke hervorming fanaties bepleit; dermate dat hulle, soos die Engelstalige koerante, die publiek op groot skaal oor die verloop van die grondwetlike onderhandelings en die soort samelewingsopset waaroor ooreengekom is, mislei het. Ek het al by verskeie geleentheid ‘n oproep gedoen dat oudredakteurs soos Ton Vosloo en Hennie van Deventer die publiek eerlik moet inlig oor die politiek-ideologiese kartelvorming waaroor hulle in die geheim ooreengekom het. Ná aftrede lewer hierdie oudredakteurs graag kommentaar oor ‘n groot verskeidenheid onderwerpe ten einde ‘n bietjie langer te probeer baai in die gloed van hulle eertydse aansien of belangrikheid. Maar die verskaffing van inligting oor die genoemde kartelkonkelry word soos gif vermy. Hulle aanvaar nie openlik mede-verantwoordelikheid vir die negatiewe gevolge van die 1990/94-ramp nie.

Dit was baie maande ná die aanvang van Jacob Zuma se presidentskap dat in die Afrikaanse en ander koerante begin is om Zuma en die ANC-regering daadwerklik te kritiseer. Tydens die Nelson Mandela-era (1994-1999) het dit ten alle koste om die bevordering van versoening gegaan. Kritiek op swart politici en sommige van hulle se terroristiese verlede is (feitlik) nooit gepubliseer nie. In die Thabo Mbeki-era (1999-2008) is gepubliseerde kritiek grootliks tot twee sake (MIV en Zimbabwe) beperk. Dat polities “korrekte” sensuur steeds springlewendig op Netwerk24 is, weet diegene wat daar kommentaar probeer lewer wat nie byderwets genoeg is nie.

Soos FW de Klerk tereg aandui, is broer Willem se drievoudige onderskeid spoedig tot twee verskraal. Voortaan was jy óf verlig óf verkramp. Daardie twee terme dien dus as etikettering en stereotipering. In die nuwe Suid-Afrika is feitlik net verligtheid in die pers en in die openbaar aanvaarbaar. In die praktyk beteken verligtheid dat voorkeur aan die belange van swartes bo dié van blankes gegee word. Verkramptes word oordrewe gekarakteriseer as diegene “who opposed every [!] form of change.”

Die rede waarom FW de Klerk die derde moontlikheid noem, is omdat hy homself aanvanklik tussen hierdie twee uiterstes geposisioneer het. Hy maak dus daarop aanspraak dat hy positief en gebalanseerd is. Maar hy het nie daarin geslaag “to promote ordered and goal-oriented change” nie. Die jare 1990/94 en daarna was chaoties en die roemlose oorgawe aan swart mag kon uit die oogpunt van die blankes en Westerse beskawing kwalik ‘n trotse of eerbare doel gewees het. FW de Klerk het dus in die ongunstige sin van die woord ‘n verligte geword, dus iemand “who inclined to over-hasty and ill-considered change.” Erger, hy was nie net tot radikale verandering geneig nie; hy het dit gekonkretiseer tot ons onverkwiklike, revolusionêr-veranderde, daaglikse werklikheid. Die blankes wat hierdie politieke veranderings aan ons opgedring het en die blankes wat ons huidige onbehaaglike situasie aanprys, noem ek oorverligtes.

Sedert 1966 word verligtheid in Suid-Afrika feitlik net in hierdie politieke sin gebruik. Dit is uiters beperkend. Willem de Klerk het nie die term of die begrip “verligtheid” uitgevind nie. In die konteks van Europa word die betitelling “Enlightenment” of “Aufkläring” reeds lank gebruik om ‘n bepaalde periode of geestesstroming te karakteriseer. Die blote begrip “verligting” in die sin van bv enersyds die liggaamlike of emosionele ontslae raking van iets en andersyds die geestelike bevryding of verheldering danksy nuwe idees, is seker baie ouer as die benaming van daardie era. In die geestelike konteks lei hierdie ontlading, hierdie lig wat blink nuwe idees versprei waar daar duisternis was, tot ‘n tydelike maar redelik stabiele of geykte verstekstandpunt, wat Thomas S Kuhn (1922-1996) ‘n paradigma genoem het (The structure of scientific revolutions, 1962/1970, 219p).

Oor die natuurwetenskappe skryf Kuhn: “In the early stages of the development of any science different men confronting the same range of phenomena, but not usually all the same particular phenomena, describe and interpret them in different ways. What is surprising … is that such initial divergences should ever largely disappear. For they do disappear to a very considerable extent and then apparently once and for all. Furthermore, their disappearance is usually caused by the triumph of one of the pre-paradigm schools, which, because of its own characteristic beliefs and preconceptions, emphasized only some special part of the too sizable and inchoate pool of information” (p 17).

Die skeppingsparadigma is in die natuurwetenskappe met dié van die oerknal en biologiese evolusie vervang. Hierdie nuwe paradigmas slaag egter nie daarin om alles bevredigend te verklaar nie, bv die oorsaak van die oerknal en die oorgang van nie-lewe tot lewe. Waarom dan hierdie paradigmaverskuiwing, hierdie redelik algemene aanvaarding van ‘n nuwe paradigma? Kuhn antwoord: “To be accepted as a paradigm, a theory must seem better than its competitors, but it need not, and in fact never does, explain all the facts with which it can be confronted” (17-18).

In die politiek sou ‘n mens kon sê dat Suid-Afrika tydens die Britse koloniale bewind, asook in die twee Boere-republieke, en daarna tot in die begin van die jare negentig rassesegregasie as politieke paradigma gehad het. In die 1980’s het ernstige vermurwing egter intree. FW de Klerk roem daarop dat hy op 2 Februarie 1990 die paradigmaskuif (p 162, 166) na rasse-integrasie gemaak het; ‘n absolute breuk met feitlik ons hele voorafgaande geskiedenis. Daarom is sy ingrypende koersverandering ‘n toonbeeld eerder van revolusie as evolusie. In hierdie proses is verkramptheid, wat in rassesegregasie vergestalt is, met verligtheid, wat in rasse-integrasie uitdrukking vind, vervang. Terselfdertyd is die blanke politieke bewind met ‘n swart regering vervang.

Die verligtheids- of integrasieparadigma is soortgelyk aan die verkramptheids- of apartheidsparadigma deurdat net sekere verskynsels in ag geneem word. Die verkramptes gee voorkeur aan die belange van blankes terwyl die verligtes die belange van swartes voorop stel. Albei benaderings ly aan selfopgelegde beperkings. Om die probleem te probeer oplos, is eerder ‘n kwalitatiewe as ‘n kwantitatiewe benadering die beste. Wat oënskynlik verkieslik is, is nie om die (skynbaar) beste belang van die meerderheid inwoners na te jaag nie, maar eerder om sorg te dra dat Suid-Afrika ‘n voorpoedige en vooruitstrewende land is. Tydens rassesegregasie was Suid-Afrika ongetwyfeld ‘n doeltreffender, ordeliker, korrupsievryer, meer beskaafde, ens, samelewing.

Die Europese Verligting was kenmerkend van die 18de eeu en word soms die “Age of Reason” genoem ten einde dit te onderskei van die Romantiek van die 19de eeu waarin sterk op die gevoel en intuïsie gesteun is. Hierdie verligting/verheldering van die gees is moontlik gemaak deur op die mens se verstandelike vermoëns te steun. Die gebruik van die mens se rede/verstand het insig moontlik gemaak. Die ideaal was die volle verstaan van ‘n situasie en uiteindelik van die (sintuiglike) werklikheid in sy geheel. Hierin speel wetenskaplike kennis ‘n deurslaggewende rol.

Ek het duidelikheidshalwe ‘n skerper veralgemenende onderskeid tussen die Verligting en die Romantiek gemaak as wat streng gesproke geregverdig kan word, want sowel die rede as emosie speel ‘n rol in iedere mens se lewe. Die onderskeid is dus meer ‘n kwessie van oorwig of waar die klem geplaas word. By ‘n verligte mens speel die rede die dominante rol. Die volle rasionele verstaan van die werklikheid bly die ideaal en is nog nie (naasteby) bereik nie. Die beperkinge waaraan die mens se rede onderhewig is, behoort liefs ruiterlik erken te word.

Willem de Klerk het die twee terme, verlig en verkramp, gekies nie om bloot twee politieke standpunte te onderskei nie, dus feitelike inligting oor te dra nie, maar ook om mense emosioneel ten gunste van verligtheid (waaraan hy voorkeur gegee het) en teen verkramptheid te beïnvloed. Soos die mens het hierdie terme dus sowel ‘n rasionele as ‘n emosionele dimensie.

Die punt waarby ek wil uitkom, is dat bv polities regses, reg(s)denkendes of behoudendes, wat in die nuwe Suid-Afrika as verkramptes verguis word, ingevolge ‘n breër vertolking van verligtheid (dus verligtheid as rasionaliteit) veel meer verlig/verhelder kan wees as diegene wat ek hier bo as polities oorverlig gekarakteriseer het. Dit word deesdae in blanke geledere algemeen erken dat regses veel meer realisties die aard van die nuwe Suid-Afrika voorspel het as die linkse oorverligtes. Dit kan myns insiens aan die klinies-rasionele benadering van regses toegeskryf word omdat hulle hulle nie laat mislei het deur emosionele argumente oor benadeling, uitbuiting, onreg, ongeregtigheid, skuldgevoelens, verskoningvraery, immoraliteit, ens, nie; ook nie deur irrasionele argumente oor bv gelykheid en eendersheid waar ongelykheid en verskille (bv in geletterdheid) wesenlike hiërargieë daarstel nie.

Onderskrywing van my breër vertolking van verligtheid is te kry in die geskrifte van die Duitse filosoof, Immanuel Kant (1724-1804), wat algemeen beskou word as een van die begraafdste en invloedrykste filosowe. In sy 1784-essay, “What is enlightenment?” (die volledige vertaalde teks is op die internet beskikbaar), bied Kant ‘n heldere verduideliking van hierdie begrip. Sy opstel is net drie bladsye lank. In die eerste paragraaf som Kant die kern van sy betoog soos volg op:

“Enlightenment is man’s release from his self-incurred tutelage. Tutelage is man’s inability to make use of his understanding without direction from another. Self-incurred is this tutelage when its cause lies not in lack of reason but in lack of resolution and courage to use it without direction from another. Sapare aude! ‘Have courage to use your own reason! – that is the motto of enlightenment.”

Dus, ‘n mens moet ontslae raak van die voogdyskap of onmondigheid waarmee jy jouself kan opsaal. Jy moet die moed hê om self dinge te probeer verstaan pleks van sonder meer die menings van andere te aanvaar en hulle na te volg. Waarteen Kant dit dus het, is geestelike, spesifiek intellektuele, luiheid. Moenie ‘n slaafse navolger wees nie. Dink vir jouself. Gebruik jou verstand. Jou intellek is die beste middel wat jy het om dinge te verstaan. Om self te dink, beteken nie dat jy nie van ander standpunte kennis moet neem nie. Neem verkieslik kennis van talle standpunte maar besluit dan so onafhanklik en rasioneel moontlik self wat jou standpunt is. (Terloops, dít is die kern van akademiese vryheid, wat in die nuwe Suid-Afrika in groot mate nie meer aan ons universiteite bestaan of geduld word nie.)

In sy tweede paragraaf brei Kant uit op bostaande eerste paragraaf: “Laziness and cowardice are the reasons why so great a portion of mankind, after nature has long since discharged them from external direction (naturaliter maiorennes), nevertheless remains under lifelong tutelage, and why it is so easy for others to set themselves up as their guardians. It is so easy not to be of age. If I have a book which understands for me, a pastor who has a conscience for me, a physician who decides my diet, and so forth, I need not trouble myself. I need not think, if I can only pay – others will easily undertake the irksome work for me.”

Toegepas op ons huidige situasie kan ‘n mens sê: Moenie toelaat dat bv Max du Preez vir jou voorskryf wat om van Afrikaners of Afrikaans te dink nie, net so min as wat Leopold Scholtz jou mening oor bv Donald Trump behoort te bepaal. Moenie toelaat dat propaganda van die politici en die hoofstroom-inligtingsmedia jou breinspoel nie. Alle lees- en kykstof moet rasioneel-krities benader word; ook Leon Lemmer se rubrieke. Intellektuele vermoëns verskil maar hulle hoef enersyds nie agteruit te gaan nie of andersyds staties te wees nie. Elkeen kan ‘n poging aanwend om sy intellektuele vernuf deurlopend te verbeter.

Kant skryf: “If we are asked, ‘Do we now live in an enlightened age?’ the answer is, ‘No,’ but we do live in an age of enlightenment … the obstacles to general enlightenment or the release from self-imposed tutelage are gradually being reduced … Men work themselves gradually out of barbarity if only intentional artifices are not made to hold them in it.” Realistiese vertroue in rasionaliteit, dus in verligting of verheldering in die breë sin, is die grondslag vir ‘n sinvolle benadering tot die werklikheid, insluitende ons huidige onverkwiklike politieke werklikheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.