Hou die Pentagon Trump gyselaar oor Afghanistan?

Die papawers groei tot digby die Amerikaanse lugmagbasis in Bagram; Trump klink deesdae soos 'n gyselaar

Die Amerikaanse president, Donald Trump, toon ‘n “slaafse onderdanigheid aan die militêre en sake-elite wat nou sy kabinet bestuur,” het The Economist in ‘n onderhoud met die afgedankte Withuis-strateeg Steve Bannon opgemerk. Dit beteken ook meer troepe in Afghanistan.

Maar “wat het die elite gedoen?” het Bannon in reaksie gevra. “Dit is dieselfde ouens wat ons mooi praatjies oor Irak gegee het.”

Die Washington Post is selfs meer bekommerd oor Trump omdat hy sy administrasie met konfliksaaiers gepak het. ‘n Militêre junta is nou in beheer van die Verenigde State, het die koerant gesuggereer.

“Binne-in die Withuis bestuur generaals Trump se uur-tot-uur-interaksies en fluister in sy oor – en dié gefluister, soos met die besluit om die Amerikaanse militêre operasies in Afghanistan uit te brei, word dikwels beleid.

“In die kern van Trump se binnesirkel is ‘n gesoute trio van generaals met ondervinding as slagveldbevelhebbers: die hoof van die Wit Huis, John F. Kelly, Verdedigingsekretaris Jim Mattis en die nasionale veiligheidsadviseur H. McMaster.”

Ongelukkig het Trump se plan om meer troepe na Afghanistan te stuur, geen kans op sukses nie, aangesien dit hoofsaaklik staatmaak op die gebruik van geweld, het die Russiese minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, droogweg opgemerk.

Kelly, Mattis en McMaster is nie die enigste militêre figure wat op hoë vlakke in die Trump-administrasie dien nie. CIA Direkteur Mike Pompeo, Prokureur-generaal Jeff Sessions, Energiesekretaris Rick Perry en Binnelanse Sake se topman Ryan Zinke het elk in takke van die weermag gedien.

Voormalige weermag-generaal Mark S. Inch sal glo eersdaag die Federale Buro vir Gevangenisse lei, terwyl die Nasionale Veiligheidsraad twee ander generaals in hul seniorpersoneel se geledere tel.

Die Pentagon het nou feitlik alle onafhanklike anti-oorlogstemme uit die Wit Huis verwyder, soos blyk uit Trump se aankondiging wat belowe dat Amerikaanse troepe “sal veg om te wen”, ten spyte daarvan dat hy vroeër gesê het hy is van plan om troepe uit Afghanistan te onttrek. Die beëindiging van die 16-jarige militêre betrokkenheid in die land met ‘n “haastige onttrekking” sou “terroriste” aanmoedig, het hy gesê.

Die Washington Post het daarop gewys dat: “Die nuwe stelsel, wat in twee memo’s uitgevaardig is deur outeurs Kelly en Porter, en in die afgelope dae aan kabinetslede en Withuis-personeel versprei is, is ontwerp om te verseker dat die president nie enige eksterne beleidsdokumente, interne beleidsnota’s, agentskapverslae, en selfs nuusberigte wat nie nagegaan is, mag sien nie.”

Die nuwe Amerikaanse strategie in Afghanistan, wat Maandag aangekondig is, was ‘n “flip-flop”, sê Bannon. Hy het die president aangemoedig om van Afghanistan te onttrek en voorgestel dat Trump se “nuwe” rigting eintlik net Barack Obama se ou ongewilde beleid is.

Bannon het aan The Economist gesê dat ‘n stryd tussen Westerse idees van vryheid van spraak, vryheid van godsdiens en selfbestuur, teenoor die “handelaars- en Confusiaanse stelsel” van ‘n opkomende China, onvermydelik is. Maar daar mag meer as ‘n botsing van idees op die spel wees.

Muhammad Maroof (Sarwan), vise-president van die Duniya Construction Company in Afghanistan, wat vir die Amerikaanse weermag gewerk het, het as tolk aan die Russiese joernalis, Andre Vitchek, gesê: “Die grootste mafia hier is direk gekoppel aan beide die VK en die VSA. Die Weste lieg dat hulle handel met dwelms in Afghanistan wil stop; Hulle sal nooit toelaat dat dit stop nie.

“My broer was ‘n skrywer en hy het beelde van die Amerikaanse leër wat waterpompe, gereedskap en ander basiese dinge gee vir die groei van papawers [wat verwerk word tot dwelms]. Die grootste ondersteuner van dwelmproduksie in Afghanistan, en die uitvoer, is die Britse regering. Hulle doen dit regstreeks met die plaaslike inwoners, en gee selfs vir hulle geld. Die VK is ook die belangrikste mark vir die uitvoer.

“Helmand, Kandahar, jy noem dit maar, van daar af, direk, vervoer vliegtuie dit en gaan reguit na Europa, selfs die VSA. Die Westerlinge is die mense wat fisies dwelms in die vliegtuig op ons lughawens laai. My familielid was ‘n tolk vir die Britte. Hy is deur hulle vermoor nadat hy op ‘n vergadering tussen die Britse amptenare en die plaaslike dwelmmafia getuienis en tolkdienste gebied het.”

Die Amerikaanse oorlog in Afghanistan is die langste en een van die duurste militêre operasies in die Verenigde State se geskiedenis, volgens die New York Times. Trump het geweier om aan te kondig hoeveel troepe hy van plan is om na die land te stuur. Dit volg op ‘n tendens om die amptelike getal Amerikaanse troepe in Irak en Sirië geheim te hou.

Amerikaanse verdedigingsamptenare erken egter dat die VSA reeds duisende meer troepe in Afghanistan het as die laaste amptelike Pentagon-syfer.

Amptenare het beraam dat dit iewers nader aan 11 000 of 12 000 troepe moet wees. Terwyl die VSA dikwels amptelik hul ontplooiing in lande waar hulle wedersyds ingestem het om troepgetalle te beperk, onderspeel, is daar nie so ‘n afspraak met Afghanistan nie. Dit maak dit onduidelik waarom hulle misleidende syfers aanbied, het Jason Ditz van AntiWar.com opgemerk.

Trump blameer sy 180 grade ommekeer op sy “instink”, maar sy verklaring het maar onoortuigend geklink. “My oorspronklike instink was om uit te trek – en histories hou ek daarvan om my instink te volg. Maar dis baie anders as jy agter die lessenaar in die Ovaalkantoor sit. Met ander woorde, as jy president van die Verenigde State is.”

Maar Trump se geheue is besonder kort. Voormalige president Obama het selfs Osama bin-Laden se kop op ‘n skinkbord aan Amerikaanse kiesers opgehou, wat die einde moes beteken het van Washington se nuttelose maar ongelooflike vernietigende inval.

Daar was immers geen Afghane by 9/11 betrokke nie. Bin Laden het net in ‘n “nederige grot” in Tora Bora in Afghanistan geskuil, het ‘n Britse joernalis berig. Trump het in 2011, 2012 en 2013 ‘n aantal twiets oor die oorlog in Afghanistan uitgestuur. Hy het gevra dat die VSA sy betrokkenheid moet beëindig in die land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    Uhmm.
    Suster het so vêr as n paar mnde terug gewaarsku: –
    Die ducktail het nie n ‘clue’ oor wat dit behels om te kan meeding met die staatmansskap van n Verwoerd nie.
    Die gene en visie ontbreek.
    Sy ontnugtering lê duidelik dat hy die verpligtinge van n ‘ovale offies’ verwar met die van n Trump Tower suite.
    Om daar in die binnekring van jou familie toilet- en kameropruimers links en regs die trekpas te gee ( in uitlewing van n nogeense realiteitsprogram? ) – raak die vent n spektakel.
    ‘Frankly’…hy loop en beweeg soos n dhrol.

    • Rooikop

      Darem goeie “comic relief”

      • Rifrug

        The world’s largest video sharing platform has started rolling out measures to restrict the reach, visibility, and profitability of “controversial religious or supremacist content.”

        Effectively, the chances of anyone viewing this video accidentally are zero.

        But many extremist videos are not currently affected by the quarantine. The
        only other video posted by the New Century Foundation—apparently a
        project of white supremacist organization American Renaissance—is not
        similarly affected. It’s called “The War on Whites.”

        https://uploads.disquscdn.com/images/d04ad543e8e856a26e1696c3d7a3203cb5543a32013ca2303b5fad47ee71054c.png

  • Rifrug

    “Die grootste ondersteuner van dwelmproduksie in Afghanistan, en die uitvoer, is die Britse regering. Hulle doen dit regstreeks met die plaaslike inwoners, en gee selfs vir hulle geld. Die VK is ook die belangrikste mark vir die uitvoer.”

    Ja, dis reg!

    The Imperial Chinese court had banned its use and importation, but large quantities were still being smuggled into the country. In 1839, the Qing Emperor, Tao Kwang, ordered his minister Lin Tse-hsu to take action. Lin petitioned Queen Victoria for help; but he was ignored. In reaction, the Emperor instructed the confiscation of 20,000 barrels of opium and detained some foreign traders. The British retaliated by attacking the port-city of Canton.

    Thus began the First Opium War, launched by the biggest, richest and perhaps most aggressive drug cartel the world has ever known, the British Empire. The Chinese were defeated. They were forced to sign the Treaty of Nanjing in 1842. The British required that the opium trade be allowed to continue; that the Chinese pay a large settlement and open five new ports to foreign trade; and that China cede Hong Kong to Britain.

    • Ou Transvaal

      En Amerika is steeds ‘n vasal staat van die kroon . Dit maak sin .

  • Rooikop

    Nou vind hy ook uit wie is werklik baas in die land. Nes sy direkte voorganger wat belowe het hulle gaan die oorloë verminder – sy voorneme het net 2 weke gehou.

    Hierdie gaan nog vir Amerika vernietig – veral finansieël. Hier by ons glo ek die bosoorlog is een van die goed wat ons land en sy ekonomie so geknou het en dat dit een van die goed was wat vir pienk frik en kie laat besluit het om oor te gee. Saam met oorloë kom geheime en geheime fondse wat natuurlik ryk teelaarde is vir korrupsie. Hier by ons was vele daarvan. Vat nou aan diegene wat daarby baat se snoepiegeld en natuurlik gaan jy teenstand kry soos wat Trump nou ervaar. Die rakkers wat hierdie dinge bedryf voel ‘n veer vir die belastingbetaler wat eintlik besteel word.

    Oor die dwelms is daar al baie gesê – ook baie samesweringsteorieë daaroor maar dat dieselfde rakkers by beide baat is ‘n feit. Waarvoor hulle al daardie geld wil hê weet nugter alleen. Al wat ek weet hulle rykdom is gebou op die hartseer en smart en arbeid van die onskuldiges en daar is ‘n spesiale plek in niek se hoogoond vir hulle.

    • Maddox1

      Rooikop, soos die Engelse spreukwoord lui, “money is the root of all evil”, en hierdie ouens is “evil” verby, dit is hoekom hulle geld so najaag. Aan die ander kant moet ek darem byvoeg, ek het nog nooit iemand hoor se, dat hy nou genoeg geld het nie, almal soek altyd meer. Die ander feit is dat geld mag koop, en al hierdie manne is verby mags behept.
      Wat ou Trompie aanbetref het ek al van te vore hier op Praag genoem dat ek baie hard twyfel of hy nie maar net een van die “manne” is nie. Sover kon ek nog nie een persoon kry wat in sy lewe so stink ryk geword het op sy eie stoom nie, hulle het almal ‘n helpende hand gehad vannaf “Big brother”, of te wel die NWO manne.
      Ek neem aan met ou Trompie is dit nou tyd om te begin terug betaal aan sy “skuld”……..

      • Rooikop

        Jy is reg – jy word net so ryk indien jy toegelaat word.

    • JDTAKL

      Jy is absoluut reg. Boonop is Afghanistan besonders moeilik om te oorwin, weens verskeie redes, waarvan een die land se topografie. Afghanistan en interne korrupsie het die USSR bankrot gemaak en tot ‘n val gebring. Die VSA loop nou presies dieselfde paadjie.

  • John

    Soos ek nog altyd gesê het – America great = the rest in subjection.
    Daar is eenvoudig net nie `n manier dat die VSA in glorieryke vrede sal kan leef en ter seldfe tyd op te hou om omkoop geld te betaal nie. Dis die geval met die Afghans, dis die geval met die Libiërs en die ganse Afrika. En, dit is die geval met die Saudis, wie se gebotterde sjiks en emirs goed weet dat indien Sam geepad dan sny ISIS, Al-Qaeda en die gewone burgery hulle kele af en pomp die olie in die ander rigting.

    Daar is nie `n edel haar op die klassieke Amerikaanse biznis man se kop nie.
    Ek het vir meer as twee dekades moes sit en toekyk hoe een kontrak na `n ander by Suid Afrikaanse maatskappye afgerokkel word in Congo, Angola, Sierra Leone en elders.

    Soos `n goed geoliede masjien het een Yank vinger na `n ander inbeweeg. Eers die tender vir `n kontrak, dan die ambassadeur. Wanneer dit vaal dan beweeg die joernalis in met sensasie belaaide ondiepte ondersoeke wat die staande orde van korrupsie aankla. Dan wapens aan die rand rebelle. Wanneer als in duie stort word die ultimatum uitgereik – laat ons sekerheid organisasies in of anders kry jy nie meer botter nie, en jou rebelle wel. En die res van die parasiete – De Beers, Black Water etc. – ry gratis saam. Die “povos” bly povre en die piesang regering bly in die pound seats, vir so lank as wat hulle gehoorsaam is. Die Suid Afrikaanse regering van die 90’s was deel van so `n deal.

    America Great means an abortion elsewhere. Rome on the Potomac, sprooks philanthropy but spreads misery. Dit is waarom ek die verkiesing van Trumpet gesien het as hoogstens `n verlenging van die smart. In die ganse geskiedenis van Suid Afrika kan ek nie `n enkele voordeel sien a.g.v. die land se vennootskap met of Brittanje of die VSA nie. Hoe vinniger daardie twee tot `n einde kom hoe beter.

    • Suidpunt

      Is dit ook ‘n manier hoe die Suidoos-Asiatiese lande moontlik in toom gehou word? Kyk, ek wil nou spoke opjaag nie, maar… Oorlog is duur. Waar kry Noord-Korea sy geld as mens skaars enigiets by hom koop? Het Japan, Singapoer en Suid-Korea nou te suksesvol geword?

      • John

        Suid Oos Asia was waarskynlik nooit in die hok nie. Geen minerale rykdomme wat vergelyk met die moonthede nie. Kyk mens na lande soos Indonesia en die Filipyne dan is dit duidelik dat beide sukkel om `n somtyds brose nasionale – en sosiale eenheid te beskerm. Beide a.g.v. godsdienstige polarisering en yslike etniese diversiteit. Ek sien uit na die volgende gemors wat sal uitbreek in een van die twee te danke aan ISIS wat verdyf word uit the m/ooste en te danke aan `n onbeholpe Amerikaanse ‘foreign policy’ kantoor in die VSA wat hulle skoot hondjies in Australië by wyse van eposse sal bestuur om die gemors op te los.

        Die NK regime het nie veel geld nodig om hul wapens te ontwikkel nie. Dis waarskynlik meer `n geval van Sjina wat moes toegee met hardeware en tegnologie in die verlede om te verseker dat hulle `n venoot langsaan behou.
        Singapore is nie (meer) `n land nie en wanneer Japan se ekonomie so groot word soos sy vloot dan drink ek `n bier en lei ek die tweede inval in Darwin. Treine wat op tyd loop en robotte wat my voete kielie. Nirvana.

    • Ou Transvaal

      HOOR HOOR KOLSKOOT !!!!wanneer gaan ons mense hierdie waarheid begryp!!

  • Kalium_Chloraat

    Trump is met oop oë in hierdie ding in. Die magshebbers sal nie toelaat dat hul vyand aan beheer kom nie. Trump was hul agent voor die verkiesing en die “stryd” wat sy verkiesing veroorsaak het is maar net besig om die Hegeliaanse sintese daar te stel. Hy is net soveel deel van die establishment soos Hillary, Obama en Bush.