Waarnemende hoof van misdaadinligting se matrieksertifikaat glo vals

‘n Nuwe waarnemende streekskommissaris van die afdeling: misdaadinligting is met onmiddellike ingang aangestel, volgens ‘n verklaring wat die SA Polisiediens gister uitgereik het. Sy naam is majoor-genaarl King Bhoyi Ngcobo en hy is ‘n vorige hoof van president Zuma se lyfwagte, asook hoof van die BBP-beskermingseenheid.

Vroeër vanjaar is Ngcobo egter daarvan beskuldig dat hy ‘n vervalste matrieksertifikaat aan die SAPD voorgelê het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, brigadier Vishnu Naidoo het egter Ngcobo beskryf as iemand met “‘n rykdom aan polisie-ervaring” wat die polisie vir meer as 20 jaar gedien het.

“Gedurende dié twee dekades van getroue diens, het majoor-generaal Ngcobo ook in die misdaadinligtingsomgewing gewerk. Misdaadinligting is ‘n uiters belangrike omgewating wat ‘n leier nodig het wat hardwerkend, ervare, met goeie leierskapsvaardighede is, asook iemand van goeie inbors. Majoor-generaal Ngcobo pas volmaak by dié vereistes,” het Naidoo gesê.

In sy gelukwensing aan Ngcobo, het die waarnemende kommissaris luitenant-generaal Mothiba gesê: “Namens die SAPD, wens ek majoorgeneraal Ngcobo geluk met sy aanstelling in die waarnemende hoedanigheid en ons het geen twyfel dat hy aan alle verwagtinge sal voldoen nie.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.