Brief: Die rolprent Krotoa ontlok anti-blank- en pro-Khoi-Khoin-reaksies

'n Toneel uit die rolprent 'Krotoa'

Krotoa of Eva (1643-1674) was ‘n Khoi-Khoin-bediende in Jan van Riebeeck se huishouding. Sy het met Pieter van Meerhof getrou en drie kinders by hom gehad. Een van hierdie kinders was Pieternella, wat met Daniel Zaaijman getrou het. Sedert die intog van politieke byderwetsheid het hierdie twee gemengde huwelike heelwat belangstelling gaande gemaak; dermate dat bv ‘n rolprent onlangs oor Krotoa vrygestel is. Krotoa was danksugtig en het haar aan prostitusie skuldig gemaak. Sy is gevolglik na Robbeneiland verban. Daar is deesdae ‘n neiging om haar tot die volksmoeder van bruin Suid-Afrikaners te verklaar.

Heindrich Wyngaard het na aanleiding van die rolprent geskryf: “Krotoa se verhaal kan verplaas word na dié van bruin vroue vandag” (Netwerk24, 13 Augustus). Hy haal die rolprentvervaardiger aan waarvolgens die rolprentverhaal fiksie geïnspireer deur historiese feite is. Daar word onder meer beweer dat Jan van Riebeeck Krotoa verkrag het. Volgens die rolprentvervaardiger is die verkragting ‘n metafoor, dus ‘n soort vergelyking, maar ‘n vergelyking van wat? Wyngaard bied die volgende vertolking aan: “‘n Metafoor vir hoe die Hollanders in 1652 aan die Kaap geland het, aangebly het en met brutale mag oorgeneem het.” Heel moontlik is die insluiting van ‘n verkragting deur doodgewone sensasiesoekery gemotiveer. Daar is geen historiese grond vir hierdie verkragtingsbewering nie. Wyngaard borduur egter hierop voort deur aan te voer dat Krotoa omrede hierdie verkragting deur die Khoi-Khoin verwerp is. Van Riebeeck word die voorbok-koloniseerder genoem. Hy word by implikasie die vader van die beweerde plaaslike koloniale vergrype gemaak. Ten slotte gee Wyngaard ondubbelsinnig uitdrukking aan sy venyn met die volgende Thabo Mbeki-aanhaling as toepaslik op blanke kolonialisme: “Die mees genadelose menseslagting wat ons land ooit ervaar het.” In ‘n reaksie het ‘n leser tereg gevra of mense soos Mbeki en Wyngaard al ooit van die Difaqune (ook Mfeqane en Mfecane genoem) gehoor het, dus die uitdelgingsoorloë tussen vegtende swartes wat groot dele van die binneland onbewoon gelaat het. Hierdie reeks oorloë het in die vroeë 1820’s begin onder bewind van die Zoeloekoning Shaka.

Maar Wyngaard se nydige verbeeldingsvlug was die aanloop vir Christo van der Rheede se eensydige pro-Khoi-Khoin-siening (Netwerk24, 23 Augustus). Van der Rheede verwys na die rolprent as ‘n stuk geskiedenis. Volgens hom was die Khoi-Khoin gesofistikeerde mense en formidabele entrepreneurs. Hulle was blykbaar die eerste mense wat landbou plaaslik op ‘n wetenskaplike manier bedryf het, want Van der Rheede beweer dat die Khoi-Khoin baie spesifieke landboupraktyke toegepas het om hulle veekuddes te onderhou. Op die mensvlak het die Khoi-Khoin glo ‘n geordende politieke en maatskaplike bestel gehandhaaf. Van der Rheede vertel dat blankes hartlik deur die Khoi-Khoin ontvang en gasvry behandel is. Die bloedvermenging wat in hierdie proses plaasgevind het, word deur Van der Rheede beklemtoon. Aan hierdie ongelooflike inheemse gemeenskap, asook die slawe, dank ons glo die ontstaan van Afrikaans. Die volgende (21ste eeuse) waardes word aan die Khoi-Khoin toegedig: orde, medemenslikheid, vredeliewenheid en ontvanklikheid. Geen gewag word gemaak van bv die talle skeepslui wat deur die Khoi-Khoin uitgemoor is nie. As gevolg van sy selektiewe omgang met die verlede kom Van der Rheede tot hierdie hartversterkende gevolgtrekking: “Ons staan inderdaad op die skouers van reuse!”

Die vraag ontstaan: Waarom het die Khoi-Khoin, hierdie wonderlik vindingryke entrepreneurs, skynbaar nie daadwerklik tot die ontwikkeling van Suidelike Afrika bygedra nie? Anders as in die geval van die blankes is daar nie eintlik konkrete of sigbare tekens van hulle nalatenskap nie. Ingevolge politieke byderwetsheid is ‘n voor die hand liggende antwoord: Omdat die Khoi-Khoin deur die blankes uitgebuit en agtergestel is. Maar daar is ook ‘n ander moontlike antwoord; ‘n respons wat voor die koms van politieke byderwetsheid algemeen aanvaar is: In Jan van Riebeeck se tyd was die Khoi-Khoin onontwikkelde, primitiewe mense. Daar bestaan historiese bewyse hiervoor.

Harry (Herman) Booyens (gebore in 1953) het die volgende boek gepubliseer: AmaBhulu: The birth and death of the Second America (Vancouver: Cliffwood Fogge, 2013, 632p; Amazon Kindle $11,39). Die AmaBhulu is die Afrikaners en met die Tweede Amerika word Suid-Afrika bedoel. Dit is ‘n behoorlik nagevorste en histories gesaghebbende boek waarin die stellings met bronverwysings gestaaf word. ‘n Bespreking van die boek is in Leon Lemmer se rubriek op Praag (1.02.2015) beskikbaar. Oor die Khoi-Khoin het Booyens onder meer die volgende geskryf:

“Historically, the Khoekhoe were viewed by die Europeans as the most outrageously primitive people on Earth and the best not engaged unless really necessary. Their peculiar customs of removing one testicle from every male, covering themselves and their hair in reeking soot-saturated animal fat, eating raw animal intestines still bearing some contents, wearing dried intestines around their necks or legs as adornment and covering newborn babies in cow dung, as reported by Van Riebeeck, did not sit well at all with Dutch Calvinistic sensibilities. At least thirteen contemporary reports describe them enjoying their own body lice as a delicacy. These they extracted with much zeal from the untanned animal skins they wore. Visitors were also taken aback by the practice of the married Khoekhoe women of throwing their exceedingly pendulous breasts over their shoulders to thereby suckle the babies borne in animal skins on their backs” (Kindle 712).

“It is difficult to imagine a greater cultural separation than between the 17th century Khoekhoe and the Europeans of that century” (712). “In 1616 Edward Terry described the Khoekhoe as ‘beasts in the skins of men, rather than men in the skins of beasts’. On 14 April 1653, one year and one week after the landing at the Cape, Van Riebeeck wrote the Lords XVII and pleaded for a transfer to India away from the ‘dull, stupid, lazy, stinking people'” (719).

Ek het weergegee wat Wyngaard, Van der Rheede en Booyens oor die Khoi-Khoin geskryf het. Die lesers moet nou maar self besluit wie bevooroordeeld is, of (on)bevredigend met die historiese verlede omgaan (of aandik), of onderhewig aan verbeeldingsvlugte is, ens.

Ek het myself reeds op LitNet gekompromitteer. Op 22 Augustus het ek geskryf: “Daar is deesdae by Afrikaanse taalkundiges die neiging om te beweer dat Afrikaans danksy die Khoi-Khoin ontstaan het en selfs dat Afrikaans al lank voor 1652 bestaan het. Daar is die moontlikheid dat hierdie mite mettertyd die volgende vorm kan aanneem: Die Hollander Jan van Riebeeck het sy fort gebou terwyl die vindingryke Khoi-Khoin in Afrikaans aan hom instruksies gegee het oor hoe dit gedoen moet word.”

Op 23 Augustus het ek op LitNet geskryf: “My bostaande kommentaar was as ‘n parodie bedoel. Christo van der Rheede se uitlatings (Netwerk24, 23 Augustus) toon dat my vertolking glad nie so vergesog is nie. Wat in die rolprent Krotoa uitgebeeld word, is volgens hom ‘n stuk geskiedenis. Die Khoi-Khoin was glo gesofistikeerde mense, ‘n ongelooflike inheemse gemeenskap met ‘n geordende politieke en maatskaplike bestel. Hulle was formidabele entrepreneurs wat hulle veekuddes blykbaar wetenskaplik bestuur het. Op die koop toe het hulle Afrikaans uitgevind. Die somtotaal is dat die geluk ons getref het om op die skouers van hierdie reuse te staan. Is dit naasteby ‘n histories regverdigbare siening of is dit gewoon Van der Rheede se wensdenkery?”

— Johannes Comestor

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.