Brief: Brackenfell se Anchen — Suid-Afrika se eie Rotherham?

In die jare negentig het ‘n skandaal losgebars in die Britse dorp Rotherham, toe ‘n bende immigrante uit Pakistan jong, blanke meisies begin teiken het en seksueel misbruik het. Alhoewel die polisie en die munisipale owerhede vir tien jaar lank bewus was van die skandaal, is dit vir redes van politieke korrektheid onderdruk. Weer eens ‘n voorbeeld van die linkses se vrees vir die waarheid oor multikulturalisme, dus, en nog ‘n voorbeeld van politiek korrekte toesmeerdery.

Oor die naweek het ‘n dertienjarige blanke meisie, Anchen Muller, voor haar ma se huis in Brackenfell verdwyn, en is sy eers vandag, 23 Augustus, in die berugte bendebuurt, Bishop Lavis, in die geselskap van ‘n twee-en-twintigjarige volwasse man, gevind. Anchen was egter helaas nie onskuldig in hierdie saak nie, soos uit haar leuens aan haar ma en vermeende Facebook-profiel blyk. Meer hieroor later.

Haar ma se ouerskap was egter ook hopeloos. Hoe kan jy jou dertienjarige dogtertjie vir ‘n ganse naweek laat gaan na mense wie se kontakbesonderhede jy nie eens ken nie? Hoe kyk jy nie, of weet jy nie, saam met wie jou dogtertjie van dertien in ‘n motor klim nie? Waarom vir twee dae wag, voordat jy iets doen, soos om die pa te skakel, en dan moet die pa vir die eerste keer die polisie bel?

Dit lyk op die oog af of iets soortgelyk as die voorval in Rotherham moontlik hier aan die gang was. Anchen het na bewering gewaagde foto’s van haarself op haar vermeende Facebook-profiel gelaai, wat talle kommentare van Facebook-mans ontlok het, onder andere ene Imtiaaz, ook van ‘n ander persoon met die van September, nog een met die van Witbooi, en vele meer. (Sien die beeld hiernaas.) Uit die beeld is dit duidelik ‘n kind se bene en skoeisel, maar die spul walglike mans het nietemin soos brommers daarop toegesak.

Die Engelse term vir wat in Rotherham gebeur het, is “grooming” – volwasse mans wat kinders stelselmatig bearbei om hulle seksueel te misbruik. Mens hoef bloot die talle kommentare van ‘n spesifieke groep mans onderaan die vermeende Facebook-profiel te lees, om te besef dat dieselfde tipe ding moontlik hier aan die gebeur was.

Is dit dus net ek wat die ooreenkoms met Rotherham hier sien? Talle volwasse mans wat ‘n kind teiken en aanmoedig om gewaagde foto’s van haarself op Facebook te publiseer?

Persoonlik blameer ek egter meestal die liberale en traak-my-nie-agtige ouers, soos Anchen asook die pragtige blonde Hannah Cornelius s’n. Sulke liberale ouers speel met vuur deur hierdie tipe ding toe te laat, of deur nie om te gee met wie hul kinders hulle assosieer nie. Meng jou met die semels, en die varke kan jou selfs amper letterlik opvreet. Jou liberalisme, meneer en vrou die ouerpaar, kan dodelik vir jou kind wees.

— Jared van Niekerk

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • John

    Wonder nou net. Was die pa nie dalk, soos gewoonlik, verdryf juis omdat hy disipline wou toepas nie ? Ma moes toe maar heellaas erken en vir pa bel.

  • Ons kinders is seker ons grootste bate! Hoe is dit dat die blanke Afrikaner skynbaar so dikwels onverskillig geword het oor kinders en opvoeding? Seker vir dieselfde gebreinspoelde en indetiteitlose redes dat ons selbestuur en selfbeskikking minag?