Europol: 300 jihadistiese slagoffers en geen einde in sig

Robert Wainwright, hoof van Europol, het op Twitter gewaarsku dat terrorisme tans die “grootste bedreiging in Europa binne ‘n generasie is”.

En die jongste terreuraanvalle in Barcelona, ​​Finland en Rusland was nie dade van sogenaamde “regse” terrorisme nie.

Die kanse dat Charlottesville se “moorddadige” bestuurder, James Alex Fields, in die VSA aangekla sal word van terrorisme, is in elk geval feitlik nul, aangesien die Amerikaanse federale wet nie eksplisiet ‘n binnelandse terrorisme aanklag toelaat vir dade wat nie met Islam verband hou nie.

Dit blyk dat sy motor reeds beskadig was deur Antifa-aanvallers en hy waarskynlik vir sy lewe moes vlug. Bronne binne die Amerikaanse polisie sê Fields was beangs en het nie met voorbedagte rade opgetree nie. Tensy die linkse politici met die saak inmeng, is dit waarskynlik dat Fields sal loskom, sê hulle.

Die Barcelona-terreursel het beplan om ‘n dodelike dubbele voertuig-aanval te pleeg deur die voertuie met springstof te laai, maar ‘n ontploffing Woensdag by die huis waar hulle die bomme gebou het, het hulle gedwing om hul aanvanklike planne te laat vaar.

Volgens die Spaanse ministerie van binnelandse sake is meer as 180 “jihadistiese terroriste” sedert Junie 2015 gearresteer toe Spanje die terreurwaarskuwingsvlak tot vier van ‘n maksimum van vyf verhoog het, het Yahoo News berig.

Londen-aanvaller Khuram Butt is voorheen verfilm vir ‘n TV-dokumentêr waar hy ‘n Islamitiese vlag in ‘n park vertoon, maar Max Hill, die Onafhanklike Beoordelaar van Terrorisme Wetgewing in Brittanje, het aan die Independent gesê dat potensiële terroriste met bestaande “algemene” wette gestop kan word.

Brittanje moet oorweeg om alle anti-terreur wette af te skaf omdat hulle “onnodig” is in die stryd teen ekstremiste, het Hill gesê. Hy is getaak om Brittanje se terrorisme wetgewing te hersien.

Die afleweringswa wat in die Londen-aanvalle in Junie gebruik is, was kleiner, omdat die jihadiste onsuksesvol probeer het om ‘n 7,5-ton voertuig te huur. Die British Vehicle Rental and Leasing Association (BVRLA), wat sowat 75 persent van die voertuighuur in die Verenigde Koninkryk hanteer, is baie bewus van die risiko’s, sê hulle, maar wetlike pligte en privaatheidskwessies belemmer beter toesig.

Nadat verskeie terroriste aanvalle in die Verenigde Koninkryk en Europa geloods het, het dit aan die lig gekom dat die jihadiste in die Barcelona en Cambrils-aanvalle, weereens immigrante was wat skakels met kriminele bendes gehad het voordat hulle geradikaliseer is.

Net ná die waarskuwing van die Europol-hoof, het ‘n jihadis in Turku, Finland, twee mense vermoor.

“Die mees kommerwekkende ding is die radikale Islamitiese netwerke wat in onlangse jare in Finland gebore is en hulle word voortdurend versterk. Mens kan selfs praat oor die ‘jihadistiese onderwêreld’ wat in Finland gebore is. Hierdie netwerke het skakels na alle groot terroriste-organisasies,” sê Jyri Rantala, kommunikasiebestuurder by SUPO se risikobepaling.

Volgens ‘n amptelike risikobepaling deur SUPO, die sekuriteitsagentskap van Finland, het die bedreiging van individuele terroriste ook in Finland toegeneem. Dit kan enkelpersone of klein groepe insluit. Finland is nie meer veilig nie, sê hy.

Geen terroristiese organisasie het Finland as ‘n strategiese teiken geïdentifiseer nie, maar Finland se reputasie in die radikale Islamitiese kringe het toegeneem en daar is baie verwysings na Finland, byvoorbeeld, in die propaganda van ISIS. Dit is ook onlangs in Fins gepubliseer.

“Alles in ag genome, het die faktore wat Finland voorheen beskerm het, ineengeplof of is besig om ineen te plof,” sê Rantala, verwysende na etniese Finse gemeenskappe.

‘n Petisie aan die Withuis om Antifa as ‘n terreurorganisasie formeel te klassifiseer, het die vereiste 100 000 handtekeninge gehaal en die Amerikaanse regering word tans versoek om die linker-ekstremistiese beweging, Antifa, formeel as terroriste-organisasie te lys.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    De moslim terror in WE komt voort uit de enorme ‘gewone moslim misdaad’ in elk WE EUSSR land.
    Decennialang gekweekt en beschermd door links extremen in media, politiek en kerk, terwijl de catastrofale schade en talloze directe en indirecte slachtoffers en nabestaanden in de kou worden gelaten of zelfs een trap na krijgen van de links geradicaliseerde volksvijandige roverheden.

    Alle aandacht en energie en middelen ging zitten in het opzetten en opblazen van rechts ‘gevaar’, waarbij geen middel werd geschuwd. Maar dat kent u van de Boeremag-zaak, waarin de veiligheidsdiensten over elkaar heen rolden om ‘haantje de voorste te zijn’. Zover gaande dat van een ‘set up’ gesproken moet worden en onschuldige politieke gevangenen het eindresultaat zijn.

  • Suidpunt

    (Proes) Kostelike beeld! Sterk relativerend van die werklikheid.

    • Hans Onrust

      ek stem saam

  • Die bewimpelaars van “terreur”, – of dit nou in Europa, die VSA of SA is, – is volgens beskikbare bronne nie besete boosdoeners met of sonder kopdoeke of maskers uit die hel uit nie, maar sit vroom onder die (((0))) ordes en tussen ons. Nou is dit vir my in beskeidenheid nie duidelik hoe die Nuwe Orde en Babilon wat val dan nou eensklaps weer alles rustig gaan maak met die groeiende skade aan die internasionale en plaaslike ekonomie nie en generasies sonder opvoeding, maniere, of moraliteit. Dit nou alles om internasionale angst genoegsaam te piek sodat almal nou sal oorgee aan ‘n nuwe idealistiese bedeling (ten goede van almal, – soos in FW se Plan?). Die ou wereld is darem handig saamgestel vir die bewimpelde aanhitsings oral, – van Barcelona tot motorbande brand by Belmoral en omstreke. Palestyn teen Jood, nie-blank teen blank, Engelsman teenoors Afrikaner, politieke party teen politieke party, organisasies met of sonder geheime, wederstrewige kerkgenootskappe en Rooms teen Protestant (dan praat ons nie van NG teen AGS of Sondagkerk vs Saterdag kerk of van eskalerende plaasmoorde en onbeperkde misdaad nie). So gaan lees ek toe weer die woorde van “Die Stem van (ou) Suid-Afrika”. Om te handhaaf en te hou, … die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly, … teen die hele wereld vry. Boertjies, – ons sal moet vinger trek!