Guptas verkoop hul mediagroep aan Jimmy Manyi vir R450m

Jimmy Manyi, nuwe eienaar van 'The New Age' en ANN7

Die Gupta-familie het ooreengekom om hul aandele in die New Age-koerant en die ANN7-televisiekanaal aan Lodidox vir R450m te verkoop. Dié maatskappy behoort aan Mzwanele Jimmy Manyi.

In ‘n persverklaring het Oakbay-beleggings gesê: “Die verkoping sal ook die aandeelhouer die tyd gun om daarop te fokus om sy naam skoon te maak teenoor ongegronde media-aantygings.”

 

Die transaksie word soos volg saamgestel: Oakbay se belang in Infinity Media, waaraan ANN7 behoort, word verkoop vir R300-miljoen. Die maatstkappy se tweederdebelang in TNA Media, uitgewer van The New Age, word vir R150-miljoen verkoop.

 

Die ooreenkoms sal na verwagting binne die volgende twee weke voltrek word, onderworpe aan owerheidsgoedkeuring.

“Die transaksie is deel van Oakbay se verbintenis tot die behoud van werksgeleenthede en om sekerheid aan die 7 500 hardwerkende werknemers dwarsdeur die groep te verskaf, asook om die inherente waarde van die ondernemings waarvoor hulle werk te beskerm,” lui Oakbay se verklaring.

Op sy beurt het Jimmy Manyi gesê: “Ek is verheug dat ek ‘n ooreenkoms met Oakbay bereik het en sien daarna uit om die transaksie af te handel.

“Dit gaan om twee sterk ondernemings wat oor baie potensiaal beskik en, onder die regte eksterne omstandighede, toenemend belangrik en ‘n tersaaklike deel van die Suid-Afrikaanse medialandskap kan word.

“Ek is besonder beïndruk met die aandeelhouers van Oakbay wat daartoe ingestem het om verkopersfinansiering op aanvaarbare terme te doen as deel van hul verbintenis tot transformasie en om die transaksie te bespoedig.”

Ronica Ragavan, die waarnemende uitvoerende hoof van Oakbay het verklaar: “Ons is verheug om ‘n ooreenkoms met Lodidox en die bestuurspan te bereik; die verkoop van ons aandeelhouding sal die toekoms van die ondernemings verseker en help om werksgeleenthede te beskerm. Beide ondernemings is wesentlik gesond en goed geposisioneer vir groei in hul onderskeie marksegmente. Ons wens hulle alle sukses toe vir die toekoms.”

Kritici van die transaksie meen egter dat die beweegrede dalk mag wees dat die Gupta-familie sodoende die bankrekening van Lodidox mag gebruik om die boikot van Suid-Afrika se groot banke teenoor Oakbay te omseil.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    Asof dit nie genoeg vir die belastingbetaler was om later te moes uitvind hy/sy het pa gestaan vir die kerrie-kaviaar troue van die jaar nie!
    Die strukturering & finansiering ter aanskaffing van hierdie ANC media-skeltrompet…skort n Sherlock Holmes met n vergrootglas.

  • Rooikop

    Dit kan nou nie juis aan ‘n meer eerlike persoon verkoop word nie kan dit!

    • sussie se vissie

      Rooies,
      Ons flapkop bo lyk heel skaflik as ‘gepoleerde’ en opkomende mediamagnaat.
      Dan weer lees ek op n ander dagblad ( EWN ) n mister van KZN ( Escourt ) het Vryd sy lokale SAPD aanklagkantoor ingestap en gebieg dat ‘he’s getting very much tired of being a cannibal’!
      n Besoek aan die Huis vd Vleisvreters is nog 3 verdagtes gearresteer en beslag gelê op stukke lewer en stukke long ( is mos goed vir die oue jong….!?)
      Wat my terugbring by die punt:
      Tussen pak en das en die van n oerang-oetang is die nerfhuid en smaakkliere maar fyn/dun gesny.
      Gooi die Gucci pak & bril eenkant en ons lot sit die spul Chinese ( wat enigiets vreet ) – by verre ore aan.
      Dink lsg staan n goeie kans om selfs te mag bloos.

  • Terwyl die Boere sit-sit-so hoera of halleluyah, plunder en mors ander na willekeur met die Nuwe SA en die rolspelers agter die skerms saam met enekele pionne soos die “besigheidseienaar” in die artikel bo genoem. Die “State Capacity Research Project” se verslag getiteld “Betrayal of the Promise: How South Africa is being stolen” van Mei 2017 gee ‘n verbysterend-brutale prentjie. ‘n Prentjie van voortgesette verraad as deel van die totale aanslag waarbinne die blanke Afrikaner steeds versuim om tot selfbestuur en selfbeskiking te kom. Dit terwyl die volksmoordaanslag, – gemeet in plaasaanvalle, – daagliks feller toeneem. Steeds mymerend en eiewys nuk die Afrikaner voort.

  • Kalium_Chloraat

    So die Guptas “verkoop” toe hul besigheid aan hul marionet.

  • Anton Schutte

    maar nog net een “booi-front” vir die zupta’s en hul meesters.

    • sussie se vissie

      …en ter voortsetting om plaaslik ( en ompad ) weer sake met SA Banke te kan doen.

  • Maus

    Kyk dat die Guptas hul eie agenda het is nie te betwis nie, maar ek vind die wye koor wat ‘n alternatiewe media stem wil doodmaak vreemd om die minste te se. ANN7 het al mense soos Stephen Goodson op gehad. Hulle ontmasker die werklike staatskaping van pre-1994 en selfs pre-1948. Een het selfs onlangs Verwoerd aangehaal waar hy glo destyds gese het dat Oppenheimer as hy wou oornag die ekonomie van die land tot stilstand kan bring. Watter ander nuus kanaal doen dit?

    Nou kom mense selfs op Praag vir die hoofstroommedia op. Is dit omdat julle nog al die jare in die banke en ander staats, semi-staats en private instansies gewerk het en niks slegs daarvan wil hoor nie? Hoe dit al die jare deur Oppenheimer en Ruppert gekaap was en hoe ons Voortrekker-erfenis stappie vir stappie daardeur ondergrawe is?

    Wel, bogger julle! Ek soek die waarheid, want ons vryheid le daarin opgesluit en in die wilde bekgeveg tussen die Guptas/Zuma en Bokryer/Broederbond/Empaaier kom daar waardevolle versteekte brokkies uit waaruit ons moet leer om volgende keer te voorkom.