Brief: WAT se Willem Botha ook skuldig aan kruipsug

Willem Botha, die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), het pas op LitNet (16 Augustus) kommentaar gelewer. Dit was na aanleiding van Afrikaansdag wat op 14 Augustus gevier is – die dag in 1875 waarop die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gestig is. Botha se reaksie gee blyke van die geykte, polities byderwetse of kruipsug-ingesteldheid wat deesdae algemeen by die hoëpriesters van Afrikaans aangetref word. Die lede van die GRA was Afrikanernasionaliste. By polities byderwetses dien

Afrikanernasionalisme deesdae as afdoende rede om hulle van die GRA te distansieer. Daarom verwys instansies soos die ATR, ATKV en ATM selde na die GRA, om van lof vir die GRA nie te praat nie.

Botha maak dit duidelik dat Afrikaans nie by die GRA ontstaan het nie maar by die Khoi-Khoin. Afrikaans is volgens hom ‘n inheemse of Afrikataal. Die Europese, bv Nederlandse, wortels van Afrikaans word, soos deesdae die mode by polities oorverligtes geword het, nie genoem nie. Om politieke redes word ‘n Afrikabeeld van Afrikaans sover moontlik voorgehou.

Botha se bedenklikste sin lui soos volg: “Vroeër is daar veral hulde gebring aan die taalstryders wat die weg gebaan het vir die erkenning en ontwikkeling van Afrikaans [dus blankes], maar vandag word die klem gelê op die belewing van Afrikaanse musiek, letterkunde en toneel.” Deesdae word die taalstryders taalbulle genoem en soos die GRA en bv Langenhoven word hulle met Afrikanernasionalisme geassosieer en hulle bedrywighede verdag gemaak, al is bv Breyten Breytenbach ‘n taalbul. Dit laat my dink aan wat ‘n digter geskryf het: ‘n Volk wat nie sy helde eer nie, gee God geen helde meer nie. Die soort alledaagse Afrikaans wat tans beleef word, is dikwels van ‘n skandalige swak gehalte, maar om politieke redes veroordeel Botha nie geradbraakte Afrikaans nie. Hy verwys glad nie na die kwaliteit van die Afrikaans wat ons tans daagliks beleef nie.

Volgens Jaap Steyn (Ons gaan ‘n taal maak, Centurion: Kraal Uitgewers, 2014) het die WAT sy aanvanklike ideaal om alle Afrikaanse woorde te dokumenteer, laat vaar toe na aanleiding van Max du Preez se kritiek besluit is om “die WAT te kuis” van beweerde “rassistiese” woorde (p 469). Steyn noem dat die jaarlikse staatsubsidie van die WAT sedert 2004 drasties ingekort is, van R2,2 miljoen tot R1,5 miljoen. In 2011 was die WAT-begroting R3,5 miljoen, waarvan net R1,1 miljoen van die staat ontvang is (470). Toe die inkorting van owerheidsfinansiering destyds bekend geword het, het die WAT dit gedwee aanvaar. Daar is skynbaar geen besef van die fundamentele boosheid van die ANC nie. Daar is toe ook te kenne gegee dat die WAT graag akkoord gaan met die ANC-regering se nuut opgelegde verpligting dat die WAT die woordeboekmakers van swart Afrikatale moet bystaan deur bv opleiding aan hulle te verskaf. In die praktyk is hierdie WAT-diens selfs na nie-Suid-Afrikaanse swart Afrikatale uitgebrei.

Die drastiese inkorting van die staatsubsidie en die opleidingsplig waaraan die WAT sedertdien onderhewig is, bring mee dat die WAT minder tyd en arbeid aan die dokumentering van Afrikaans kan bestee; ook omdat fondsinsameling baie tyd en arbeid verg. Die prys van ANC-gedienstigheid is buitensporig hoog en Afrikaans ly sekerlik skade. Maar daar is geen sprake dat die WAT kritiek op die ANC-regime lewer of hom verset teen die onverkwiklike situasie waarin hy hom
weens die ANC se anti-Afrikanervenyn en anti-Afrikaansnydigheid bevind nie. Die WAT se houding is ‘n voorbeeld van wat ek kruipsug noem. Blankes, insluitende Afrikaners, het regte waarop kompromisloos aangedring behoort te word. Die ANC-regime behoort ontsag vir blankes, veral Afrikaners, te hê; nie minagting nie. Elke keer as die ANC Afrikanerbelange doelbewus aantas, moet hy tot hierdie besef gedwing word: HKGK.

— Johannes Comestor

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Beginselprostitusie sal altyd tot vergetelheid lei .
    Kan die mensie nie besef dat die wanbetaling van sy staatsubsidie ‘n duidelike indikasie van die regering se betroubaarheid is nie ??

    • Ou Transvaal, – watter regering? Watter betroubaarheid? Maar kruipsigtigheid is oral onder die Afrikaners, Taalbulle en Taalvulle (of is dit Taalmerries) sigbaar. Politieke korrektheid, – hetsy met taal, kultuur, selfbestuur of burgerlike beveiliging, – eis ‘n toenemende afwaterende tol onder ons mense.

  • Karel Combrinck

    Goeie kommentaar. Terloops, wat’s fout met “taalbul”? As ons maar almal taalbulle was. Laat ons trots wees daarop om taalbulle te wees.. “Ik ben een Afrikaander. Ik ben een taalbul”.

    • sussie se vissie

      Niks fout met ‘taalbul’ nie.
      Probleem is ons sit met n spul ‘taaltollies’.

  • sussie se vissie

    Geld wat krom is buig n taal tot hy stom is.
    Die verraad kan gesoek word in daai jaarlikse subsidie/toegif/hand-out.

    • Ou Transvaal

      KOLSKOOT!!!!

  • Skisofreen

    Gaan na Google, kies images en tik in “European people history”. Gee my jou mening.

    • Andre

      Ek het, en ek het maar net aan die lag gegaan. Is dit onkunde of moedswillige miskenning van die waarheid? As dit “European People” is dan is ek van Mars. Of miskien is dit hoe hulle die nuwe “European People” sien nadat die meeste Europese lande oorstroom is van “vlugtelinge”.

  • Johann Schutte

    Polarisering vind tans so vinnig plaas (wereldwyd) dat dit my moed gee. Ek vermoed die einde van onverskilligheid (indifference) is op ons. Kanse op beskawingsoorlewing is nou beter as `n jaar terug.