Barcelona: Paneelwa maai vakansiegangers af, polisie stuit tweede aanval

Cambrils, die beweerde aanvaller

Die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval in Barcelona waartydens 13 mense gedood is en ‘n honderd voetgangers beseer is toe ‘n wit paneelwa in ‘n skare niksvermoedende vakansiegangers ingery het.

Van die 100 of meer wat beseer is, ten minste 20 nasionaliteite getref. Frankryk se ministerie van buitelandse sake het gesê dat 26 van sy burgers tussen die beseerdes verkeer, en Spanje se El Pais-dagblad het berig dat drie van die dooies Duitse burgers was.

Joaquim Forn, Katalonië se polisiehoof, het gewaarsku: “Ongelukkig gaan die aantal sterftes waarskynlik styg.” ‘n Driejarige kind is ook tussen die slagoffers en 15 mense verkeer in ‘n ernstige toestand, berig El Pais.

Dit is die agste terreuraanval binne drie jaar in Europa waartydens ‘n voertuig as wapen gebruik word, en volg na die Nice-aanval in Julie 2016 wat 86 gedood het, die aanval in Berlyn oor Kersfees waartydens 12 mense omgekom  en 56 beseer is, asook ‘n vragmotor wat in die skare op die Westminster- en Londenbrûe ingeploeg het en onderskeidelik vier en agt mense doodgemaak het. In Stockholm is ‘n vragmotor gekaap om burgerlikes mee dood te ry, ‘n voorval waartydens vyf mense gesterf het en 14 ernstig beseer is.

Grusame videomateriaal vertoon lyke wat verstrooi lê oor Las Ramblas, ‘n gewilde straat vir toeriste. Die polisie soek steeds na die bestuurder van die voertuig. Hulle het ‘n foto vrygestel van Driss Oukabir, ‘n Morokkaan wat na bewering die paneelwa gehuur het wat in die aanval gebruik is.

‘n Skamele agt uur ná die djihadistiese aanval in Barcelona het die polisie vyf verdagtes doodgeskiet wat gepoog het om ‘n soortgelyke voertuigaanval in die kusdorpie Cambrils, 120 kilometer suid van Barcelona, te loods.

Die Spaanse polisie sê die terreuraanvalle in Barcelona en Cambrils kan verbind word nadat ‘n motor in voetgangers in Cambrils ingeploeg het. Die Katalaanse polisie het vroeg Vrydag ‘n klopjag in Cambrils uitgevoer waarin vier verdagtes gedood is, terwyl die vyfde wat beseer en in hegtenis geneem is, in aanhouding dood is. Burgerlike beskermingsinstansies het berig dat ses burgerlikes en een polisiebeampte tydens die operasie gewond is.

Die polisie het aanvanklik gesê dat een terroris nog op vrye voet mag verkeer, en dat die aanvallers moontlik selfmoordgordels dra, maar die vyfde aanvaller is insgelyks gedood, is later berig.

“Die beweerde terroriste was in ‘n Audi A3 en het blykbaar verskeie mense omgery voordat hulle ‘n polisiepatrollie teëgekom het en ‘n skietgeveg gevolg het,” sê ‘n woordvoerder vir die streeksregering van Katalonië. Een van die verdagtes het ‘n mes probeer gebruik.

Twee ontploffings Woensdagnag in die dorp Alcanar Platja, suid van Barcelona, word ook met die aanval verbind. Ten minste een persoon is dood en meer as 16 is beseer in wat aanvanklik ‘n “gasontploffing” genoem is, maar polisiebronne sê dat plofstof by die huis in voorbereiding was, volgens El Periodio, ‘n oggendblad in Barcelona, Katalonië.

Die persoon wat in Woensdag se dodelike ontploffing in die huis gedood is, is na wat berig word insgelyks ‘n Marokkaan. Butaangassilinders is in die omgewing van die huis gevind, berig die Spaanse media.

Die Katalaanse polisiehoof van die Mossos d’Esquadra [die polisiemag van Katalonië wat Spanje se Policia Nacional en Guardia Civil binne die outonome gebied van Katalonië vervang het], Josep Lluís Trapero het bevestig dat die ontploffing met die terreuraanvalle verband hou. Die kragtige ontploffing het nie net die gebou wat op Calla Martineca B. geleë is platgevee nie, maar het ook ‘n verdere ses omliggende eiendomme beskadig.

Volgens plaaslike bronne is die ineengestorte huis deur twee Marokkaanse broers bewoon, maar uit die oorskot wat gevind is, kon daar drie mense in die huis gewees het, het Mossos gesê.

‘n Man is doodgeskiet nadat hy twee polisiemanne later die aand by ‘n kontrolepunt aan die buitewyke van Barcelone omgery het, maar die Spaanse polisie kon nie bevestig of die skietery met die terreuraanvalle verband gehou het nie.

Spanje het nog nie sedert 2004 ‘n terreuraanval beleef nie, toe djihadiste bomme op voorstedelike treine in Madrid gestel het, waardeur 191 mense gedood en meer as 1 800 beseer is.

Volgens El Periodico het die CIA die Spaanse polisie twee maande gelede gewaarsku dat Las Ramblas ‘n potensiële teiken was. “Die CIA het reeds die Mossos d’Esquadra gewaarsku dat Barcelona ‘n terroristeteiken mag word… Hulle het die fokus op die Ramblas geplaas,” het El Periodio verklaar.

Verder, op sosiale netwerke, het ‘n Twitterrekening wat met die Islamitiese Staat verbind word net twee weke gelede, op 30 Julie, aangekondig dat ‘n aanval op Al Ándalus binnekort gaan plaasvind. “Ons gaan die kalifaat in Spanje toepas en ons gaan ons grond terugneem. Aanval binnekort op Al Andalus.”

Rekeninge op Twitter wat met die Islamitiese Staat verbind word, het die Barcelona-aanval geloof deur vorige verklarings en dreigemente teen Spane te publiseer, asook boodskappe soos “aan alle Spanjaarde, nou is dit tyd om te betaal vir alles wat julle regerings ons lande aangedoen het”.

In April 2015 het die Mossos binne die raamwerk van operasie Caronte ‘n terroriste-sel van Spaanse bekeerlinge tot Islam ontbloot en ontdek dat een van hul planne was om die handelsentrum van die Arenas, asook die sentrale polisiestasie aan te val.

Die VS-regering het in 2009 besluit om ‘n konsulaat in Barcelona te open as ‘n “spioenasiepunt waarin verskeie agentskappe deel met die opdrag om as ‘n antidjihadistiese inligtingsbasis in die westelike Middellandse See te dien,” meen El Periodico. Soos wat die toenmalige Amerikaanse ambassadeur in Spanje, Eduardo Aguirre, in ‘n verslag in 2007 wat deur Wikileaks bekendgemaak is, gesê het: “Die Spaanse en Amerikaanse owerhede het Katalonië geëien as die grootste Middellandse sentrum vir radikale Islamitiese bedrywighede.”

Die diplomaat het gesê: “Hoë wettige en onwettige immigrasie vanuit Noord-Afrika (Marokko, Tunisië, Algerië), asook vanuit Pakistan en Bangladesj maak van die streek ‘n magneet vir die rekrutering van terroriste.”

Die ondersoek na die aanval sal op die lewenstrajekte van die daders fokus, het die dagblad gesê en “die eerste ding om uit te vind, sal wees of dié individue as potensiële terroriste in Sirië gewerf is”.

Wêreldleiers het die aanval veroordeel. Die Russiese buitelandse diens het via Twitter gesê: “Ons dra ons innige simpatie aan die mense van Spanje oor, ons treur saam met u.” President Wladimir Poetin was een van die eerstes om Donderdag se aanval in Barcelona te veroordeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Terreur is al vir geruime tyd die werkwyse van die agente van die Bose in SA. Plaasaanvalle, ge-eskaleerde misdaad en nou pad versperrings om die ekonomie te knak, maak die bevolking (volgens [media] plan) moedeloos en meer apties-angstig, gereed vir oorgawe. Ons sal sien of Paardekraal werklik nuwe hoop, lig en rentmeester-aksie kan bring.

  • sussie se vissie

    ‘….een verdagte in aanhouding dood is’.
    Wow!
    Kan net aanvaar die (((Helen Suzman))) en charra-brigade se vlugte is geboek vir n derm-uitryg-sessie?

  • Owen

    Catalonians liberals & communists are in trouble, the King will make sure the police & army are deployed on their streets permanently from now on..

    • Mr Domestos

      Ek weet nie so lekker nie – op Deutche Welle gewys hoe alles weer genormaliseer het. Geen teken van die aanval en almal gaan weer hul gang soos vantevore en geen indikasie van polisie of weermag. ‘n Selektiewe geheue sindroom is internasionaal.

      • Ou Transvaal

        Of valsvlag operasie ???

      • Owen

        DW is a part of the greater Brussels problem.

    • Ou Transvaal

      KOLSKOOT Owen ; Katalonia dreig te lank met onafhanklikheid en die EU moet dit op ‘n manier stop …..die gewraakte terr aanvalle word nou vir al die ISIL bedeiginge gebruik ,net jammer die werklike oorsaak van immigrasie , Globalisasie kry nooit die skuld nie..Ek sien die standaard Id-dokument is soos gewoonlik op die toneel gevind

      • Owen

        LOL

  • Mr Domestos

    Pretoria bom 1983 – tereur. Elf skrale jare later in beheer. Katalonië, Parys, London – tereur . Hoeveel jaar die keer? Voorsmakie van wat wag?