Grace Mugabe ‘steeds in SA’ ná aanranding op model

Gabriella Engels (links) en Grace Mugabe
Deel op

Grace Mugabe, eggenote van Robert Mugabe van Zimbabwe, bevind haar volgens bronne steeds in Suid-Afrika. Haar ligging word egter geheim gehou aangesien sy steeds deur die SA Polisie gesoek word om op ‘n klag van aanranding te verskyn. Sy sou gistermiddag in die Randburgse Landdroshof verskyn het, maar het nie opgedaag nie.

Die klag hou verband met ‘n voorval wat in die Sandtonse hotelkamer van een van haar twee seuns plaasgevind het. Sy het na bewering ‘n Suid-Afrikaanse model, Gabriella Engels, met ‘n elektriese verlengkoord geslaan sodat Engels se voorkop oopgekloof is en begin bloei het. Engels het agterna ‘n klag van aanranding aanhangig gemaak en het tydens ‘n onderhoud met RSG gesê dat haar “loopbaan as model nou geruïneer is omdat my voorkop ‘n letsel opgedoen het”.

Gabriella Engels sê dat “geen vlak van intimidasie sal versaak dat ek die aanrandingsaak teen Mugabe sal terugtrek nie”. Die 20-jarige Engelse sê verder dat sy daarvan bewus is dat Grace Mugabe oor ‘n geskiedenis van beweerde aanrandings beskik en haar in ‘n geregshof wil konfronteer.

In 2009 het ‘n fotograaf in Hong Kong beweer dat hy herhaaldelik deur Grace Mugabe met die vuis geslaan is.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.