Jared Taylor: ‘Unite the right’: Wie was reg?

Die internasionaal bekende altregse leier en intellektueel, Jared Taylor, gaan Suid-Afrika binnekort besoek en ‘n konferensie in Pretoria toespreek (meer inligting binnekort hieroor op PRAAG). Hier volg sy kommentaar op die Unite the right-byeenkoms op 12 Augustus 2017 in Charlottesville, Virginië, waar geweld uitgebreek het tussen linkse groepe en die pro-blanke optoggangers wat ‘n standbeeld in dié stad wil red.

Jared Taylor skryf:

Jared Taylor

As u u nuus vanaf NBC (een van die groot Amerikaanse TV-netwerke) kry, is dit wat u oor die naweek se Unite the right-byeenkoms sou verneem:

“Charlottesville: wit-nasionalistiese byeenkoms se geweld noop noodtoestand.” Dis reg: Die probleem was wit-nasionalistiese geweld. Dis asof die betogers presies soos Black Lives Matter of gemaskerde antifa opgetree het: plundery, brandstigting, verkeersontwrigting, en die aanrand van omstanders. Natuurlik was die oorsaak van die geweld die vyandige teen-betogers, waarvan vele helms en skilde gedra het. As hulle nie daar was nie, sou daar geen geweld gewees het nie, en die byeenkoms sou volgens die plan voortgegaan het.

Van alle mense, was dit Donald Trump wat die naaste daaraan gekom het om die korrekte uitspraak te lewer, waarin hy “haat, rassisme en geweld aan vele kante” veroordeel het. Dit het natuurlik byna universele hoon ontlok. Soos die voormalige visepresident van die VSA, Joe Biden, verduidelik het: “Daar bestaan net een kant,” en die probleem is Unite the right. Dit het ‘n storm hertwiets en soortgelyke menings uitgelok. Virginië se prokureur-generaal, Mark Herring, het getwiet dat “geweld, chaos en klaarblyklike lewensverlies in Charlottesville nie die fout is van ‘vele kante’ nie. Dit is rassiste en wit heerssugtiges.”

Hier betoog een kant vreedsaam, hoewel uitdagend; die ander kant – die goeie kant — pleeg gewelddadige aggressie. (Swastikas was uiters raar in Charlottesville, maar hulle skep beter “antirassistiese” grafika as Konfederale vlae.) Aldus die morele wiskunde van Joe Biden, die Virginiese prokureur-generaal, asook die res van die linkses. Dit sou nie saak gemaak het indien elke hand wat deur Unite the right opgelig is streng uit selfverdediging was nie; die geweld is húlle skuld. Rasbewuste blankes verdien geweld bloot omdat hulle dink soos hulle dink.

Die goewerneur van Virginië, Terry McAuliffe, het slegs een kant raakgesien, in ‘n toespraak wat wyd geloof is, waarin hy aan Unite the right sê: “Julle het hierheen gekom om mense seer te maak, en julle hét mense seergemaak.” Kan Terry McAuliffe gedagtes lees? Sou hulle enigiets of enigiemand seergemaak het indien teenbetogers met skilde en knuppels nie hul opwagting gemaak het, wat geskree en rookbomme geslinger het, vasbeslote om die betoging te stuit – en om “Nazi’s” seer te maak nie?

Een jong man het met sy motor in die betogers vasgery, en sodoende een gedood. Ons weet nog nie wat sy motiewe was nie, maar selfs indien hy doelbewus mense wou seermaak, was daar net een van hom, en almal wat met Unite the right gemoeid is, het sy optrede veroordeel.

Wat van die polisie? Hulle was duidelik óf onbekwaam óf vasbeslote om die byeenkoms te verbied voordat dit kon voortgaan. Die swerms mans in uniforms op die toneel het byna niks gedoen om betogers en teenbetogers van mekaar te skei nie. Die televisie het een vuisgeveg na die ander uitgesaai, sonder ‘n polisieman in sig. Buiten die bestuurder van die motor – wat van tweedegraadse moord aangekla is – het daardie swerms polisie net drie mense in hegtenis geneem. Waarmee was hulle besig?

Die bakleiery, wat ‘n aanvang geneem het nog voordat die byeenkoms kans gehad het om te begin, was die verskoning vir die polisie om dit as ‘n “onwettige byeenkoms” te verklaar en dit te verbied. Jason Kessler, wat die byeenkoms gereël het, het tereg uitgewys dat dit beteken het dat die teenbetogers die “skoorsoekersveto” uitgeoefen het en daarmee diegene van wie hulle verskil die swye opgelê het. Pleks van uittreksels uit pro-blanke toesprake, was die enigste ding waarop mediaverbruikers getrakteer is Konfederale vlae en vuisslanery.

Maar Joe Biden vertel ons dat daar “net een kant” aan dié verhaal is. Inteendeel, daar is drie kante: Unite the right, wat vreedsaam bymekaargekom het maar wat hulself verdedig het; antirassiste wat hulle stilgemaak het; en die polisie wat dit toegelaat het.

Daar is ‘n duidelike patroon aan dié gebeure wat geen hoofstroommedium opgemerk het nie. Daar is konfrontasie slegs wanneer antiblankes pro-blanke byeenkomste teister en probeer ontwrig. Die teenoorgestelde gebeur nooit nie. Linkses en nie-blankes kan die mees openlike antiblanke byeenkomste reël, sonder om lastig geval te word en met volle mediagoedkeuring. Dit sou moeilik wees om jou ‘n duideliker voorbeeld van dié gebruik — en die vooroordele wat ons in die gesig staar — voor te stel as die naweek se gebeure op Charlottesville.

Jason Kessler sou Sondag om 2-uur namiddag ‘n persverklaring maak. Hy is ‘n slim en dapper man. Ek was seker ons sou op hom kon vertrou om ons kant van die saak uitstekend te stel.

Maar skaars het mnr. Kessler sy mikrofone voor die Charlottesville-stadsaal opgestel of die teenbetogers het soveel geraas gemaak dat dit vir die pers onmoontlik was om te hoor wat hy sê. Betogers het al nader gekom en mnr. Kessler toe begin aanval; die polisie het hom weggelei vir sy eie veiligheid. Weereens is ‘n pro-blanke boodskap deur antiblanke skurke gesmoor.

(Hier is die video daarvan – red.)

Hierdie rubriek is oorspronklik in Engels op American Renaissance gepubliseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Vicky

    SA Jode sal nie toelaat dat Taylor in SA praat nie. Ek waarsku nou. Dan sal in die tronk opeindig.

    • Vicky. Dis welbekend dat Jared Taylor en David Duke wesenlik van mekaar verskil wat betref die jarelange nadelige invloede van magtige Joodse drukgroepe. In hierdie https://www.youtube.com/watch?v=c8wzGsLtdc4 kort video is dit duidelik dat Jared Taylor hierdie “olifant in die sitkamer”
      (doelbewus?) ignoreer…

      • Vicky

        Ja, dis hoekom Jared nie meer baie invloedryk is nie, MAAR onthou SA swartes duld GEEN kritiek nie, en Taylor is giftig anti-swart.

        • Vicky. Behoort ons mense te respekteer omdat hulle “anti-swart” is, of omdat hulle die moed en eerlikheid aan die dag lê om ander mense in te lig oor die ware stand van sake? Enigiemand wat meer as drie breinselle het kan swart taxibestuurders vloek, maar hoeveel mense is bereid om opofferings te maak ten einde andere in te lig oor die ware oorsake van die wêreld se probleme?

          • Vicky

            Bittermin. Dis n moeilike pad om te loop. Elke dag is die verwaarlosing in Getsemane. Jou volk verlaat jou as jy n patriot is.

  • Ook in die Nuwe SA (glad nie werklik en volhoubaar beter vir enige-iemand nie) leer die konserwatiewes bitter langsaam en bitter moeilik. Dit is tog plaaslik en internasionaal duidelik dat ten spyte van die euforie rondom President Trump, is die Liberales besig om opnuit uit te bars en verkeerd reg te noem. Is konserwatiewe optogte, betogings en skermutselings of “weerstandbewegings” nog enigsins effektief? Moet die konserwatiewes, regses en alt regses nie nou baie beter en strategies tewerk gaan nie? Kry alternatiewe strukture op regsgeldige wyse in plek en selfregeer. Klaar!

    • Ou Transvaal

      Ek stem daarvoor .

    • Antonie Geyser

      wel ons kan begin om die terme soos ‘social justice’ en die rassistiese uitvoering van AA en BBBEE, die gedwonge transformasie beleid en die onbeteulde rasaanwas ‘om te draai’ en teen hulle te gebruik

  • Ou Transvaal

    Wat is werklik die nut van optogte ???Sal ons nie baie meer bereik deur na ons eie tekeer en ons mense hulle identiteit leer asook dat ons slegs op mekaar kan vertrou met GEEN voordeel na ons vyande nie ?? Ons wil alewig op ander se metode die spel speel en dit werk nie …inteendeel dit veroorsaak weersin .

    • John

      Die nut van optogte in die huidige geval van die Alt Right is met eerste oog op slag bykans van geen belang. Want, in die daaropvolgende dae sal mense terug kyk en juis vra ‘Wat het dit bereik !?’
      Die waarskynlike antwoord, wat beslis ook weer deur die media aangebied sal word, is dat die rassiste, en dus wit mense, idiote van hul self gemaak het. ‘n Ou in ‘n pak klere wie deur ‘n tuin strompel bied aan hulle die toonbeeld van ‘not a good look’ wat weereens deur suiwer sensasionele kommentaar gemelk sal word om skaamte aan te hits.

      Daar is egter ‘n ander waarheid ook. Een wat ons nooit werklik kan sit en monitor via die MSM. En dit is die impak wat die optog en die gevolge het op individue met verstand wie dit sit en dophou. Aan die een kant is nodig om vir die simpatiseerders te demonstreer dat hulle wel kan en mag en moet saamstaan. Die aanval van die Antifa dien die adisionele doel om vir hierdie selfde gematigdes aan te toon dat daar nie werklik balans is nie. Regverdigheid raak al minder en ons kry ‘n voor smakie van wat nog kom.

      Die finale efek moet nog tuisgebring word. Indien daar nou teruggestaan gaan word dan was dit idioties. Indien hulle wakker skrik en volgende keer beter voorbereid is dat groei die momentum en die ondersteuners.
      Die selfde geld vir Trump. Indien hy nout kruip en verbatim boetedoening plegtig afle dan vou hy. Indien hy bloot die ‘guilt on both sides’ sin herhaal dan vlek die blatante eensydigheid oop.

  • Skisofreen

    Daar is geen poging tot infiltrasie nie. Die gerugte van Joodse verbintenisse is geheel en al vals. Daar is geen sameswerings nie. Diegene met mag het per ongeluk daar beland. Skeptisisme is onvanpas. Die produk van my geestesafwyking.

  • Rooikop

    Optogte en groot samekomste is die gereedskap van die kommunisme – hulle het dit tot ‘n fyn kuns vervolmaak en weet ook hoe om dit teen die teenstanders daarvan te gebruik. Hierdie mense wou betoog teen ‘n verkeerde ding en nou het die verkeerdes, hierdie situasie uitgebuit en die wat betoog se naam met ‘n plank (prober) slaan. Tipiese vals vlag tipe operasies – kyk maar hoe is ET wat hier van sy perd afgevoeter het (soos ons weet die perd eintlik gegly het) uitgebuit om regses as onbeholpe uit te maak.

    Daar is net een manier om hierdie verdagmakery te bekamp, kom saggies bymekaar. Stel net mense van jou eie soort en denke by jou besighede aan. Sorg vir die armes in jou eie gemeenskap (die res kan vir hulle eie sorg en indien hulle dit nie doen nie dan is dit nie my probleem nie). ‘n Stille verset verrig veel meer as ‘n optog wat potensieëel uitloop op geweld.

    • Mr Domestos

      Juistement. Laat my dink aan die Oos-Europese land wat so ‘n invlaag van Chinese beleef het nadat hul regering ‘n ooreenkoms aangegaan het met China. Niemand het gemor nie, net nie hul besighede ondersteun nie al was die produkte goedkoper. Na ‘n jaar of twee is die Chinesies sak en pak vort omdat hul nie geld kon maak nie. Problem solved.

    • Ou Transvaal

      KOLSKOOT!!

  • skobbejak

    Luister almal – dis beter om enige nuus van sulke “polities korrekte” byeenkomste en vergaderings nie wyd en suid te adverteer nie – persoonlik eerder – HKGGK – die anti-blank gedrogte loop soos briesende leeus rond en daars baie van hulle. Kry jou saak in orde witman – want jy word gehaat !

  • Wie het die meeste gebaat by die onlangse tragiese gebeure in Charlottesville – George Soros (en BLM en Antifa) of die “white supremacists”? Was dit deel van ‘n “false flag operation”? Hierdie video – https://www.youtube.com/watch?v=f-tL6LXHaO4 laat mens nogal nadink oor die moontlike antwoorde op hierdie vraag. Ook interessant is Trump (en sy dogter) se duidelike veroordeling van die KKK, “neo-nazis”
    en “rassisme”, kort na hierdie gebeure. Volgens Ivanka Trump se onlangse “tweet” is daar “geen plek vir die KKK en neo-nazis in die samelewing nie” – https://www.youtube.com/watch?v=79Pr4_Q9arM Hou ook in gedagte dat sy getroud is met Jared Kuschner. Is Donald Trump die “verlosser van die Witmense van Amerika”, of is hy maar net nog ‘n pion van duistere magte agter die skerms??

    • Rifrug

      Laasgenoemde.

  • Owen

    Donald Trump is a hypocrite, can Jared tell me how this idit works ?
    How can Trump fund a kleptomaniac & tyrant like Mugabe who is anti white ?

    http://www.polity.org.za/article/trump-to-fund-mugabe-says-diplomat-2017-05-11

  • Rooikop

    Reg/Verkeerd maak nie saak nie. Slegs persepsie. Die persepsie dat regs=verkeerd is het hier geseëvier niks anders nie.

    • Rooikop. Die persepsie wat die hoofstroommedia (en Donald Trump!) geskep het by die meerderheid
      Witmense in veral Amerika en Europa, is dat ondersteuners van blanke separatisme en die volkstaatgedagte, óók noodwendig ondersteuners is van blanke baasskap (Engels: White Supremacism) en dat hulle daarom óók rassiste is wat die onderdrukking van en neersien op nie-blankes, ondersteun. Volgens hierdie verwronge persepsie gee die “dom en veglustige regses” se betogings dus altyd aanleiding tot geweld. Die joernaliste van die hoofstroommedia het nié hulle
      lesers ingelig oor die feit dat die genoemde betoging vreedsaam verloop het vóór die (meesal uitgdagende en gewelddadige) inmenging van BLM en Antifa nie. Ook nie dat die polisie lank versuim het om die betogers uit mekaar te hou nie. Hierdie tragiese gebeure sal dus voortaan gebruik word as regverdiging vir die beplande onderdrukking van Amerikaners se vryheid van spraak en natuurlik ook om miljoene Witmense te ontmoedig om weerstand te bied teen die establishment se ideologieë.

      • Rooikop

        Dit is juis wat ek probeer sê – (Sien ook my kommentaar hieronder). Ongeag die ware feite, ongeag hoe goed die regses hulleself gedra het, het die linkses die situasie gekaap en met hulle (s)linkse taktieke dit reggekry om wat ‘n rustige en beskaafde situasie is gebruik om die regses met ‘n teerkwas te smeer.

        • JDTAKL

          Geleidelik gaan die ‘stille meerderheid’ versadigingspunt bereik. Dis wanneer die pendulum gaan swaai. Hoe meer die linkses hulle wangedra hoe nader is daardie punt.

          Te veel mense besef reeds dat die HSM net leuens verkondig. Deur hierdie linkse groepe te ondersteun forseer HSM meer mense tot die alternatiewe media – die rooi pil effek. Uiteindelik sal die ‘regses’ kritieke massa ontwikkel. Nuwe moontlike ontwikkel dan.

          • JDTAKL. Dis juis die (blanke) “stille meerderheid” wat (veral sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog) die verbruikerskultuur en gepaardgaande kleinlike selfsug aanvaar het as leefwyse. Of die hoofstroommedia (óf kerkleiers óf politici óf “kultuurleiers”) die waarheid of leuens verkondig, is vir hulle minder belangrik. Ek is bevrees daar is hoegenaamd GEEN kans dat hulle ooit eendag behoorlik gaan weerstand bied teen die ANC en/of die magte agter die skerms nie!