Geskokte Spaanse vakansiegangers kyk hoe Afrika-migrante aan land kom

Deel op

‘n Boot vol Afrika-migrante het op ‘n strand in Spanje geland en vinnig weer verdwyn tussen die vakansiegangers.

Carlos Sanz het aan The Telegraph vertel hoedat die groep “ongedokumenteerde” immigrante verdwyn het voordat die polisie kon arriveer. Volgens ‘n verslag van El Confidencial, het hulle na ‘n klein dennebos naby die Faro de Camarinal-vuurtoring gehardloop.

Op sosiale media wys beelde van Woensdag 9 Augustus hoe ‘n rubberbootjie vol swartes op die gewilde toeriste-strand in die suide van Spanje land. Vakansiegangers kyk geskok toe terwyl die swart migrante skarrel om die strand te bereik.

Volgens data van die Hongaarse sekuriteitshoof György Bakondi het byna 10 000 migrante in die eerste ses maande van 2017 Spanje binnegekom – ‘n beduidende toename van die vorige syfers.

Op die strand naby die dorp het ‘n Daily Mail-verslaggewer binne drie honderd meter van mekaar, drie verlate bote ontdek wat vermoedelik deur migrante gebruik is.

Jose Maraver, hoof van die Maritieme Reddingsentrum, het aan die Telegraph gesê dat ‘n tweede boot op Donderdag op ‘n ander strand in die gebied geland het, terwyl twee vaartuie gered moes word. “Daar is elke dag bote, elke dag is daar ‘n migrasie,” het Maraver gesê. “Die situasie word baie ingewikkeld.”

Die aantal immigrante wat die provinsie Malaga in die eerste ses maande van 2017 bereik het, is al amper die getal vir die hele vorige jaar.

Spanje het reeds vanjaar meer swart aankomelinge gekry as in die hele 2016, het die Internasionale Organisasie vir Migrasie verlede Donderdag bevestig. Volgens die IOM is byna 8 200 migrante aangeteken. “Dit is moontlik dat Spanje hierdie jaar beter sal presteer as Griekeland,” het Joel Millman, ‘n woordvoerder van die IOM, aan AFP gesê. “As dit so is, is dit ‘n groot verandering.”

‘n Bron het aan die Daily Mail gesê: “Omtrent 40 immigrante het aangekom,” Woensdag, maar net “nege van diegene wat dit tot by die strand gemaak het, is opgespoor”. Die owerhede weet nie wat gebeur het met die res van die Afrika-klandestienes nie.

Ceuta, ‘n Spaanse enklaaf in Marokko, het intussen ‘n styging van 230 persent in aankomste in die afgelope weke beleef. Sowat 700 swartes het voor verlede Donderdag probeer deurbreek, maar is deur Marokkaanse polisie teruggedruk, het amptenare gesê.

‘n Vroeër poging van ongeveer 1 000 migrante, gewapen met stokke en tuisgemaakte spiese, is deur beamptes van beide lande teruggedryf.

Maar verskeie pogings deur die migrante was wel suksesvol. Volgens El Pais het die regering se afgevaardigde in Ceuta, Nicolás Fernández Curucull, ‘n doenepersoneellid se ernstige beserings op die “gewelddadige houding” van die migrante wat die agente oorweldig het, geblameer.

In totaal het meer as 100 migrante deur die hek gebreek nadat ‘n Spaanse grens-agent se been afgeskop is. Hordes swartes het daarin geslaag om deur die grensheining te kom en die Rooi Kruis het aan Reuters gesê dat 186 mense gedurende die nag in Ceuta kon binnekom.

Sedert die Europese Unie ingestem het om die Turkse regering te betaal om die Oos-Middellandse See-vloei van ongeveer 885 000 migrante via Griekeland te stuit, het Italië ‘n merkbare toename beleef. Maar die Italiaanse owerhede het besluit om die smokkelaars te stop.

El Pais het Donderdag gewaarsku dat “Spanje nie alleen as voog van die suide van Europa kan optree nie” omdat dit “duidelik is dat die migrasiedruk na die weste van die Middellandse See verskuif het”. Die Spaanse koerant het Brussel aangemoedig om so gou moontlik in te gryp.

Maar Penny Lawrence, adjunk-uitvoerende hoof van Oxfam GB, het gesê veilige roetes vir Afrika-migrante na Europa moet voorsien word. “Uitkontraktering van die polisiëring van ons grense na Libië is nie die oplossing nie,” het sy bygevoeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.