Een van die grootste regse byeenkomste in die meer onlangse Amerikaanse geskiedenis, die Unite the Right-byeenkoms in Charlottesville, Virginië, moes afgelas word nadat die goewerneur van dié Amerikaanse deelstaat ‘n noodtoestand afgekondig het. Die byeenkoms is gereël om beswaar te maak teen die verwydering van ‘n standbeeld ter ere van genl. Robert E. Lee, die legendariese Suidelike generaal wat as ‘n soort Christiaan de Wet of Koos de la Rey in die Suide van Amerika vereer word.

Die linkse stadsraad van Charlottesville onder die burgemeester, Michael Signer, het ‘n besluit geneem om die standbeeld van die generaal te verwyder aangesien hulle dit as ‘n “simbool van rassisme” beskou.
In weerwil van ‘n hofbevel wat aan die organiseerders, mnre. Jason Kessler en Richard Spencer, deur ‘n Amerikaanse regter toegestaan is en waarin die byeenkoms kragtens die Eerste Wysiging aan die Amerikaanse grondwet toegelaat is om voort te gaan, het die deelstaat en die munispaliteit besluit om ‘n stokkie daarvoor te steek.
In ‘n twiet het dr. Dan Roodt van PRAAG hom só uitgelaat oor die nuus dat die byeenkoms afgestel word:
The USA = a banana republic! #UniteTheRight had a court order allowing protest, now cancelled by police. Won’t happen even in S. Africa!
— Dan Roodt (@danroodt) August 12, 2017
Die byeenkoms het gisteraand begin met ‘n nagmars op die kampus van die Universiteit van Virginië wat deur sowat 500 “altregse” (alternatief-regse) betogers bygewoon is. Fakkels oftewel “tiki-fakkels” is tydens die nagmars deur die betogers gedra. Die toneel is vanuit die lug met behulp van ‘n hommeltuig verfilm.
Tydens die nagmars het ‘n twintigtal linkse betogers opgedaag maar alles het nog redelik vreedsaam verloop. ‘n Transgeslagbetoger, “Emily” Gorcenski, het in ‘n selfoonvideo histeries die feit bekla dat daar so min anti-regse of AntiFa-betogers was.
Teen dié tyd het die #UniteTheRight- asook #Charlottesville-hutsmerke reeds op bo-aan die Amerikaanse Twitter se hutsmerkneigings begin registreer en is honderde linkses aangespoor om die volgende oggend die toesprake deur regse leiers te gaan ontwrig.
Teen tienuur Saterdagoggend wou die polisie nie die toesprake deur o.a. Richard Spencer van die National Policy Institute, Nathan Damigo van Identity Europa, die Sweed Daniel Friberg van Arktos, “Baked Alaska” en verskeie ander altregse figure toelaat nie, ondanks die hofbevel van die vorige dag. Die organiseerder, Jason Kessler, het sy misnoeë met dié stand van sake op ‘n direkte Periscope-uitsending te kenne gegee.
Kort hierna het die polisie egter aangekondig dat die byeenkoms summier as ‘n “onwettige byeenkoms” beskou word en is alle altregse betogers aangesê om die Robert E. Lee-park in die stadsentrum van Charlottesville te verlaat. Linkse AntiFa-betogers is egter deur die polisie toegelaat om verder te betoog, sodat die hele stadsentrum deur hulle oorgeneem is. Regse betogers is verhoed om hul voertuie uit parkeerruimtes te verwyder, sodat humeure opgevlam het en ‘n motoris probeer het om deur die linkse skare te ry.
Volgens die hospitaal is een persoon tydens dié voorval dood en negentien beseer. Ten minste een getuie beweer dat van die AntiFa-betogers die grys Ford Mustang (eintlik ‘n Dodge Challenger) met klippe bestook het alvorens die bestuurder in die skare vasgery het.
Protesters get ran over by same car they threw rocks at moments earlier. #Charlottesville #Virginia #Antifa #UniteTheRight pic.twitter.com/5cXbSTYnbP
— R€D (@DrkMtt3r) August 12, 2017
Mnr. Richard Spencer, wat op ‘n stadium hardhandig deur die polisie in hegtenis geneem is toe hy met die vergadering wou voortgaan, het hulle in ‘n twiet geblameer vir die geweld wat agterna uitgebreek het.
I’m watching images of the street violence outside the rally. Where were the police!? They failed. The demonstration itself was peaceful.
— Richard ☝🏻Spencer (@RichardBSpencer) August 12, 2017
Die hoofstroommedia in die VSA het deurlopend oor die gebeure in Charlottesville berig en sowel mnr. as mev. Trump het in twiets daarop kommentaar gelewer.
What is vital now is a swift restoration of law and order and the protection of innocent lives.#Charlottesville pic.twitter.com/DB22fgnu6L
— Donald J. Trump (@realDonaldTrump) August 12, 2017
Our country encourages freedom of speech, but let’s communicate w/o hate in our hearts. No good comes from violence. #Charlottesville
— Melania Trump (@FLOTUS) August 12, 2017
Mnr. Nathan Damigo van Identity Europa het die volgende videokommentaar op Twitter gelewer, onder die opskrif: “Tyranny in Charlottesville.”
Tyranny in Charlottsville https://t.co/vGakcwgruO
— Fashy Haircut (@NathanDamigo) August 12, 2017