Google dank ingenieur af omdat hy geslagsverskille raaksien

Nadat Google vir James Damore, skrywer van ‘n manifes waarin ‘n feitelike, wetenskaplike benadering tot die beweerde “geslagsgaping” by tegnologie verdedig word, afgedank het, het vele Google-werknemers sy mening ondersteun.

Damore se manifes van tien bladsye lank druis in teen die heersende linkse en “progressiewe” narratiewe by die maatskappy. Die voormalige Google-ingenieur staan by sy sienings en sê dat die maatskappy poog om sy reputasie skade te berokken.

Damore, wat Maandag deur die soekenjinreus afgedank is, het sy menings Woensdag in gesprek met Bloomberg TV verdedig, waartydens hy aangevoer het dat die biologie vroue verhoed om ewe goed as mans in die tegnologienywerheid te vaar en het die maatskappy vir sy “links-neigende vooroordele” gekritiseer.

Damore sê hy het reeds  ‘n maand gelede sy memorandum gedeel, maar niemand “hoër op het ooit na my toe gekom en gesê, ‘Moenie so iets doen nie,’ in weerwil daarvan dat vele mense daarna gekyk het,”het Damore aan Bloomberg gesê. “Dit was eers toe dit viraal begin versprei dat senior bestuur begin het om my te hoon en my uiteindelik af te dank.”

Hy het ‘n klag by die Nasionale Arbeidsverhoudingeraad in die VSA aanhangig gemaak waarin hy aanvoer dat Google se senior bestuur “wanvoorstellings van my maak en my hoon ten einde my griewe in die doofpot te stook”.

Damore voer aan dat biologiese verskille veroorsaak dat vroue onderverteenwoordig is in die tegnologiebedryf  en nie weens vooroordeel of diskriminasie nie. Hy benadruk verder dat “die verspreiding van voorkeure en vermoëns van mans en vroue ten dele om biologiese redes verskil en dat dié verskille mag verklaar waarom ons nie ‘n ewe verteenwoordiging van vroue in tegnologie en leierskap sien nie”.

“Daar was ‘n gesamentlike poging deur die senior bestuur om ‘n baie duidelike sein uit te stuur dat dít waarmee ek besig is skadelik en verkeerd is en nie Google verteenwoordig nie,” verduidelik Damore. “Dit sou op loopbaanselfmoord neerkom vir enige uitvoerende amptenare of direkteure om my te ondersteun.”

Ondanks Siliconvalleimaatskappye  wat hoog opgee oor “personeeldiversiteit” in ‘n bedryf wat deur blanke mans oorheers word, het die geslagsbalans nie verbeter nie. Maatskappye soos Google, Facebook en Microsoft maak gereeld “diversiteitsverslae” bekend waarin dié toestand duidelik is.

Maandag, op dieselfde dag waarop Damore deur Google afgedank is omdat hy “maatskappyreëls verbreek het”, het die maatskappy se hoofuitvoerendebeampte, Sundar Pichai, paradoksaal genoeg verklaar dat dit “nie OK” is vir werknemers om te voel dat hulle nie “veilig hul menings mag uitspreek nie (veral diegene met ‘n minderheidstandpunt)”.

In sy internetmemorandum met die opskrif “Google’s Ideological Echo Chamber – How bias clouds our thinking about diversity and inclusion”, argumenteer die ingenieur dat geslagsverskille “nie bloot sosiaal gekonstrueer word nie”.

Die skrywer sê dat dié beleid op ideologie gegrond is en nie op rasionaliteit nie en noem verskeie wetenskaplike studies waarin bevind is dat mans en vroue (as kategorieë, nie as spesifieke individue nie) vanuit verskeie maatskaplike gesigspunte ongelyk is.

Hy voer insgelyks aan dat kulturele vooroordeel alleen nie die gaping kan verklaar nie, en dit maak nie sin om na gelyke groepsverteenwoordiging in alle beroepe te streef nie. Google se beleid, wys hy inderdaad uit, is gegrond op onbewese ideologie, nie op die wetenskap nie.

In weerwil van al die praatjies oor inklusiwiteit en diversiteit, is die werklikheid dat as jy nie blank of Asies is nie, het jy slegs ‘n vyf persent kans om lid van Google se leierskapspan te word. En terwyl 31 persent van Google se werknemers vroue is, is slegs 20 persent van die maatskappy se tegniese werknemers vroulik.

As dit by rekenaar- en wiskundige beroepe kom, toon die syfers duidelik dat vroue en mans nie gelyk verteenwoordig is nie. In 1960 het vroue 27 persent van sulke betrekkings beklee, en dertig jaar later is hulle 35 persent.

In 2013 het die aantal vroue in rekenaar- en wiskundige beroepe tot 26 persent teruggesak, en duidelik nie omdat minder vroue universiteit toe gaan nie.

‘n Ondersoek deur die Amerikaanse onderwysdepartement het aangetoon dat meer vroue as mans universiteit toe gaan en grade behaal, maar mans en vroue oefen verskillende keuses uit. ‘n Onlangse studie deur die Georgetownse Universiteit het aangetoon dat 80 persent van petroleumingenieursgraduandi mans is. So ook byna 70 persent van diegene wat wiskunde rekenaarwetenskap as hoofvakke neem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Die denkepolisie is oral aan’t opduik. Wat ons nie besef nie is juis dat google en facebook (ook hulle eweknieë) eintlik die skerppunt van die denkepolisie is. (Elke soektog van dag 1 by google is geberg). So hoe dan nou anders?
    Kyk maar na die groot dryf om goed met breingolwe te beheer – dus hoe om denke te interpreteer deur na die breingolwe te kyk – hoe lank voor dit gebruik word om wat jy dink teen jou te gebruik? Die tegnologiewêreld is die malste een van die lot. (En gelukkig/ongelukkig is dit hoe ek my brood verdien – deur meer tegnologie te help skep)

  • Die vraag is hoe het die “denkepolisie” dit reggekry om feitlik nou alles-oorheersend in kerk, regering, handel en samelwing te kan presteer? Hoewel PK ‘n baie effektiewe (((instrument))) is, moet die reg(s) denkende blanke Afrikaner sorg dat daar genoeg fondasies in plek is om die volle en vrye uitlewing van Afrikanerskap in taal. kultuur, godsdiens (ja, “goddeloosheid” is ook ‘n godsdiens van bv. die aanhang van Mammon of van filosofie of van hebsug, van beredenering, van ateïsme, sekulêre humanisme of van hedonisme) en ekonomie te verskans en te laat voortleef. Hierdie ontsaglike en onontbeerlike verantwoordelike rentmeesterkskaptaak om alle Afrikaaner Volksterreine volhoubaar te laat voortleef word skynbaar deur die gemiddelde blanke Afrikaner ge-ignoreer. Die skade van ons pligsversuim raak daagliks meer sigbaar, – ook by ons spanmaat in die afwesigheid van alternatiewe, Google.

  • Skisofreen

    Die beheer van die geldstelsel is op die einde van die dag, die kern van die probleem. Diegene wat die stelsel beheer kan hulle wil op almal afdwing. Deur die vloei van geld te beheer verkry jy nie bloot indirekte beheer oor alle sake ondernemings nie, maar ook volkome beheer oor openbare mening. Dit doen jy deur mense se deelname aan die ekonomie te beheer. Dit is baie meer doeltreffend as ‘n opsigtelike polisiestaat, aangesien die meeste mense glo dat die uitsluit van mense wat nie jou waardes deel nie ‘n reg is wat privaat indiwidue regmatig kan uitoefen (ironies genoeg ‘n gedagte wat linksgesindes in die verlede teëgestaan het). Die probleem is dat as die alternatiewe deur jou geldmag afgesny word, gee jy jou ideologiese teenstander bloot slegs twee keuses, bly stil en gehoorsaam of krepeer in armoede. Dit laat jou toe om die illusie van ‘n vrye mark vir goedere en idees te skep, terwyl dit in werklikheid ‘n ystervuis versteek agter ‘n fluweel handskoen is. Daar bestaan ‘n sterk vermoede dat sentrale banke deesdae in die geheim regstreeks beheer oor openbare maatskappye verkry het. Dit beteken dat die geldmag duidelik ongeduldig raak met die pas van onregstreekse beheer en besluit het om hulle sosiale ingenieurswese ‘n hupstoot te gee.

  • sussie se vissie

    Kos dit n ‘ingenieur’ om geslagsverskille te kan uitwys?
    In hierdie huishouding is n gewone meneer.
    Van wie vloere mop of skottelgoed was geskied sonder n BSc graad(jie) in Rekenaar Ingenieurswese.
    Dink hul noem dit n gegewe.

  • John

    “Google says .. 69% percent of ..employees are .. male, .. 31% are female. .. But only 19% of Google’s technical roles are held by women, while 81% of them are held by men.”

    “59% of Google employees are white, .. 32% .. Asian, 3% .. Hispanic, and 2% are black”

    – Hierdie demografie by Google is, soos almal goed weet, omdat mans meer bereid is om die moeilike werk te doen.
    – Die oorgrote meerderheid van top presteerders op skool is manlik.

    Daar is ook `n resiproke waarheid.

    – Vrouens is BAIE minder bereid om die moeilike werk te doen.
    – Vroulike studente verteenwoordig `n baie kleiner deel van top akademiese presteerders.

    Dan is daar die gerieflike hipokrisie rondom hierdie saak – [1.] die feit dat mans nooit krediet kry vir wat hulle bereik nie, [2.] die blykbare skuld wat hulle toekom omdat vrouens nie vinger trek nie en [3.] die minderheid vroulike individue wie wel presteer wie dan voorgehou word as die jap-trap debunking van al bg. Die voor-die-hand-liggende word as absurd verklaar en enigiemand wie dit bloot wil ondersoek word verdoem.

    Neem hierdie webwerf as voorbeeld :
    http://www.msn.com

    Nooit werklik minder as 50% van die inhoud hier word gewy aan vrouens, en dan spesifiek vroulike skoonheid of vroulike victims, wat dus die bykomende voordeel het dat dit ter selfde tyd ook mans veroordeel.
    Met ander woorde, vrouens wil die hoë sporte van maatskappye binne dring maar wanneer dit kom by vinger trek dan wend hulle hul self tot hul self OF verval in `n soort voyeuristiese obsessie met ander beeldskone vroulikes.

    Ek wonder soms waar is die vrouens wie hierdie aanval op mans raaksien. Die handjie vol op Youtube wie wel mans genoeg is om op te staan vir mans het my respek.

  • Guest

    Women living in countries w/ more traditional gender roles are MORE likely to major in mathematics & statistics, not less pic.twitter.com/mLYFSR7MZn— Claire Lehmann (@clairlemon) August 10, 2017

    //platform.twitter.com/widgets.js