New York Times bekommerd oor ‘regse gevaar’ op YouTube

Paul Joseph Watson - vanaf een van sy YouTube-video's

Die linkse Amerikaanse koerant, The New York Times, het gister berig oor die “regse gevaar” wat op YouTube dreig. Volgens die koerant is “YouTube die gasheer vir net ‘n enkele oorheersende inheemse politieke gemeenskap: die YouTube-regses”. Dit volg op die aankondiging deur Paul Joseph Watson, ‘n bekende YouTuber-meningspreker, wat vandeesweek een miljoen intekenaars op dié medium bereik het.

Die New York Times beskou Paul Joseph Watson, Stefan Molyneux en Lauren Southern as die leidende figure in die “regse oorheersing” op YouTube. Stefan Molyneux het onlangs ‘n onderhoud van meer as ‘n uur lank met dr. Dan Roodt van PRAAG gevoer, maar die video is nog nie aanlyn gepubliseer nie.

Die koerant verwys ook na ‘n YouTube-videomaker genaamd Black Pigeon Speaks wat as ‘n “harde regse” gesien word en daarom verteenwoordigend van die ongewenstheid van patriotiese of konserwatiewe meningsprekers op YouTube. Daar word ook ‘n vergelyking getref tussen YouTube en geselsradio, wat in die VSA deur die regtervleuel oorheers word terwyl die linkses die hoofstroommedia, Hollywood en TV monopoliseer.

Vir die New York Times is alles wat regs is ook “verregs”, wat die einste Paul Joseph Watson laat twiet het: “‘Verregs’ = enigiemand regs van Stalin.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.