Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste ‘stort in duie’

Stakende Nehawu-werkers van die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste

Die Nasionale Gesondheidsdienslaboratoriumdienste het nie meer geld nie weens wanbetaling deur provinsies en “is besig om in duie te stort”. Só het die waarnemende hoof van die NGLD, Shabir Madhi, gister aan die media gesê. Volgens hom is die NGLD, wat al die staatshospitale en -klinieke in Suid-Afrika bedien, die grootste laboratoriumdiens in Afrika en een van die grootstes ter wêreld.

Wanbetaling deur provinsies, veral dié van Gauteng en Kwazulu-Natal, versoorsaak dat die laboratoriumdiens nie meer toerusting kan aankoop nie, asook sy gekwalifiseerde personeel soos patoloë verloor. Personeel van die NGLD het oor die afgelope vyf dae gestaak, maar sal vanoggend terugkeer werk toe waar ‘n opgehoopte werklading hulle in die gesig staar.

Na bewering skuld Gauteng en Kwazulu-Natal die laboratoriumdiens nagenoeg R4 miljard wat weens “wanbestuur” nie aan hulle betaal word nie. Net Gauteng skuld die diens R2,5 miljard. Volgens Shabir Madhi sal dit moeilik wees om die provinsies te dagvaar aangesien beide die NGLD en die provinsies staatsinstellings is. Gauteng betaal tans ongeveer R100 miljoen per maand terwyl hul maandelikse rekening R153 miljoen beloop, iets wat veroorsaak dat die skuld met vyftig miljoen rand per maand ophoop.

 

Die reuse-Baragwanath-hospitaal in Soweto, wat deur die vorige blanke regering gebou is, het gesê dat dit tydens die staking opgehou het om monsters vanaf die 53 klinieke in te neem wat dit veronderstel is om te bedien.

Die sakebestuurder van die NGLD by die hospitaal, Bongiwe Xhakaza, meen dat pasiënte tans onder die staking ly.

“Al die pasiënte wat nie opgedaag het weens die staking nie, gaan waarskynlik nou terugkeer om in te haal met hul behandelings,” sê sy.

‘n Enkele werknemer van die hospitaal het besluit om nie die staking deur die Nehawu-vakbond te steun nie omdat sy nie wou hê dat pasiënte daaronder moet ly nie.

“Stel jou voor dat jou familielid nie oor ‘n privaat mediese fonds beskik nie en hulle lê sterwend in die hospitaal,” sê sy.

Met al die nuwe toetse wat nou gaan instroom, gaan die laboratoriumdiens moeilik die agterstand uit die weg kan ruim.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    ” … versoorsaak dat die laboratoriumdiens …” – ‘veroorsaak’

  • Andre

    Ek hoop nie die spul op die meegaande foto werk in die laboratoriums nie. Hulle lyk vuiler as die wat die asblikke leegmaak.

    • sussie se vissie

      Gaan met jou verskil.
      ‘K hoop juis so.
      Sepsis n meevaller.

  • Rooikop

    So stort die liberaaldenkendes se kaartehuis stelselmatig in duie.

    • More Rooikop,
      dit is nou presies die punt. As hulle met hulle kader dan nou so wonderlik en sodanig beter is, wat de bliksem gaan nou aan. Die vorige hoof van ESKOM het miljoene rand gekry om sy stoel agter die lessenaar blink te vryf met sy dik boude, en as hy op n nuuskonferensie beland kan hy niemand in die oë kyk nie. Sit deurgaans skeef en kyk sodanig op die skerm agter hom, waar hy in elk geval niks van weet wat dit beteken en wat daar aangaan nie. dit is beslis n klomp narre wat probeer om n land te bestuur, maar verander dit net in n sirkus en die hoofnar wil hom vrek lag daaroor. Wat n flippen gespuis. Gegroet.

  • Antonie Geyser

    As hulle die sisteem wil regkry, moet hulle die ‘vet’ afsny van die kadawer van gesondheidsdienste, dws. die gesondheidsdienste se hoë poste en aanstellings, die mense wat basies net in n kantoor sit en niks doen, in elk geval was die ‘stakings’ in gesondheidsbedryf in die vorige bedeling onwettig vir n doel, om die siekes n beter kans te gee om daar lewend uit te kom

  • Kalium_Chloraat

    En dan wil hulle ‘n nasionale mediese hulpfonds instel waaraan almal MOET behoort. Hierdie regering kan nie ‘n brouery in ‘n dors gemeenskap suksesvol bestuur nie.

    • Ou Transvaal

      Skrikwekkend komies ????

  • Anton Schutte

    Nog n diens wat “ge-booi” is.

  • John

    Dis mos goeie nuus nie waar nie ? Nog so klein bietjie duim vas hou, want binnekort sal alle infrastruktuur in Suid Afrika in duie stort. Pomp die damme leeg sodat werklike droogte intree. Skop die skat ryk boere van hulle plase af sodat basiese stapel voedsel vrdwyn. Hulle het in elk geval bykans 100% swart personeel. Dan moet ons hoop nog wit doktors word of in tronke gestop of land uit verdryf sodat sterftes buite beheer raak. Kom ons hoop regering administrasie stort in duie, sodat die sg. polisie en rampokkers begin los brand op die regering wie hulle nie betaal nie. Kom ons hoop ‘n potpoerie van malaria, rot pes en vleis vretende vigs breek uit.

    Dit, en verwurg elke donner wie die situasie wil beredder. Wie weet, dalk kry ek my stinkende verkragte Suid Afrika weer terug ..

  • Owen

    The rate that things are collapsing in South Africa, SAA, Eskom, junk status etc
    I dont think whites will make 500-600 years in SA like the Portuguese did in Mozambique.

  • Afrikanus, ek vertrou jy het n antwoord gekry op jou navraag.
    Anders moet jy dalk direk vir praad admin nader om hulp.
    Ek probeer nie inmeng nie, ek probeer net help want alles bly so doodstil en niemand reageer nie.