Malema vra nie om verskoning vir anti-Indiëruitlatings

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Julius Malema, verseg om sy uitlatings oor Indiërs in Durban terug te trek of daarvoor om verskoning te vra. Tydens sy party se vierde verjaardagvieringe in dié stad het Malema gesê:

“Hier in Durban, hier in KZN, word alles wat strategies is aan Indiërs gegee… elke groot tender … hulle is dié wat alles besit. Ons sê dat hulle met ons mense moet deel. Ons wil ook sê: hou op ons mense in KZN te mishandel. Hulle mishandel ons mense erger as wat die Boere-Afrikaners ons mense mishandel het. Dit is nie anti-Indies nie, dis die waarheid, hulle moet ons mense behoorlik behandel.”

Malema het Indiërs ook van “rassisme” teenoor swartmense beskuldig. “Dit moet end kry,” het hy gesê.

Die DA het Malema se uitsprake oor Indiërs veroordeel en gevra dat hy om verskoning moet vra.

Die South African Minority Rights Equality Movement (Samrem) het ‘n klag van “haatspraak” en “aanhitsing tot geweld” teen Malema by die polisie aanhangig gemaak. Volgens Deleep Lutchman, voorsitter van Samrem, is Malema se uitlatings oor Indiërs “loutere onsin en sonder enige feite”.

“Wat hy gesê het, het die moontlikheid om rassehaat in die land aan te hits,” het Lutchman voorts gesê. “Mense neem emosionele uitlatings soos dié ernstig op, ons het dit al in die verlede gesien”.

Lutchman se uitspraak oor “die verlede” kan moontlik verwys na die Durban-onluste in Januarie 1949 toe meesal arm Indiërs deur Zoeloes doodgemaak is. Die aantal mense wat in die onluste omgekom het, het 142 beloop en 1 087 is beseer. Dit het ook tot die vernietiging van 58 winkels, 247 woonplekke en een fabriek gelei.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Mens moet seker maar probeer om ‘n mate van persoonlike vermaaklikheidswaarde in SA se multi-kulturele politiek te soek, – anders huil mens jou self daagliks half dood? Die verskil tussen die wie gemeenskappe en minderhede in SA probeer stig en die wie onmin saai raak darem metttertyd duideliker. Vraag is of die SA demokrasie volwasse genoeg is om die regte besluite voor, by of na stembusse te laat geld? Skynbaar nog (lank) nie! Daar is weer geluide oor federalisme in SA, – maar is die kulturele wil en vaardighede teenwoordig om dit ‘n spoedige sosio-ekonomiese en politieke werklikheid tot blywende vrug te maak?

    • Charles

      Dankie Johnny, Flip hulle en Mnr Groenewald, en al wat hom of haar voorgee as Afrikaner/Boere leier,sal NOU moet begin eise stel.
      Ons het leiers, en ons KAN saamstaan, ons moet net uit ons doppe begin klim en sterk wees!
      Nasionalisme en die alewige saamstaan is vreemde beginsels wat sommer oornag op lukrake wyse en op ‘n ad hoc basis hul verskyning sal maak, dit is nie iets wat alewig gedebateer hoef te word nie; maar iets wat spontaan ontstaan. So ons moet ophou met ons gesanik daaroor, dit SAL op sy tyd kom.
      Dit sal heel waarskynlik oorwaai of oorspoel van Amerika af, dit het ons al in oorvloed geleer, synde die VSA die pasaangeers in die wereld. Die liberale vrees dit met elke senuwee en minimale stukkie karakter wat hul besit.

  • Suidpunt

    “Malema het Indiërs ook van “rassisme” teenoor swartmense beskuldig.”

    Ek weet darem nie. Volgens die ou WAT (1970, bl. 478) word die woord “bolleman” soos volg aangegee (verbatim) : “(gewest.) Afstammeling van ‘n Indiër by ‘n Zoeloem_ _ d.”

    Liefde oor die kleurgrens het daardie tyd al bestaan.

  • Chroom

    Aan die anderkant, ek het op ‘n stadium in Lenasia gewerk en het daar gesien en gehoor hoe daardie Indiers met die swartes aangaan. Daardie ouens kan skel, vloek en slegsê. Ek is GEEN aanhanger van Rooikappie nie, maar miskien het hy ‘n punt beet

  • WB

    Enima For Fools