On slim te wees is ‘n ‘kulturele voorreg’

Dit was ook net ‘n kwessie van tyd voordat die kultuurmarxiste op slimmes sou toeslaan: Die nuwe voorreg na ‘n wit vel, is ‘n werkende brein.

Die Universiteit van Iowa se studentekoerant het die ontdekking aangekondig van ‘n spesiale voorreg wat intelligente mense as ‘n toevalligheid by geboorte verkry. Hierdie nuwe voorreg – genaamd “kognitiewe voorreg” – funksioneer in wese op dieselfde manier as wit voorreg.

Die Daily Iowan het vroeër vandeesweek die ontdekking van hierdie nuwe voorreg onthul.

Wit voorreg “is ‘n belangrike onderwerp wat ‘n openbare bespreking verdien,” meen die koerant wat poog om “kognitiewe voorreg” te verduidelik, maar dit is ook “verstandig om ten minste die breër konsep daarin te noem: die van voorreg self.”

Voorreg in die algemeen is “sekere voordele wat geheel en al deur geboorte-toeval ontstaan en dit is “onmiskenbaar dat die voorreg self ‘n werklikheid is,” verduidelik die studentekoerant.

Soos met velkleur en nog baie meer, voer die skrywer Dan Williams, aan, dat mense geen beheer het oor hoe slim hulle is nie. Die lewe is ‘n groot kosmiese lotery vol wenners en verloorders.

Kognitiewe voorreg is een van “baie soorte voorregte benewens wit voorreg.”

Williams verklaar ook dat robotte handarbeidersposte sal uitwis, maar op een of ander manier nie werk wat beskikbaar is vir lede van ‘n spesiale kognitiewe elite, sal beïnvloed nie.

“Dus, die ongeluk dat jy gebore is, slim genoeg is om suksesvol te wees, dit is ‘n groot voordeel wat jy absoluut geensinds verdien het nie. Gevolglik het jy niks om op trots te wees op die feit dat jy slim is nie.”

Williams glo dat Amerika beter in staat sal wees om “wit voorreg” en die “warm onderwerp van rassevoorregte” te bespreek as dit die bestaan ​​van “kognitiewe voorreg” erken.

“Die doel om iemand se voorreg uit te wys, is om hulle te herinner aan die oneindige aantal ervarings wat moontlik is en die baie groot ervarings wat werklik is waarvan hulle baie min weet.” Niemand weet hoe Willams dié kennis opgedoen het nie, maar vermoedelik is dit uit domheid.

Die konsep van “wit voorreg” is in akademiese kringe gewild gemaak deur ‘n skripsie van 1987, getiteld “White Privilege: Unpacking the Invisible Knapsack.” Die skrywer was Peggy McIntosh, ‘n onbenullige wit feminis waarvan die meeste mense nog nooit gehoor het nie, waarskynlik agv haar kognitiewe agterstand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Charles

    LMGA.
    Williams moet net na de-oksi-ribo nukleinsuur gaan kyk, dit is waar “kognitiewe voorreg” vandaan kom.
    Die libtards probeer hierdie FEIT in alle moontlikhede van woordeskatlike warboel en donse toedraai, maar feit is: DNA (wetenskap) is baas, en geen mate van kulturele marxisme en gefomfaaiery gaan dit verander nie.
    En ja, ek is doodtevrede met my superieure DNA, dankie.
    Die libtards kan dit gerus ekstrapoleer, ek as blanke sal dit baie waardeer!

    • Ou Transvaal

      KOLKSKOOT!!

    • Charles,
      weet jy wat lees ek nou so op my eie tussen die lyne. Hulle maak met hierdie stelling eintlik stilweg n bekentenis dat die blanke ras deur sy kultuur opgehef word en dat die blanke ras ‘n hoë intelligensie besit.
      Niks waarvoor hy gevra het nie maar wat die Hemelse Vader in SY alweisheid vir hom gegee het.
      Nou is dit in elk geval daardie persoon se keuse of hy die gegewe/geerfde intelligensie gaan gebruik al dan nie.

      • Chroom

        maar die Vader het ook geweet wie watter velkleur moet kry en die gepaardgaande breinselle.

        • Charles

          BAKGAT!

      • Charles

        Dankie Andy:)

  • Suidpunt

    Hemel, slimheid is eintlik net: 1) het ek ‘n goeie waarnemingsvermoë? 2) kan ek voortuitdink? kan ek vooruitskat? 3) kan ek patrone en algoritmes raaksien in die alledaagse lewe? 4) kan ek leemtes raaksien? 5) weet ek wanneer om watter woorde te gebruik? 6) het ek uit alle moontlike hoeke en oogpunte die saak ondersoek? 7) het jy uit die geskiedenis geleer wat jou voorgangers reeds bewys of verbrou het? 8) hoe goed kan jy onthou? [Telefoonnommers is vandag deesdae onnodig, maar in die goeie ou dae…] 9) kan die sosiale en werklike omgewing vir my nuwe betekenis kry? 10) ken jy die reëls, en ken jy hulle skuiwergate? 11) kan ek op “wat as?”-vrae reeds die antwoord self uitredeneer? 12) kan ek ‘n stewige grondlaag aanmaak vir die opvolgers om die werk mee voort te sit?

    Ag, daar is baie. Om etiketlose blikkies te skud om reg te raai watter kos daarin is, is seker ook ‘n kuns.

    • Charles

      Hehe, LMGA!

  • Andre

    Jou wraggies. Ek dink dit is soos ‘n oorge-erfde siektetoestand waaraan ons ly. Eintlik behoort hulle ons jammer te kry vir die feit dat ons witbevoorreg en kognitiefbevoorreg is. Die lewe is maar moeilik so tussen die massa “gesonde” denkers rondom ons.

  • Ou Transvaal

    As slaaf bo-oor jou genetiese samestelling gestempel is , sal jy altyd enige verskoning vir jou onvermoe om te presteer soek ….al moet jy dit uit teorie opmaak !!
    Hierdie kognitiewebevoorregting sink effektief die diversief -al-saam=in-een pot gedagte , nou sal die fopdossers weer ‘n nuwe leuen moet uitdink .

    • Charles

      Presies! Dankie!

  • Antonie Geyser

    die aanvalle gaan nou sterker word mbt. ‘white privilege’. Gehoor op bruinmensradio: n wit ou het daaroor n liedtjie gekryf, hy wil he almal moet daaroor praat. Hulle soek seker n manier om ons verantwoordelik te hou vir hulle ‘black nature kulcha’

  • Rooikop

    Om slimmer as die persoon langs jou te wees is ‘n misdaad teen die mensdom – dit is hoe dit in die moderne samelewing gaan – niks met wit/swart te doen nie. Selfs onder blankes. Ek het hierdie al in die 70s op laerskool ervaar. ‘n Onderwyser wat jou ‘n “akademiese wrak” noem maar die “domkrag” wat goed rugby speel en vinnig hardloop word opgehemel en ‘n klein afgodjie van gemaak.

    {Eintlik is ek nie so slim nie ek het net 3 keer harder gewerk as die rondom my en daarmee sukses behaal. Eintlik het my ouers maar net vir my omgegee en my geleer hoe om te leer en hoe om hard te werk. So wat hierdie klomp eintlik sê is dat dit ‘n misdaad word om vir jou kinders om te gee en behoorlike waardes te leer}

    • More Rooikop,
      ek stem volkome saam met jou, en veral met jou tweede paragraaf.

    • Suidpunt

      Klink vir my eerder na Nordiese Janteloven en sommer ook die Hollandse maaiveldcultuur. Hoe jammer dit moes ook hier posvat. Dit is ‘n siekte. Moet dit nie ernstig opneem nie – dit is kleinvolksindroom. (O hete, die Afrikaner was vir my nog altyd ‘n klein volk wat getal betref, maar net so ruimdenkend soos die Duitsers en Amerikaners van weleer.)

      En tog, Australiërs word voortdurend beskuldig van hul anti-intellektualisme: waarom die fokus plaas op “ons is dom, so kom ons om” – waarom nie eerder op subtiele wyse iemand se hand vasvat en boontoe lei nie?

    • Chroom

      Ouens wat ‘n miderwaardigheidskompleks het sal altyd ander wat beter doen as ‘n gevaar ervaar. Daarom is dit sogenaamd rassisties om slimmer of beter te wees. Seker maar ‘n probleem as jy jouself vergelyk met ‘n ander en weet jy kan nie by hom uitkom nie. Ons hoef net na die parlement te kyk, want as andere ‘n beter idee na vore bring word hy verskreeu en stil gemaak.

      • Rooikop

        Daar som jy dit mooi op – ‘n minderwaardigheidskompleks. Ons weet ook onkunde kan homself nie herken nie.

      • Op die spyker se kop.

    • Charles

      Hehe, siek!
      EK WIL EINTLIK NIE MEER IN HIERDIE WERELD LEEF NIE. (en dit wil die libtards graag he, so EK WEIER!)

    • Mense gaan uit hul pad om jou te verneder wanneer jy anders dink as wat die norm verwag… Begrip is soos die beertjies wat met die R2 dobbelmasjiene gewen kan word… Die Wyses vermy hulle – sonder groot gebare…

  • Kalium_Chloraat

    Daar was onlangs ‘n artikel gepubliseer wat wys dat hardwerkendheid en nuuskierigheid net so ‘n groot effek op akademiese vordering het as IK. Volgens die idiote by die Universiteit van Iowa sal hardwerkendheid en nuuskierigheid seker ook ‘n “kulturele voorreg” word.

  • Kyk, geestelike en fisiese (genetiese) minderwaardigheid sal seker maar altyd ‘n aanval loods teen die beter toegerusde “kompetisie” of dan te wel “wit voorreg”. Ek lees noudiedag iets oor die “Adamiet” (ek dink die 3rde Ryk het dit “Ariër” genoem?), – glo ‘n skepsel waarmee God (of is dit die toeval, of ewolusie, of beredeneerde keuse of blote geluk) groot planne het? Wat my kwel is dat “Adam” skynbaar dikwels sye eie rentmeesterskapvoorreg minag en laat slap lê, – of erger nog, kultureel en moreel verbaster, – en talle dinge meerderwaardig maar in ernstige versuim laat tot niet gaan!

    • Charles

      “Wat my kwel is dat “Adam” skynbaar dikwels sye eie rentmeesterskapvoorreg minag en laat slap lê, – of erger nog, kultureel en moreel verbaster, – en talle dinge meerderwaardig maar in ernstige versuim laat tot niet gaan!”
      DIT weier ek om te doen(en baie ander, en hopelik NOG meer soos wat Afrikaner nasionalisme groei)

      • Ou Transvaal

        KOLSKOOT!!!

  • Rifrug

    On slim te wees is ‘n ‘kulturele voorreg’ … dit moet seker wees ‘Om’!

  • Skisofreen

    Streng gesproke is die definisie van voorreg ‘n reg wat ander nie het nie. Ek dink die woord waarna die man soek is voordeel.

    • En die teenpool daarvan is “agtergeblewene”… In kort.