Dom boek probeer feministe kry om Trump te vermoor

Die Britse Guardian-koerant het ‘n vrot boek deur een van sy joernaliste ten hemele geprys. Die riller handel oor ‘n “sosiopaat” president in die Withuis, wat niks aan die verbeelding oorlaat nie: Om die president te vermoor, oftewel To Kill the President deur “Sam Bourne”, wat deur HarperCollins gepubliseer is, het die boekwinkels hierdie maand getref.

“Sam Bourne” is die skuilnaam van Jonathan Freedland, ‘n senior redakteur by die Guardian, soos Nic Cohen, ‘n ander Guardian-werknemer, onthul het. Die pleidooi om Donald Trump se lewe te beëindig met ‘n sluipmoord, word aangebied as ‘n “fiksie-riller”, maar nie baie oortuigend nie.

Freedland, moreel bankrot

Die weeklikse Guardian-rubriekskrywer en BBC Radio 4 se kontemporêre geskiedenisaanbieder, het in 2014 die Orwell-spesiale prys vir joernalistiek ontvang, en word deur “progressiewes” beskou as ‘n skerp propagandis. Maar Freedland se jongste poging lyk eerder na pure wanhoop.

Sy verhaal wat soos die histeries linkse Guardian-hoofopskrifte oor Trump lees, kom tot die gevolgtrekking dat verteenwoordigers van die Washington se Deep State of skaduregering, besluit het dat die enigste “veilige opsie” sal wees om hul opperbevelhebber te vermoor.

In Freedland se boek, probeer Amerikaanse amptenare om hul president te keer om ‘n kernaanval te loods teen Noord-Korea omdat die land grappe gemaak het oor sy manlikheid. Volgens Cohen is dit ‘n baie “realistiese” beskrywing van die Trump-administrasie aangesien “almal weet dat die Noord-Koreane Seoul in ‘n puinhoop sal verander,” behalwe natuurlik Trump self.

Hy stel voor dat Trump aan “langtermyn geestesongesteldheid ly wat in ‘n donker waansin verander”, volgens Cohen. En omdat “die wêreld se mees magtige man in die grys area tussen die sosiopatiese en die psigopatiese leef”, kan geen gewelddadige linkse fantasie wat Freedland optower, te vergesog wees nie.

‘n Vroulike Withuisassistent ontdek ‘n komplot om die onlangs verkose president te vermoor want, en hoewel Trump se naam nooit genoem word nie, hy het ‘n verkiesing gewen teen ‘n agterbakse vroulike Demokraat. In die eksplisiete feministiese riller, twyfel die feminis Maggie Costello of sy haar anti-feministiese baas, die president, moet red.

Freedland fokus ook op Steve Bannon, wat hy as die groter anti-feministiese “antisemiet” uitbeeld. Bannon is iemand wat “lekker in kwade wil optree” om Jode te “intimideer en te ontstel”.

Freedland se patetiese boek maak dit duidelik om te sien hoekom die genre uitgeput is. Terwyl intelligensie-agentskappe Islamitiese ekstremisme moet baasraak, glo die meerderheid van Hollywood-skrywers dat die enigste aanvaarbare skurk ‘n Russiese een is.

Ook, om kommersiële redes word belaglike storielyne versin. ‘n Arabiese monargie of die Chinese staat sal nooit as die vyand deug vir die buitelandse mark nie. Linkses wil dus eerder fokus op “rassisme” en “anti-Moslem-haatspraak” en nou ook op hul nuwe gunsteling fantasie oor hoe om Trump dood te maak.

Paranoia word aangebied as “realisme” en aangesien Freedland se storie op geweld en moord berus, word Trump en Bannon se ambisies as “diktatoriaal” aangebied. Terwyl die feministiese leser aangemoedig word om te moor, het die skrywer sy morele armoede bankrot verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Meeste van die moderne fiksie is ‘n klomp snert. Daar is weinig wat die moeite werd is om te lees. Dit is niks beter as die vroeëaand sepies nie. Daar is beter dinge om mee tyd te mors. Ongelukkig is hierdie goed net soos meeste flieks – die doel is om stories wat dalk waar kan klink aan mense wat nie van beter weet nie te verkoop.

  • Suidpunt

    Ek probeer nou wik en weeg of hierdie snert nou begin het by die Sweedse Larsson en Mankell en/of by die selfaangewese Franse intellektuele room van die Vyftigerjare. Pleks daarvan hulle skep fiksie met ‘n samelewing waar meritokrasie gekruis word met Pokémon Go – met die staatbeheerde Kunsmatige Intelligensie-superrekenaar (en geslote kringtelevisiekamerapunte) as beoordelaar. Mense hardloop die hele dag rond om goed te doen, sodat hulle meer punte kan verdien, sodat hulle meer by Walmart kan koop met die nuutverworwe krediet. ‘n Gerekenariseerde utopie. Goeie dade word egter nie meer uit liefde gedoen nie, maar uit die mens se swakpunt – hebsug en soeke na erkenning en beloning. Wat ‘n skrikwekkende idee!

  • Mattewis Kat

    Dalk moet iemand ‘n boek skryf oor ‘n dom polities-korrekte sodomiet skrywer wat voor sy huis doodgevoeter is nadat hy ‘n boek vrygestel het oor ‘n president wat vermoor word.

    • Suidpunt

      Uiters postmodern – ‘n Storie oor die skryf van ‘n storie!

      • Amper soos ‘n film oor ‘n film se maak