Trump se verbod op transgenders gewild in die weermag

Troepe dink min of niks van die trans-foefie

Woensdag het president Donald Trump op Twitter aangekondig dat transgenders nie meer toegelaat sal word om in die Amerikaanse weermag te dien nie. Hy het gesê dat hul teenwoordigheid “geweldige mediese koste en ontwrigting” in die geledere veroorsaak.

Trump se aankondiging is deur troepe verwelkom. ‘n Militêre Instituut vir Veterane en Militêre Gesinne wat 1 664 aktiewe dienspligtiges in Desember op vrywillige en vertroulike basis ondervra het, het aansienlik meer respondente aangeteken wat dink dat transgenders meer kwaad doen as wat hulle help.

Die Washington Examiner het berig dat die peiling bevind het dat 41 persent glo die transgenders het militêre gereedheid benadeel, terwyl slegs 12 persent gesê het dit het gehelp.

“Na oorlegpleging met my generaals en militêre kundiges, word personeel in kennis gestel dat die regering van die Verenigde State nie sal aanvaar of toelaat dat transgender individue in enige hoedanigheid in die Amerikaanse weermag dien nie,” het Trump gesê. “Ons weermag moet gefokus wees op beslissende en oorweldigende oorwinning en kan nie belas word met die geweldige mediese koste en ontwrigting wat transgenders in die weermag behels nie. Dankie.”

Die Departement van Verdediging het verlede Junie aangekondig dat transgender mans en vroue nie meer uit die weermag ontslaan mag word op grond van hul geslagsidentiteit nie.

Volgens ‘n RAND Corporation-studie is daar tussen 1 320 en 6 630 transgenders wat tans in alle takke van die Amerikaanse weermag dien.

Dit was nie dadelik duidelik wat van diegene wat die afgelope 13 maande uit die kas geklim het, sal word nie.

Die RAND-studie het aangedui dat lande soos die Verenigde Koninkryk, Australië, Kanada en Israel alle soldate toelaat om te dien en gesê: “In geen geval het die RAND-span bewyse gevind van die effek op operasionele doeltreffendheid, operasionele gereedheid of samehorigheid nie”, maar nagelaat om te noem hoe onpopulêr voormalige president Obama se pro-transgenderbeleid is.

Vise-president Mike Pence, was agter die onlangse stemmery om duur mediese behandeling vir transgenderdienslede te verbied, wat verlede maand in die Huis van Verteenwoordigers net-net misluk het.

Politico het berig dat konserwatiewe wetgewers daarna direk na die president gegaan het, wat verder gegaan het as wat die Republikeinse wetgewers geëis het, aangesien hul voorgestelde wetsontwerp nie ‘n verbod op alle transgenderdienslede bevat het nie.

Perssekretaris Sarah Sanders is tydens ‘n mediasessie van die Withuis uitgedaag deur ‘n vyandige hoofstroom-media oor waarom die grootkoppe van die Pentagon nie ingelig was oor die president se verbod-twiet nie.

Die Williams-instituut het in ‘n verslag van 2014 gesê dat ongeveer 15 500 transgender mans en vroue diens doen en dat ‘n bykomende 134 300 transgenders Amerikaanse veterane is. Dit dui daarop dat sowat 21,4 persent van alle openlik-transgender Amerikaners in die weermag is of in die weermag gedien het, terwyl die gemiddelde volwasse Amerikaanse dienspligkoers slegs 10,4 persent is. Transgender Amerikaners is na verwagting twee keer so geneig om by die weermag aan te sluit.

Facebook kla intussen oor woorde soos “tranny” en “cross dressers”. ‘n Facebook-verteenwoordiger het aan Infowars gesê dat “geslagsidentiteit” ‘n “beskermde kenmerk” is, alhoewel die Wet op Burgerregte van 1964, wat beskermde klasse uiteensit, nie transgenders insluit nie.

“Ons laat nie haatspraak op Facebook toe nie, wat beteken dat ons boodskappe verwyder wat mense aanval op grond van beskermde eienskappe soos ras en geslagsidentiteit,” het die Facebook-verteenwoordiger geskryf. “Kwetsende woorde, soos die woord tranny, word beskou as haatspraak tensy hulle selfverwysend gebruik word.”

Facebook beheer reeds woordgebruik, wat beteken dat hulle die openbare mening beheer met meer as 1,39 miljard gebruikers, groter as die bevolking van China.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Kalium_Chloraat

    Dink net aan die bohaai wat die sneeuvlokkies gaan maak. Hou die springmielies gereed.

    • Johann Schutte

      As ek reg onthou het die SAW op `n stadium die homoseksuele dienspligtiges probeer konsolideer in administrasie in Pretoria. Kan ook nie meer die 10 verdieping gebou se naam onthou nie.

      Hoewel die SAW administrasie meer effektief hanteer is in die tyd, moes hulle die projek glo laat vaar het omdat dit teveel van `n verleentheid geword het: 100e liefdesdriehoeke, histeriese vloermoere, geaffekteerde gebare, en gebroke harte, alles in uniform. Die alomteenwoordige blommetjies, wierook, geurige sepies en roompies en serpies, was een te veel vir die SAW.

      • Suidpunt

        In “Technicolor Dreamcoats”, soos Koos Prinsloo in “Grensverhaal” (“Die hemel help ons”) dit stel, wat ook al dit mag beteken…

      • sussie se vissie

        Net die gedagte van n bandolier gelaai met tamponne….sê genoeg.

  • Skisofreen

    Dit raak al hoe meer duidelik dat die regerings van die wêreld ‘n onverpoosde sielkundige oorlog teen hulle burgers voer. Die transgender ding is bloot ‘n voortsetting van ‘n program van sosiale ingenieurswese. Waarskynlik ‘n skepping van Tavistock. Ek dink nie Trump gaan hierdie stoomroller stuit nie, om die waarheid te sê ons kan nie eens seker wees dat hy nie een van hulle marionette is nie.

  • Chroom

    Ek sou sê dat Trump die verfynde dingetjies eerder as kanonvoer moes gebruik het. Dan is jy ook van hulle ontslae.

  • Het enkeles van die karakters raakgeloop in die SA Vloot destyds. Baie spesiaal. Op ‘n oorlogskip ter see het mens nie vreemde gedragspatrone en onstabiele emosies rondom jou nodig nie, – daar is meer as genoeg wat die aandag doelgerig professioneel verg.