‘Johannesburgse polisiestasies vol weens klopjagte op gekaapte geboue’

'n Gekaapte gebou in Johannesburg

Die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, se strategie om klopjagte op gekaapte geboue in die middestad uit te voer, lei blykbaar tot “oorvol polisiestasies” aangesien 80% van die inwoners van sulke geboue uit buitelanders bestaan. Die munisipaliteit versoek die Suid-Afrikaanse Polisie om onwettige immigrante te arresteer en uit die land te deporteer, wat veroorsaak dat polisieselle nie meer die duisende onwettiges kan huisves nie.

Gerugte dat die departement van binnelandse sake die munisipaliteit en die polisie gevra het om nie verdere onwettiges in hegtenis te neem nie, is deur die departement se direkteur-generaal, Mkuseli Apleni, ontken. In ‘n onderhoud met Radio 702 het hy vanoggend verklaar:

“Hoe kan ons onwettigheid bevorder as ons as departement sê iemand het die wet oortree, en omdat hulle die wet oortree het, dus, moenie hulle arresteer nie want daar is nie plek nie. Dit kan nie moontlik wees nie.”

Apleni het egter die burgemeester gekritiseer omdat hy “xenofobie” aanwakker. Die departement beskou migrasie as ‘n “internasionale verskynsel wat bestuur moet word”.

Suid-Afrikaanse swartes is daarvoor bekend dat hulle buitelanders aanval en in 2008 het ten minste 62 buitelanders uit ander Afrikalande in xenofobiese onluste gesterf. In 2015 het xenofobiese moorde weereens opgevlam en het ten minste twee lande, Malawi en Kenia, van hul burgers gerapatrieer uit vrees dat hulle deur plaaslike swartes aangeval sou word.

Herman Mashaba het twee dae gelede gesê dat hy die situasie geërf het waardeur geboue in die middestad deur krotbase en inwoners gekaap word en dan aan buitelanders verhuur word.

Mashaba, wat aan die DA-opposisieparty behoort, regeer tans in Johannesburg danksy steun van die Afro-kommunistiese party, die EFF wat die ANC vanuit die mag uitgesluit het. Die burgemeester van Johannesburg het gesê: Ek gaan nie die krotbase toelaat om deel hiervan te wees nie. ‘n Minimum van 80% van die mense wat in gekaapte geboue woon, is buitelandse burgers. Ek sal alles moontlik doen om huisvesting te verskaf, maar die stad van Johannesburg sal slegs huisvesting aan Suid-Afrikaners voorsien.”

Volgens Mashaba sal hy nie toelaat dat vervalle geboue gekaap word nie.

Twee weke gelede het sewe mense gesterf nadat ‘n uitgesette inwoner uit weerwraak ‘n brand in een van die geboue gestig het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    ((( Haakneus & Kie ))) het die invorderingsreg op huur van woonstelle aan pseudo-besitters of ‘krotbase’ oorgedra.
    10% inkomste uit ((( sy ))) belegging darem beter as niks.
    Die ‘besetting’ word as gerieflike verskoning voorgehou om insetkoste tov opgradering en instandhouding…sodanig te ontsnap.

  • Maus

    Krotbase was helde internasionaal toe daar na onafhanklike state onder Boere-leiding gestrewe was. Aapjasse en koningin-beeldenisse is plegtig uitgedeel. Nou dat afhanklikheid aan (((moedertjie))) herbevestig is, is krotbase weer krotbase.. veral as daar boonop ‘n geldjie te make kan word.

  • Nou sit die verre minderheid wetsgehoorsame en belastingbetaalende burgers (en die SAPD) in SA met ‘n groterwordende kriminele gemors. Die tronke word al voller (terwyl die regstelsel en howe talle steeds deur die vingers laat glip!). Die goor tendens van die GPF om kriminele net na die volgende buurt te verjaag is na mening ook teen-produktief. Kriminele hoort in die tronk, of kriminalitiet (na die voorbeeld van die korrupte regering en wettelose kerk) moet aangespreek word. Of meer tronke moet gebou word om kriminele en tonkbewaarders binne te hou.