Brief: Ander tale gaan einde van ATKV beteken

Die ATKV wil nou ander tale ook inbring by die organisasie om dit glo meer inklusief te maak. Hul gaan blykbaar nog steeds omsien na Afrikaans en glo Afrikaans sal nie benadeel word deur hierdie veranderings nie. Die vraag is waarom doen die ATKV hierdie dinge? Hul is tog ’n Afrikaanse organisasie wat die belange van die Afrikaanse taal op die hart moet dra en dit maak geen sin om ander tale ook te betrek nie. Ander tale kan seer sekerlik na hulself omsien en hul eie organisasies stig of hoe?

Waarom probeer die ATKV iets vir almal wees, want uiteindelik gaan hul niks vir niemand beteken nie. Hierdie stap gaan die einde van die ATKV wees as ’n Afrikaanse organisasie en weereens is die groot verloorder die Afrikaanse taal. Dis kommerwekkend om te sien hoe Afrikaans oral uitgewerk word en vertrap word. Iets sal gedoen moet word om Afrikaans te beskerm want ons kan nie toelaat dat ons taal so stelselmatig vernietig word nie.

—Frik Lotz

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ciska

    Daar is reeds groot deskussies op die gevreet blad en op die web. Front Nationaal het reeds ‘n boikot aksie uitgeroep, waar mense hulle geld en ondersteuning ontrek. Selfs jannie jammergat muller en daardie witmens hater van die laan het al eiertjies te lê oor die rassistiese wittes wat die atkv wil afskryf… Ek persoonlik wil niks met solly se h@l of the vvvv+ te doen hê nie, die dat almal so hard skree oor die boikot aksie. EN Frik, daar is niks wat ek of jy of wie ook al kan doen om hierdie aftakeling van ons taal te stuut nie – selfbeskikking is die antwoord, hoe gouer hoe beter!

    • More Ciska,
      die klomp wyse manne en vroue wat hierdie skuif uitgedink het en ondersteun leef in ‘n droomwêreld.
      Dit het presies net so gebeur gedurende 1994/95 met gesamentlike kamtige bestuur van ons Republiek.
      Daar neuk al die wigte en teenwigte inmekaar toe die speelveld gelyk gemaak is. Dieselfde paadjie is geloop met die skole en universiteite, en hoe lyk dit nou.
      Hierdie is niks anders as ‘n bedekte manier om Afrikaans stil-stil dood te wurg en uit te werp uit al wat bestaan en wat opgebou is deur die Afrikaner nie.
      Die anti wit, anti afrikaanse ploerte, wit of swart, is ook stadig besig om die Christelike geloof in kettings te bind.
      Ons sal uiters wakker en skerp moet wees, en deurgaans moet vashou in wat ons glo.
      Laat die res dan maar voortdroom.

      • Ou Transvaal

        Middag vriend , gepraat van Christelike geloof ; gaan kyk na die berig in die nuwe Kerkbode, van Nelis Jansen v Rensburg oor die ooreenkomste wat suutjies by die onlangse Wittenberg beraad van Gerformeerde Kerke waar daar ‘n ooreenkomste met onderandere die Katolieke Kerk bereik is wat verskille by gelê het op die pad na die wêreldkerk soos die Dominee dit self noem ….effektief die doodsug van protestantisme..

        • Middag Transvaal,
          ek het hom, hy lê hier voor my. Ek moet jou sê toe ek ‘n paar jaar gelede al bewus geword het van hierdie onderstrominge het ek regop gesit. Die name met gesigte van mense getoon, het my verstom en ek was diep besorg oor toedrag van sake.
          Die pragtige beeld van die saggeaarde, mensdienende, beeld van die pous is ‘n slang in die gras. Nou dink ek het ek teveel gesê.
          Gegroet.

    • Suidpunt

      “rassistiese wittes wat die atkv wil afskryf.”

      Is dit so? Wel, ek sou eerder sê dit is besuiniging, Ciska. Soos ek (én jy!) geskryf het by http://praag.co.za/?p=44075, kan ons inderdaad ons geld beter aanwend. Is dit dan ‘n misdaad, of vryheid van keuse? 😉 Stel dit so: gister het ek teen R120 die eerste stel 6 WAT’s uit 1970 gekoop – dit sou my andersins R3 600 uit die sak jaag as ek daardie woordeboeke uit Stellenbosch moes bestel.

  • In die ou weermag weermag was daar ‘n gesegde, Gee jou pinkie dan word jou hand gegryp, arm afgeruk en word jy met die bloedkand deur jou bek geslaan. Dit is wat gaan gebeur, dit is duidelik dat die ATKV nou op die pad na ‘n Afrikaner haat organisasie toe op pad is. Ou Maxhol du Preez het ook nou vir die eerste keer in sy bestaan ‘n betaalde lid geword, en ken ons nie almal sy hart nie, as ‘n kultuur organisasie moes hulle hom mos die pad hel toe gewys het, nie ‘n lid gemaak het nie.

  • Vicky

    As ek niks anders met hierdie volk regkry nie sal ek ten minste gerus wees dat ek maande lank oor die Afr elite gewaarsku het. En hulle valse opp soos Soliforum ens.

  • leonlemmer

    Vir die ATKV, Afrikaanse Taalraad en Afrikaanse taalkundiges met ‘n soortgelyke mening gaan dit om inklusiwiteit en meertaligheid terwyl Afrikaners en Afrikaans meer as ooit ondubbelsinnige steun nodig het. Die jongste ATKV-vergryp het nie met Deidre le Hanie begin nie. Dit is ‘n voortsetting van die glyposisie wat deur Japie Gouws geskep is, soortgelyk aan wat aan die Universiteit Stellenbosch gebeur. Mense soos Max du Preez, Christo van der Rheede en Danny Titus het Le Hanie se aankondiging verwelkom, wat oorgenoeg rede is om te besef dat hier nie in belang van Afrikaners of Afrikaans gehandel word nie. In ‘n onderhoud kort na haar aanstelling was dit reeds vir my duidelik dat Le Hanie, soos Japie Gouws, nie oor die kulturele geletterdheid beskik om met onderskeiding die uitvoerende hoof van ‘n Afrikaanse of Afrikaner-organisasie te wees nie. Christo van der Rheede het reeds in 2005 gepleit dat die “deure wyer oopgemaak moet word” (Pieter Kapp, p 120) en het sy eie kinders in Engels laat skoolgaan. Dit sou verwelkom word as Van der Rheede in belang van Afrikaans liewer oor Afrikaans swyg. Dat Leopold Scholtz vir Van der Rheede aanprys, moet gewyt word aan die feit dat Scholtz te veel moet skryf om sy pensioen in euro’s aan te vul. Daar is vir Scholtz nie genoeg tyd vir lees en besinning nie. Danny Titus, wat as Afrikaanssprekende van Worcester in die Boland kom, het daarop geroem dat hy sy skryfwerk tydens sy studie in Nederland nie in Afrikaans of Nederlands gedoen het nie, maar in Engels. Titus het sy kinders in Engelse skole geplaas, soos wat Max du Preez ook met sy laatlam doen. Soos die ANC redeneer Titus suiwer kwantitatief: Die meeste Afrikaanssprekendes is bruin, daarom is hulle die lotsbeskikkers van Afrikaans. Kwalitatiewe oorwegings word nie in ag geneem nie, bv die verskil in die gehalte van Afrikaans by blankes en bruines en die groot verskil tussen wat blankes gedoen het om Afrikaans te ontwikkel en erken te kry en die bitter min wat bruines bygedra het. Waar is die bruin stem teen die verengelsing van die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit Stellenbosch, of enige ander eens Afrikaanse universiteit? Dislojaliteit teenoor Afrikaans is myns insiens kenmerkend van veral ontwikkelde bruin mense. Du Preez, Van der Rheede, Titus en ook Michael le Cordeur, mense wat hulle te graag oor Afrikaans uitlaat, is valse profete van Afrikaans.

  • Ou Transvaal

    Is die ATKV nie al baie jare irrelevant in hul handjies -vat oortuiginge nie ??
    Die enigste plek wat ek van weet waar die ATKV nog kopuitsteek is met hul vakansie oorde wat destyds deur behoudende Volksgenote befonds was ..

  • Suidpunt

    Ag, ja. Wat ‘n jammerte. Na dekades niks op hul boeke wat hulle vir Afrikaans beteken het nie. Hul tydskrifte was aan die begin nogal nuttig. Ongelukkig het die Afrikaner ook verander – niemand wil eers meer hul smeulende braaikole deel nie (wat in elk geval later sal moet opvee word), so ‘n klomp tros huisietjies, karavaanparke en rondawels is ‘n klug. Die minister van toerisme het juis vandag gekla oor die dalende plaaslike toerisme, maar kom ons wees billik: waarom sal mense buitelandse pryse moet betaal vir dienste wat in die verlede beter was? Nou moet ek ‘n paar Franse vriende maak wat oor hul voete sal val om my te wil onthaal. Ek wonder net waar… Réunion? Frans-Polinesië, Frans-Guyana (nee, asseblief nie!), Quebec, (Afrikaland skrap ek van my lysie)…

  • Vixie

    Ja nê! Skaars gooi die ATKV hul hekke oop vir enige addergebroedsel om ingeseil te kom, toe is daar ‘n aanval by hul ATKV Buffelspoort-Oord. Kry vir julle!!! Meng jou met die semels …