SAUK-omroepster koop R10 000-handsakke maar ‘hou nie van geld uitgee’

‘n SAUK-omroepster en platejoggie, Lerato Kganyago, het op Twitter gespog dat sy ‘n halfmiljoen rand betaal is om op sosiale media met ‘n sekere drankhandelsmerk gesien te word. Met haar geld het sy onder andere handsakke gekoop wat R10 000 elk kos en ‘n deposito op meubels betaal. Maar op Instagram het sy bogaande foto van ‘n huilende apie geplaas en gesê dis hoe sy voel as sy moet geld uitgee.

Volgens Lerato Kganyago is sy “straatwys” en dink aan “onkonvensionele” maniere om geld te maak.

Op haar Twitter-profiel beskryf sy haar as “God se gunsteling” (God’s fave).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.