Franse intellektuele beskuldig regering dat hulle haatmisdaad toesmeer

‘n Groep beroemde Franse intellektuele het die Franse owerhede daarvan beskuldig dat hulle die brutale moord deur ‘n swarte op ‘n Paryse vrou toesmeer. Die ope brief bevraagteken die aanklaer se weglating van haatmisdaad in ‘n voorlopige aanklag teen die verdagte.

Die misdaad, besonder barbaars, wat in die middel van die Franse presidensiële veldtog plaasgevind het, het min aandag in die media gekry.

Kobili Traore, ‘n 27-jarige swart Moslem uit Mali, het die bejaarde Sarah Halimi op 4 April doodgemartel. Nadat Traore sy slagoffer herhaaldelik geslaan en aangerand het, het hy haar uit haar derde verdieping woonstel gegooi.

‘n Lid van die Europese Parlement en 17 prominente Franse intellektuele het teen dié weglating in die konsep-aanklag beswaar gemaak. Frederique Ries, ‘n wetgewer van België, het gesê die Franse owerhede het die erns van die misdaad geïgnoreer.

“Die Franse owerhede het haar moord met ysige stilte beantwoord,” het Ries gesê. Traore, wat nie ‘n geskiedenis van geestesongesteldheid gehad het nie, is by ‘n psigiatriese instelling geplaas en is nie aangekla van ‘n haatmisdaad nie, ondanks bewyse wat daarop dui dat hy Halimi weens godsdienstige redes doodgemartel het.

“Geen nasionale mobilisering vir Sarah se moord nie, want die media het kwasi-onverskillig gebly.” Die groep het ‘n opname van die voorval wat deur ‘n ander buurman gemaak is, aangehaal. Daarin kan Traore gehoor word waar hy “Allahu Akbar” skree. Sommige waarnemers glo dat die owerhede Halimi se moord toegesmeer het om te verhoed dat dit Marine Le Pen se presidensiële veldtog help.

Alain Finkielkraut, Michel Onfray, Jacques Julliard, Elisabeth Badinter, Marcel Gauchet en ander persoonlikhede het gevra vir meer deursigtigheid oor die dood van Halimi.

Halimi, ‘n ma van drie en ‘n afgetredene, is in haar eie huis gemartel. Die slagoffer het sowat dertig jaar lank in die Belleville-distrik in staatsbehuising gewoon. Daardie nag, het haar buurman Traore, die oggend om vieruur by haar huis ingebreek, haar aangerand en geslaan.

Volgens die Tribune Juive, het hy Sarah “Satan” genoem en kalm gebid ná haar moord. “Alles oor hierdie misdaad dui daarop dat daar ‘n voortdurende ontkenning van die werklikheid is” deur owerhede, het die intellektuele gesê.

Traore, ‘n dwelmhandelaar en ‘n dwelmverslaafde, het bure met die verskriklike gille van sy slagoffer wakker gemaak. Een het getuig dat die moord “dierlik” was. Ander het gesê hulle het gehoor dat Kobili “Allahu akbar”, “bly stil” en “sheitan!” (Satan) geskree het.

Die Halimi-gesin sê die moord was ‘n terroriste-daad met marteling en haat as verswarende omstandighede.

Terwyl die openbare debat in Frankryk woed, het die Britse Indiese skrywer, Sir Salman Rushdie, in ‘n onderhoud met die Franse tydskrif L’Obs Europese leiers geblameer omdat hulle weier om die werklikheid van die oorsprong van jihadisme te sien:

“Ek het ‘n fundamentele meningsverskil met hierdie linkse mense wat alles doen om fundamentalisme van Islam te dissosieer. Islam is vir vyftig jaar besig. Aan die Sjiïtiese kant was daar Imam Khomeini en sy Islamitiese revolusie. In die Sunni-wêreld was daar Saoedi-Arabië, wat sy enorme hulpbronne gebruik om die verspreiding van hierdie fanatisme van Wahhabism te finansier. Maar hierdie historiese evolusie het plaasgevind binne Islam en nie buite nie. Wanneer die Islamitiese staat aanval, doen hulle dit deur Allahu Akbar te sê. So, hoe kan ons dan sê dat dit niks met Islam te doen het nie? Dit moet gestop word.”

‘n Islamitiese doodsvonnis is oor Rushdie uitgespreek vir beweerde godslastering in sy 1988 blitsverkoper roman The Satanic Verses.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.