Rassisme maak swart vroue glo vet

Al ooit gewonder hoekom sommige swart vroue swaarder is as hul wit eweknieë? Wel, nuwe navorsing suggereer dat dit is omdat hulle meer dikwels rassisme ervaar.

Die studie wat in die hoogs gerespekteerde Amerikaanse Journal of Epidemiology gepubliseer is, toon dat swart vroue wat gereeld rassisme ervaar, troos in kos vind.

Die studie, wat tussen 1997 en 2009 deur die Slone Epidemiology Center by die Boston Universiteit in die VSA gedoen is, het 59 000 swart-Amerikaanse vroue ondervra.

Tydens die opname is deelnemers gevra oor die frekwensie van alledaagse ervarings van rassisme, soos om slegter diens in restaurante en winkels te ontvang, en of hulle onbillik behandel is weens hul ras by die werk, om behuising, of deur die polisie.

Ondersoekers het bevind dat vroue wat konsekwent meer ervarings van rassisme oor die 12-jarige tydperk gerapporteer het, te veel vetvoedsel geëet het en 69 persent meer geneig was om vetsugtig te word.

Die Black Women’s Health Study het inligting oor lewenstylfaktore, ervarings van rassisme, lengte en gewig en ander faktore ingesamel deur middel van vraelyste wat hulle twee keer per jaar versprei het.

Navorsers het bevind dat ervarings van rassisme bygedra het tot vetsug want beide dier- en mensstudies toon dat chroniese blootstelling aan spanning tot versteurde hormonale funksies kan lei.

Dit op sy beurt kan weer die ophoping van oortollige liggaamsvet beïnvloed. Sowat 42 persent van Suid-Afrikaanse vroue is vetsugtig, volgens ‘n onlangse studie deur die Universiteit van Washington.
 
Dit is die hoogste vetsugkoers in Afrika suid van die Sahara en is gekoppel aan lewensstylverwante siektes, soos diabetes en hartsiektes.

Coyne Healthcare se Vanessa Ascencao, sê volgens die studie word sowat 14 persent van mans en byna 9 persent van kinders in Suid-Afrika ook oorgewig beskou.

“Ek dink die groot ding is natuurlik ons leefstyl. Baie mense wat werk en dit is baie van ons. Ons word vroeg wakker, kom laat huis toe, ons sit nie as ‘n gesin wat gesonde maaltye nuttig wat ons gemaak het nie. Ons bestel die hele dag kitskos en baie mense verlaat die huis sonder ontbyt. Ook die kwaliteit van ons kos is uiters swak,” het Asencao gesê.

Daar is geen twyfel daaroor dat Suid-Afrikaners een van die vetste lande in die wêreld is nie.

Nie net het ons die derde hoogste voorkoms van hartsiektes in die wêreld nie – eintlik elke 10 minute, kry ‘n Suid-Afrikaner ‘n hartaanval en ‘n noodlottige hartaanval vind elke 45 minute plaas.
 
Andrew Heilbrunn, van die Sentrum vir Diabetes en Endokrinologie se Biokinetiese Sentrum in Johannesburg, sê onaktiwiteit en lae fisieke fiksheid dra wesenlik by tot die verhoging van die aantal hartsiektes en beroerte.

Dit is veral belangrik met inagneming van die diabetes- en vetsug-epidemies wat ons land oorspoel. In Suid-Afrika beteken dit 4 uit 10 mans en 7 uit 10 vroue is oorgewig of vetsugtig sê hy.

Dit is ‘n belangrike risikofaktor vir die ontwikkeling van tipe 2-diabetes, ‘n grootliks asimptomatiese toestand met potensiële verwoestende kardiovaskulêre uitkomste as dit ongediagnoseer of onbehandeld is.

Syfers wat vroeër vanjaar deur StatsSA vrygestel is, berig dat diabetes die grootste doodsoorsaak van Suid-Afrikaanse vroue in 2015 geword het, en die tweede grootste algeheel, van vyfde twee jaar gelede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.