Brief: Ons volkstaat se naam is Suid-Afrika

Daar is drie henne op die werf. Twee lê al eiers. Daar is geen haan, dus lê hul onbevrugte eiers.

Een is broeis. Ek kry haar weer vanoggend op die plek waar hulle eiers lê en ek verwilder haar waar sy op daardie enkele eier gaan lê tot hy vrot is: Want dis ‘n onbevrugte eier. En al is daar tien eiers wat sy wil uitbroei, dit gaan nie help nie. Want dis onbevrugte eiers.

So is dit met ons volk.

Verskoon maar die terme waarvolgens ek leierskap bespreek en dat ek aanvoer leierskap het ‘n bevrugtende taak. Maar dis nou maar eenmaal so: ‘n Leier of leierskap het ‘n bevrugtende taak wat die volk betref. Is daar nie ‘n leier en leierskap nie, sit die Afrikanervolk sonder bevrugte politiek. Klaar. Oor. Uit. Aanskou die les van meer as twintig vermorste jare.

Daar is die oulikste eiers gelê en die volk en sy hoofsaaklik alternatiewe nuusmedia het al wat ideologie en dwaling en godsdienstige rigting is verken. Of die volk nie sy aard, sy godsdiens, sy politieke toegeneenthede, ken nie maar tog het die volk die moeite gedoen en al die uiteenlopende filosofieë besnuif en befrons om te kyk waar hy die waarheid dalk misgelees of misgehoor het.

Ja, die volk het ‘n mooi klompie eiers in die nes onder hom gekry. En gebroei. En sommer later vir hom broeimasjiene gekry om te help om die eiers uit te broei. Maar niks broei uit nie, genugtig.

Een van die broeimasjiene is vir ‘n volkstaat. Wat hulle nou nog soek. Gaan lees die twak wat sekere webwerwe verkoop, hulle soek nog ‘n volkstaat en al daardie eienaardige vorme van “selfbeskikking”: Ons het ons volkstaat en sy naam is Suid-Afrika.

Hulle wil volkstate omlyn en kaarte trek. So al of hulle Vasco da Gama en Bartlomias Dias is wat nog ‘n seeweg na Indië soek. Of kaptein James Cook wat met ‘n paar skepe — ja, ook kaarttekenaars en navigators het hulle genoeg — presies wil gaan uitvind waar Van Diemensland is en as Van Diemensland daar is, gaan kyk of die vestiging van nog ‘n Britse kolonie moontlik is.

Die Afrikanervolk weet waar is sy land, hy sal net weer en klaarblyklik ná harde en dadelike stryd harde grense moet trek.

Maar sonder die bevrugtende en bevestigende rol van ‘n leier en leierskap sal die Afrikanervolk nie gedoen kry wat hy moet nie.

— Hansard de Wet

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • John

    Godsdiens en politiek. Tssssja !

    • jas stegmann

      Al is jy ook goddeloos, is dit godsdiens en politiek.

    • sussie se vissie

      Gaan hand-aan-hand soos n NG ds met Siena.
      Veral as mev ds op ‘holiday’ is.

      • jas stegmann

        Só betrap ‘n mens ook goddeloses dat hulle bid.

  • sussie se vissie

    Darsô prat jy die dêng sos hy es!
    Ballerina-passies rondom kultuurmeestertjies en ander opgetooide foefies ‘is ASK-ing’ to much’.
    Jou henne/hoender-verwysing gee ons huidige leierlose opset nog beter gestalte en inslag as ons die idioom van ’rondploeter soos n spul afkop hoenders’ – by jou argument sleep.

    • jas stegmann

      Ek sit hier op ‘n gedagte dat die volk gebruik al die Volksraad-kiesafdelings, dit is daardie kiesafdelings soos in die tyd voor FW onkeerbaar oor die afgrond is. Daardie kiesafdelings wys, uiteraard op verantwoordelike en openbare wyse ‘n afgevaardigde aan (die geleentheid kan as volksvergaderings in die kleine en op dieselfde dag oral in die land dien), en dan word daardie afgevaardigdes na ‘n nasionale volksvergadering (sê maar op Paardekraal), gestuur. Daar wys hierdie afgevaardigdes ‘n president aan.Hy is dan nie die volksleier. Sodoende word die Afrikanervolk se leierskap-impasse beëindig, ‘n ding wat ons Afrikaner-politiek erger as onbevrugte eiers in die wiele ry.

      • sussie se vissie

        Dki Jas.
        Vir eenkeer darem iets tasbaars wat jy in die vooruitsig stel.
        Ander sleepvoetige ‘kinders vd rynbou nysin’ – meen ek begin kennis neem ons moet nou indringender as ooit…onder die khaakspul uit.

      • Naand Jas,
        hierdie is nou iets wat die MANNE behoort te vat en te besluit is dit ‘n rigting om in te beplan en oor te gaan tot aksie? of is dit maar net weer n doodgebore mooi gedagte.
        Ek vra, want wie neem kennis hier en wie gaan begin reëlings tref. Beslis nie FW nie

        • jas stegmann

          Naand Andy,
          Kom ons kyk. Dalk dink die manne die slag is ek oorspronklik genoeg. FW? Die manne sal ‘n oorval kry. Ek ook!

          • sussie se vissie

            ‘Manne’?
            Nog voor ek visioene van n Paardekraal saamtrek kon koester…steek die patriargale ( indien nie n chauvinistiese houding nie ) – reeds kop uit!?
            As platpeethter dink ek sedert ’92 het jul genoeg bollie aangeja.

          • jas stegmann

            Nee, julle is daar, Sussie! Julle gaan nog die tentpenne deur die Amalekiete se skedels dryf, ek weet. Julle was daar toe ons voorgeslag kaalvoet oor die Drakensberg is, ja, dikwels op die voorpunt wanneer die manne huiwer. Agter elke suksesvolle volksman was daar ‘n bedonnerde skoonma, lui die gesegde mos en weer eens: Welkom in ons geledere!

      • Ou Transvaal

        Sal dit nie verfrissend wees as die Volk vir ‘n verandering hul leiers self kies en nie soos die gewoonte maar tevrede moet wees met dit wie voorgestoot word deur skaduinstellings . Die potensieele leiers word telkens bemark om ander se verskuilde agenda uit tevoer .
        So lank instansies soos Kerke die botoon bly voer sal verdeling altyd ‘n faktor bly , en ek besef dat ons mense nie van hiedie opmerking gaan hou nie maar as ons net een maal eerlik met onsself gaan wees ,sal die uitslag ons verstom.

        • jas stegmann

          ‘n Moeilike een. Die gedagte met die kiesafdelings wat hul afgevaardigdes op elk ‘n afsonderlike volksvergadering aanwys, is bedoel om hierdie beswaar te ondervang. Hoewel, dit sal ek toegee, “belangegroepe” (noem maar die hele versameling Afrikanerbelangegroepe van die AB tot Afrikanus se generasies X, Y en Z en ook kerke-denominasies op), sal inspring om hul keuse as afgevaardigdes na die groot volksvergadering, ek het veronderstel op Paardekraal (waar hulle die president moet aanwys), verkies te kry.
          Dié soort situasie is net nooit ideaal nie. Dink maar aan die stryd tussen Paul Kruger en Piet Joubert in die ou Zuid-Afrikaanse Republiek. En die rol van ‘n Jan Viljoen en ‘n Stephanus Schoeman in daardie geskiedenis.

          • jas stegmann

            Die ligpunt in die benadering tov die ou Suid-Afrika se Volksraad-kiesafdelings, dat elke kiesafdeling ‘n afgevaardigde aanwys vir die kies van ‘n president, is dat ons daardie vieslike dooiepunt waarmee die Afrikanervolk se vyande hom gelaat het wat die verkies van ‘n leier en leierskap betref, opgelos word. Die Afrikanervolk sal daardie dodelikheid wat FW en sy trawante se doen en late ons met die nie-nakoming van De Klerk se ondernemings dat hy sy grondwetlike wysigings by die volk sal toets voor dit geïmplementeer word oplos. Die volk sal die draad van sy politieke lewe weer kan optel, waar ‘n volkslid ook al woon, van Kaap Agulhas tot teenaan die Limpopo.

  • expatNederland

    Ons het ‘n soort Oom Paul Kruger nodig wat ‘n bred basis Afrikaners aanspeek. Byvoorbeeld Afrikaner teokrate en ateïste verenigd in één doel: volksvryheid.

    • John

      Onmoontlik. 20% van die AfrikanerDOM is godsdiens verknog. Dus is die ander 80% nie deel van hul volk nie.

      • Ou Transvaal

        Definieer godsdiens , is dit Kerk , dogma of Skrifnavolging ?

        • John

          RE : “Ons dring aan op godsdiens op skool”

          • Ou Transvaal

            Dan is jou definisie beskrywend van DOGMA , juis dit wat die Volk nou stilswyend verwerp omdat die kompromiebeleid van dogma Volk opoffer vir inkomste en getalle .
            Teenoor dit as oposisie is die soeke na Skrifwaarheid waarna ons mense nou op hul eie aangewese is met hoopvolle resultate …net soos tydens die Groot trek.

          • John

            Godsdiens = Dogma
            Die idee van volk saamgevleg met godsdiens is ook `n ketterse affêre.
            “Die Kerk” is gebou op een na die ander mens-gemaakte sakrament, edikt en leer. Bitter min van dit kan op enige sinvolle wyse teruggekoppel word na die Christus en die Christus se stipulasies.

            Waar, in watter evangelie, stel die Seun van God dit dat `n prediker `n gegradueerde leeraar moet wees ? Waar word die konsep van die pastorie of huwelik voorgestel ? Watter gelykenis vertel vir ons dat kerk en staat een moet wees en waar verdoem die Almagtige ons indien ons dit sou waag om minderkargies nie meer op akademise staat skole te indoktrineer – met godsdiens –
            nie ?
            Daar’s henemal te veel godsdienstiges. Wens ek kan `n gelowige mens ontmoet onder die Afrikaners.

      • sussie se vissie

        Taal & godsdiens begin aan die agterspeen suig.
        Suidpunt se plasing ( re taal en gevolglike insette ) – ter illustrasie.
        Flapkoppe in jou woonhuis vra nie jou taalvoorkeur of wyse van aanbidding nie.
        Daai wit velletjie ( en jou dogter in die slaapkamer ) – is wat tel.

  • Ou Transvaal

    Sonder identiteit en Volkskap kan ons maar los en ons moet nie nasie met Volk verwar nie.
    Om te identifiseer en Volk te wees moet daar ‘n geskiedenis wees , verkieslik ‘n geskiedenis ouer as 100 jaar , se met erkening van grondeienaarskap soos die Sandrivierkonvensie en DIT is waar die rondslomp met Afrikaner met die van Boer vervang moet word ……hoekom is julle so bang om te behoort ????

    • John

      .. want, sodra ‘n byderwetse individu sonder godsdiens wil behoort dan word hy verdryf.

      • sussie se vissie

        Kriteria veel hoër as dit Johnny-boy.
        Naelstring tot in Israel…en n af voorvelletjie soos n Jood n absolute vereiste.
        Dan weer: –
        Wat maak jou nogals ‘byderwets’?

        • John

          Ek ry `n kar met `n pluggin koord, eet geen vleis nie, mediteer aanhoudend oor hoolisme en my besondere rol daar binne init en groei `n ponie stert agter op my meestal bles kop. Die kroon op my kolleksie is egter Sibongile – my aangenome swart wesie wat slegs Ingels praat.

  • Cousin Vinnie

    Ek kan sien hoe ons blankes wat hier agterbly opeindig soos die YAZIDI’S van die Midde Ooste tussen n oormag donkereres alleen en op ons eie terwyl ons steeds gejag sal word! Een derde van ons mense sit reeds in plakkerskampe!

    • John

      Is jy bekend met ‘n ou dokumenter by name ‘Afrique Adieu’ ?

      • Cousin Vinnie

        Hi John, ek ken die naam maar dit nooit gesien nie, maar kan my indink! Moord en doodslag op blankes amper iets soos ons nou beleef maar alles en vinnig op een slag!

        • John

          “Goodbye Africa” of soos die Italianer wie die docco gemaak het dit genoem het “Africa Addio” handel oor die einde van kolonialisme na afloop van die revolusies. https://www.youtube.com/watch?v=NHnF85dww3M

          Soos gewoonlik het die vervaardiger weer nie `n benul van wat werklik die geval was in Suid Afrika (of Afrika) nie maar tog het hy niks gesensor nie. Indien jy die ongesensorde weergawe nog iewers kan opspoor voordat Google dit ook dood spuit sal jy sien wat die expats gesien het wie destyds vanuit die noorde na Suid Afrika toe verhuis – en eintlik maar – gevlug het. Barbarisme nie net teenoor ander mense nie maar selfs teenoor diere.
          En my punt is dat weer kom.

  • Antonie Geyser

    vraag: wat is affirmative action? antw: ‘affirmative action is die naam van die bus wat tans oppad is na n totalistiese allesbeherende absolute Mag, wat alles gaan beheer vanaf die wieg na die graf en ons gaan daarvoor moet betaal- NWO

    • Antonie Geyser

      …totalitêre

  • Karel Combrinck

    Skitterende illustrasie Praag!

  • sussie se vissie

    In jou verwysing na ‘n gees van materialisme’ – steek groot waarheid.
    Die nuutste 4×4, grootste swembad, TV, byderwetste gym of motorboot/karavaan – pronk pappie meer gewillig op fotos ( verkieslik in glanstydskrifte ) anders as met sy kroos.
    Die Joost/Vittone sage/’mindset’ – ter illustrasie.
    Bykans of diésulks ( nes die ANC vergrypers ) hul hier en NOU wil uitwoed….asof die dag van môre nie bestaan nie.
    Kos dan eerder in gevaar staan om bg afgodjies aan die hand van swartes ( of neuronsiekte ? ) te verloor, alvorens die denke tot dieper dinge en introspeksie weer kan vlamvat.
    Intussen ry ons maar die brander van hedonisme uit….’whilst the going is good’.

    • John

      Kan jy dit voel ? .. die gesiggies met oop monde wie jou aangluur. Realisme en folklore saam is soos Coke en rooiwyn, dit veroorsaak net ongemaklike stilte en hoogstens ‘n frons. So, stilte asb. alle oogte op Vereniging.

      • sussie se vissie

        Laat hul gluur.
        My wederhelf my goed geleer katembas drink.
        Oud Rhodesiërs en Portugese Mosambiekse krygers het meer as net ‘trinchado’ gedeel.
        Partykeer ‘koppe’ ook…..

        • John

          Daardie einste krygers – met hulle camo berets – moes destyds met die aanbreek van die TRC gaan wegkruip op Benoni se plotte, danksy hul SA kolegas wie toe net hule eie gatte kon red. Die skitterende hoër op voëlkak het deals gemaak reeds tydens Roelf se tee partytjies op kidessa. Dus moes die mulatos se lokale bloedlinge hulle maar wegsteek vir `n bloeddorstige A.N.C.

          As halfte van die N.G. Kerk volk halfte van die expat Grieke en Groente gesies se ervarings verder noord kon gehad het sou hulle waarskynlik globale uitblinkers gewees het. Die gemeeskaplike brein sou loopbaan polliekuste soos dronkgat Pik kon keer voor hy Ian Smith oor `n VN tafel kon buig.
          Maar wag, ek kerm nou soos `n bitter nostalgiese gay ou op Prozac.

  • jas stegmann

    Hier teen die einde van jou relaas tel jy mooi kop op, Afrikanus. Ek glo as jy nog so drie, vier paragrawe verder sou gevorder het was jy binne Suid-Afrika as die logiese einde vir ‘n volkstaat. Ek sien uit na jou volgende skrywe, die een uiteraard so paar paragrawe langer.

  • Ek self erken dat selfs sittende op die ASK is daar baie wensdenkery en onopgewassenehede onder ons mense. Of ons hardloop ons krom beentjies en lam knietjies stomp om met nuwe info weer by ons gestagneerde groepie-denke te gaan skaar, en dit dan ondoeltreffend met ou-wyn werkwyses wat ons juis mislei het, te probeer her-implimenteer. Dit is ‘n uitdaaging om vanuit Praag se webwerf of vanuit die kerkbanke of die Losie se rangordes tot tasbare oplossings te kom. Maar FW en die Broeders het blykbaar ‘n “plan” gehad? Nou, indien die “Plan” so goed was, waarom gaan dit so sleg met ons mense. Daar is uitdaagings van realiteit, soos dat van die vennote en vennootskappe besig is om uit te sterf, te vertoebel of korrup te raak. Nuwe alliansies word gestig ter wille van meer geeld en meer beloftes van status in die Nuwe Babilon. Daarbenewens is die nuwe generasie ligjare verwyder van die denke van die vasklou-Broederbendes uit die WWII en Baby Boomer eras! Nee wat. ek stem saam, “leierskap” met perspektief, Godsinsigte en wysheid in toepaslike visie, bestaan nie tans onder die blanke (Boere) Afrikanervolk nie. Ons gaan moet plan-sien en maniere vind om te midde van die gemors, “showmanship”, buikspraak, towerfluitspel, kulkuns en gelieg, sosio-ekonomies te oorleef.

    • sussie se vissie

      Dit ‘gaan so sleg met ons mense’ – want mômmie en dêrra steek al te graag vir Kosie en Katrina n geldjie innie hand om Snotkop & Kie te loop kyk.
      Sommer in dêrra se four by four.
      Die vakuum wat tanende denker- en sg rigtingwysers sedert ’92 hul in hul plig versaak het…te blameer.
      n Kinderkrans-dans en Voortrekker-Voortrekker speel op die maat van Sarie Marais…is verspeelde lente.
      ‘ASK’ any white juvenile.

      • Jip, Vissie, ek het dit in Richardsbaai ook beleef hier in 2000. “Big (Afrikaner) spenders” met IK van stuk rooiaas of miskein van ‘n kreef, werkende by die groot fabrieke gee vir (tiener meisie) kinders elk R100 en vertel hulle om vir die dag “Mall-toe” te gaan. Daai kinders seker nou so oud soos jy, – en baie deurmekaar. Vissie hier ASK en nou die “white juveniles” op Praag – kom doen beter daar by die ASK, NBU en Volksraad as wat tot nou toe daar uitgekom het. Help nie ons sit net en braak gal en torring aan die Praag kommentators i.p.v. die onderwerp nie. Sien jou, – en ander, – by die volgende ASK!

        • sussie se vissie

          Gaan eet n burger by An(g)us.

    • John

      “ASK” lei `n klokkie. Wat is dit nou weer ?

      • John, die ASK (Afrikanerstrategiekomitee) vergader maandeliks om konserwatiewe strategie te (probeer) bepaal. Tesame met die VA (Vaderland Alliansie) poog dit om totale Afrikaner deelname aan te moedig sonder om enige organisasie en instansie van roem, ego of selfbevredigende begogeling te ontneem (behalwe die versoek dat voorlaaiers, doedelsakkies en goelkunsies (onder toesig van Satan) in die voorportaal gelaat word, terwyl daar (hopelik, met Romeine 12:1-2 denke) om die raadstafel vergader word). Dit spruit sedert 1994 voort uit die Afrikanerakkoord en Volkstaatraad en toe die TAR (Tussentydse Afrikaner Raad). Die hele selfregerende inisiatief (insluitende die ekonomiese alternatief) is egter (oudergewoonte eg Afrikaans) onderdruk weens uitverkoop politiek en Afrikaner verraad tot datum. Teen die tyd, – ongelukkig, – is die “Volk” en die Afrikaner se kop so gesmokkel dat niemand meer weet waar “ware Noord” is nie! Ons val mekaar aan i.p.v. die blanke Afrikaner oplossing te identifiseer en in eendrag na te jaag. Tydens elke vergadering probeer ek die “holistiese” vrugte meet … daar kom, in my beskeie maar doegerigde observasie, nog niks tasbaars, stigtelik, her-opbouend of volhoubaar op Afrikaner grondvlak uit nie. Die probleem skyn by stiksiennigheid en die geneigtheid tot verantwoordelikheidsversuim in Afrikaner leierskap en die mense op die grond te berus (?)

        https://uploads.disquscdn.com/images/9c32eeaf804005aded3dd0476254a7cb0434b16a593dce7e73eb2b95ffcc133f.jpg

        • John

          Ja ek het dit nou.
          En jou opsomming lui ook `n klokkie.
          Ek self het al `n hele aantal mense gekontak, was by `n dosyn vergaderings en spanne gesprekke aangaande die ding van Afrikaner selfbeskikking en nog wat. Meeste van die mense met wie ek `n oop kop gesprek kan voer het gewoonlik nie die toewyding nie. En meeste van die met die regte hartklop het gewoonlik `n ekstra vierkantige verwysings raamwerk.
          Dis vir my al asof die gaarde wie probeer volhard eintlik meer toegewy is aan protokol en pecking order as die aan die crux vannie saak.
          Ter selfde tyd val dit hulle ook nooit by dat daar nie veel belangstelling is vanuit die jonger geslag nie. `n Soort van geregtigheid op blindheid as jy my vra.
          Die Afrikaner weet nie wie hy is nie Johny. Ons is wesies.

  • John

    Hoe noem ek jou .. Afrikanus of Leon, Leon Lemmer.

    • sussie se vissie

      Nee.
      Afrikanus kom al lang pad.
      Tans ( as ek dit reg het ) – iewers in Duitsland.
      Daarenteen n sieklike moeder tuis.
      n Hartseer van enige blou-bloed Afrikaner seun.

  • Neoton

    As ek so na ons politiek, ekonomie en (Afrikaner) demografie kyk, dan twyfel ek sterk of daar ooit so iets soos ‘n volkstaat net vir Afrikaners sal wees. Die hele Suid Afrika, of selfs net ‘n deel daarvan.

    • John

      As daar slegs Afrikaners was op die vasteland dan sou daar waaskynlik verskeie Volkstate tot stand gekom het. Verwys die eerste twee, wat dit amper amper gemaak het.

  • Johanw

    Volkstaat gaan oor twee aspekte naamlik volkswil en geografiese gebied. Regstegnies en polities is Suid Afrika nie die volkstaat nie. Oor leierskap – ” cometh the hour cometh the man”! Die grense trek is ‘n effense ligpunt maar die volkswil bestaan nie. Illustrasies van hoenertjies en eiertjies is irrelevant in die lig van volkswil en idententifisering van ‘n geografiese gebied.

    • John

      Dit is my punt ook. Die “wil”.
      `n Ou het my eendag gevra, in verwysing na `n hond wat in die son lê en vergaan,

      “how’s that thing going to get itself into the shade ?”

      Ek antwoord

      “I guess it needs to conjure up enough energy to lift it’s rear and drag it off to the shade”.

      Nee sê die ou “was referring to the very first thing it’s got to do”. “First and foremost it’s got to stop licking its balls for long enough to realise that he’s in discomfort”

  • Skisofreen

    Die oorgrote meerderheid van ons het nog vars herinneringe van die laaste keer toe “leiers” ons vooroor gebuig en “bevrug” het. Ons koop nie meer die “leiers” wat met die vinger wys waar om te gaan nie, ons staan met die rug teen die muur en sê, “jy eerste”.

    • Ou Transvaal

      KOLSKOOT

    • Facebook User

      Goeie antwoord. Ek was gelukkig te jonk om van die vorige generasie se leiers verkrag te word, ongelukkig deel ek aan die gevolge. Ek dink ‘n leier word daaraan erken of hy gevolg word of nie, ons probleem is eerder dat daar te veel hane is, elkeen wil ‘n held wees en vir die meeste broei daar net baselisk uit.

  • Krisjan Lemmer

    Dalk moet die PRAAG leierskap/bestuur n reeks artikels plaas oor die meer as 600,000 mede Afrikaners wat in wit en gemenge plakkerskampe vasgevang is en die redes hoekom dit so is.
    Ons praat oor leierskap kwessies en die gebrek daaraan ens. ens. ens. MAAR dit bring ons nerens nie. Die leiers sal kom op hulle tyd-laat ons nou die sosio ekonomiese probleem aanspreek.
    Skryf iets wat ons aan die hart gryp oor ons eie mense-plaas die ou alledaagse korrupsie en gemors in perspektief met waar die Afrikaner hom huidiglik bevind. Nie net die middelklas nie maar die arm blanke sonder hoop, sonder toekoms,die volksgenoot wat ten gronde gaan en die sneeubal effek wat dit gaan he.
    Die informasie is geredelik beskikbaar deur groepe wat reeds bestaan. Dit is tyd om die n nuwe Reddingdaadbond in die lewe te roep,laat staan al hierdie groepies en instansies en rade-kom ons red onsself en ons mense wat ten gronde gaan al is dit oor hulle self pateties is. Kom ons tel ons mede Afrikaner se kop vir hom/haar op as dit moet.

    • Ou Transvaal

      KOLSKOOT Krisjan , dit is die regte fondament !!!!
      Daar kan fotos gesien word op ‘n Whatsup groep “Kinders in nood” dit sal jou hart breek ..

    • Krisjan, net vandag loop ek vir Tertius aan die noorde kant van Pretoria raak. Blank, 51 jaar oud, netjies (klere glo by die kerk gekry, en een skoen se sool deurgeloop). – Hy bedel apologeties en vra los werkies. Vir hom vis en tjips gekoop om sy storie te hoor. Hy het by Telkom gewerk. Sy vrou was onderwyseres. Albei werk verloor. Bly nou in 4x4m Wendy in agterplaas in Danville. Betaal R1 200 vir die Wendy se huur wat kos insluit, met sy SASSA pensioen van R1 500. Tragedie is dat Tertius en sy vrou so stress a.g.v. werkloosheid, verleentheid en van brood lewe, dat hulle albei verby moedeloos gesink het tot probleme met geestesgesondheid. Nou “ASK” ek jou ook, gaan FW en Die Broeders, AfriForum, Suidlanders en al die ander eksklusiewe Afrikaner “leiers” (is kerkleiers nog relevant?) wie almal die Afrikaner so verdeeld hou, vir ons by die ASK kom verduidelik hoe Afrikaner Christen leierskap lei op ‘n wyse dat ons mense so vergaan? Ja, daar is liberale of blinde (doof-stom, – geestellik bedoel ek) of skadelose blanke Afrikaners met wie dit baie goed gaan, – maar daardie 600 000 tot 1 miljoen sonder werk, in plakkerskampe en in agterplase, kan mos nie reg wees nie! Watter leier/s wat in geregtigheid tewerk gaan kan sulke vrugte onder eie vlees en bloed kultuur/ ras/ klas/ medemense nalaat?

    • Mr Domestos

      Ek glo een van die belangrikste aspekte van ‘n volk se voortbestaan lê in die vermoë om resilient te wees. ‘n Moontlike voorbeeld is die Georgiërs wat al meer as 4000 jaar as ‘n volk voortbestaan met ‘n geweldige sterk kultuur, godsdiens en vele tradisies. Hulle het oor die eeue ter wille van voortbestaan vrywilliglik alliansies gevorm met onder andere Rome, hul was geokkupeer deur die Persiërs, die Russe, die Turke ens. Alhoewel hul vandag relatief arm in monetere opsigte is, is hul geweldig sterk as ‘n gemeenskap en ‘n groep. Hul kan baklei dat die biesies bewe, maar as die gesin of die kultuur bedreig word, word alle verskille opsy geskuif en staan hul saam en tree daarvolgens op. Interessant genoeg is daar geen organisasies en groepe wat hul aktief beywer vir selfbehoud nie, en definitief geen ekwivalente organisasies soos Afriforum, ATKV ens ens ens nie…

  • jas stegmann

    Moet positief op so ‘n visie wees. Ek hoor graag meer daarvan. Sou jy dit strategies gerade vind om daaroor te skryf, hierdie dinge laat ‘n mens party keer so uitverkoop voel, iets soos ‘n WP-skrumskakel met twee outydse Blou Bul-agttalle wat op hom afstorm met vier Frik du Preez’s en ses Mof Myburgs vooraan.

  • Facebook User

    Wat help die vroteier spesialiste?

  • 11petrus2

    Ai donner tog red n volk met so n span papier drolleriste. Is ons nou n volk of is ons nou eintlik n nasie. Is ons nou boere, afrikaners, wittes of eintlik amper wittes. Is dit nou jaaa-stemmers of ‘nie’-stemmers. Nou watter grense moet dit dan nou weer wees sodat dit my pas. Veg dit nou vir die 600 000 tuitbekkies of vir n uitbail tweede kans weermag lumpsum gelukkie om n bankrot geboerde plase en keffies uit die stront te hou. Gaan trug huistoe en gaan join die 1994 homegard of wag vir n volgende meeting. Te veel is nog te dik en te uitgevreet vir enigiets anders as net dit…!

  • jas stegmann

    Gaan akkoord met jou oor die rek en krimp van state se grense. Die bestendigste volksleier tot nog, dr. Verwoerd, het aan Suid-Afrika se landsgrense gewysig deur die nasionale Swart state drasties te omlyn. Die gedagte van die verkiesing van afgevaardigdes deur die kiesafadelings van die Volksraad van die driekamerbedeling vir ‘n nasionale volksvergadering het egter behalwe dat die kiesers die grense van die ou Suid-Afrika as die laaste wetlik-getrekte een bevestig, ook en veral ten doel volksmobilisasie uit die knellende dooiepunt waarmee De Klerk en kie ons gelaat het: ‘n gebrek aan gekose en gekommiteerde leierskap. Gekose leierskap vir die Afrikanervolk as sulks.

    • jas stegmann

      Dit is nodig om meer te skryf oor pligopgelegde gekose volksleierskap soos ek dit in die vorige bydrae bedoel. En ook oor volkswil, ‘n saak wat tereg as deurslaggewend in ander se reaksies aangeroer is.

      Volkswil
      Dit gaan in die toets van die volkswil met die volksvergaderings soos deur my bedoel nie om die volk se wil in ‘n beuselagtigheid, kom ons skryf of vrouens maksi- of minirokke moet dra nie, dit gaan oor die toets van ‘n enkel-belangrike en gemandateerde saak, in hierdie geval sover dit my aangaan volksveiligheid, ‘n saak wat nou so benard is dat genl. Constand Viljoen in ‘n onderhoud met Philip de Wet na die toestand verwys as “dire”. Dit behoef geen verdere betoog nie: Die toets van die volk se wil oor optrede wat veiligheid betref sal ‘n ander lesing gee as die toets van die volk se wil oor waar Afrikanervroue se roksome moet wees.

      Pligopgelegde (gemandateerde) en gekose leierskap
      Pligopgelegde gekose leierskap kom neer op ‘n daad van toevertroue van volksbelange en nie op ‘n daad van afstanddoening van ‘n volk se belange nie. Hierdie is ‘n beginsel wat neergelê is onder die protestants-Westerse volksgemeenskappe tydens die kerkreformasie.
      FW de Klerk en sy regering het met hul politieke hervorming opgetree asof die Blankes afstand van hul volks- en gemeenskapsbelange gedoen het. In die 1989-verkiesing het De Klerk en die NP ‘n mandaat om eie skole, eie woonbuurte en ‘n eie gemeenskapslewe te beskerm gekry, in die 1992-referendum het De Klerk bloot toestemming gevra vir onderhandelinge. En hy het belowe hy sal die veranderinge wat op sy onderhandelinge sal volg eers by die volk toets: Hy het die plioplegging van die Blankes geannekseer.
      Daarom moet die saak van pligoplegging hierdie slag duidelik omlyn word, geen vae en sommer-in-die-bondel-mandate moet van die volk na die volksleier of volkleierskap gaan nie.

      Watter pligoplegging dus van die volk deur hul afgevaardigdes na die volksleier of volksleierskap?
      Dat die nodige stappe gedoen word ten einde ‘n behoorlike volksbeveiligingsprogram tot stand te bring en dat die volk in die volksleierskap se uitvoering van daardie plig sy volle samewerking sal gee. Sou die leierskap in gebreke bly om gevolg daaraan te gee, sal die volk sy mandaat onttrek.
      U kan u maar die bui van die volk op veral ‘n nasionale volksvergadering oor die besondere neteligheid voorstel. Kansvatters sal nie waag om hulle as leiers op so ‘n veradering aan te bied nie.

    • jas stegmann

      Ek het ‘n reaksie hier gepos vanoggend? Het Disqus hom verloor? Hy wasdan sduidelik hier. Ek het hom agterna geproeflees?