Swart Britse LP skree rassisme oor vlag van industriële steenkool rewolusie

Deel op

‘n Swart Britse Arbeiders-LP het “rassisme” geskree oor ‘n vlag wat deur ‘n jong skoolmeisie ontwerp is, om die Black Country-dag te gedenk. Die swart politikus kon nie die kans laat verbygaan om haar slagofferskap op iets te projekteer met die naam “black” in nie, al is dit steenkool en wit arbeid.

Die nuwe Wolverhampton-Suidwes-LP, Eleanor Smith, het gesê die swart, rooi en wit vlag met kettings daarop het “rassistiese konnotasies”, maar Smith is duidelik nie opgevoed genoeg om te verstaan dat die vlag ‘n simbool van die Black Country se industriële verlede is nie.

Smith het die vlag ‘n groot fout genoem omdat dit nie die multikulturele gemeenskappe verteenwoordig nie. Haar opmerkings val saam met die Black Country Day vieringe, waartydens die vlag oor die streek gehys word.

Die Black Country is ‘n streek van die West Midlands in Engeland, wes van Birmingham. In die Industriële Revolusie het dit een van die mees geïndustrialiseerde dele van Brittanje geword met steenkoolmyne, kooks, ystersmelters, glasfabrieke, baksteenwerke en staalfabrieke wat ‘n hoë vlak van lugbesoedeling veroorsaak het.

In 1832 het die destydse prinses Victoria in haar dagboek geskryf: “Die mans, vroue, kinders, grond en huise is almal swart.” Daar was egter geen Afrika-slawe in diens nie: Al die werkers was wit en Engels.

Die LP, wat glo uit Birmingham is, het selfs geweier om haar foto te laat neem met die vlag agter haar in wat sy beskryf het as die “rassistiese konnotasies”, het die expressandstar.com berig.

Smith het gekla: “Ek het ernstige kommer oor die rassistiese konnotasies van die vlag, veral die feit dat kettings gebruik word om die Black Country te verteenwoordig.

“Die wit op swart beeldspraak word saam met die kettings gebruik. As jy dit ontleed, gaan ek nie voorgee dat dit my nie as ‘n swart persoon bekommer nie. Mense moet verstaan ​​dat dit as aanstootlik beskou kan word.

“Hoekom kan ons nie ‘n vlag hê wat almal van ons verenig en as ‘n kollektiewe reënboog van mense verteenwoordig nie? In my kiesdistrik is daar 130 verskillende tale. Kom ons kry ‘n vlag wat eintlik sê ons is trots op waar ons vandaan kom.” Die LP het skynbaar ook vergeet waar sy self vandaan kom, laat staan nog die 130 verskillende taalgroepe.

Die vlag is ontwerp deur ‘n Stourbridge skoolmeisie Gracie Sheppard, wat twaalf jaar oud is. Dit is geïnspireer deur Elihu Burritt, wat die streek as “swart in die dag en rooi in die nag” beskryf het en bevat kettings en ‘n simbool wat die Red House Glass Cone in Wordsley verteenwoordig.

Politici van opponerende politieke partye het saamgestem dat Smith belaglik is. Twee LP’s, UKIP se Bill Etheridge, konserwatiewe LP Mike Wood en die organiseerder van die Black Country-fees het almal gesê dat die vlagontwerp nie sulke boodskappe dra nie. Wood het gesê die swarte is van haar trollie af.

“Kettingmakery het ‘n groot rol gespeel in die bou van ons ekonomie. Vir haar om te sê dat dit op ‘n vlag wat deur ‘n kind ontwerp is, rassisme voorstaan, is absoluut gek.”

Steve Edwards, voorsitter van die Black Country Festival-komitee, het gesê: “Dit is die vlag met die tweede hoogste verkope in die Verenigde Koninkryk en dit wys hoe mense die Black Country wil vier.”

Maar wat van swartes se gevoelens, meneer Edwards? Is dit nie deesdae al wat tel nie?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.