LUR van Vervoer sorg dat Johannesburg lamgelê word deur taxi-geweld

Vadi, regs, saam met een of ander uitgevrete gesant aan wie hy rekenskap moet gee. Of nie

Die polisie is in groot getalle in Soweto, Johannesburg, ontplooi waar ten minste vyf taxistaanplekke van vandag af gesluit sal wees.

Dit volg te midde van die voortgesette geweld en moorde oor roetes tussen die strydende taxiverenigings, Nanduwe en WATA.

Die Gautengse LUR vir Vervoer, Ismail Vadi het vroeër besluit dat die betrokke taxistaanplekke gesluit en roetes opgeskort word totdat ‘n oplossing gevind kan word. Die Metropolisie asook die Gautengse verkeerspolisie is in die gebied ontplooi.

Talle mense is ook reeds in die beseer. Die Gautengse departement van Paaie en Vervoer het vroeër aangekondig dat daar besluit is om die staanplekke en roetes vir ‘n maand te sluit. Dit raak die twee taxiverenigings Nanduwe en WATA.

Die taxi’s is geaffilieer by die Nancefield Dube West-taxi-vereniging (NANDUWE) en die Witwatersrand-taxi-vereniging (WATA).

Die sluiting is Dinsdag aangekondig ná ‘n geskil tussen die twee taxi-verenigings wat maande lank al woed.

Ismail Vadi het gesê hulle moet nou die lewens van onskuldige mense wat in die kruisvuur beland, red omdat die oorlog tussen die mededingende verenigings net verder uitkring.

Dit is duidelik dat Vadi geen beheer meer het oor die geweld nie en dit nou maar ‘n probleem van die hele stad gemaak het. Johannesburg lyk vanoggend soos ‘n spookdorp.

“Onlangs is twee onskuldige mense doodgeskiet,” het Vadi gesê en bygevoeg dat 30 mense in hegtenis geneem is van albei strydende groepe.

“Wetstoepassingsagentskappe ondersoek minstens 13 moordsake. As jy die sak knyp, maak dit die meeste seer,” het Vadi verklaar, kennelik onder die indruk dat geldsake die geweld regverdig.

Vadi het gesê dat hierdie besluit geneem is nadat swaar gewapende mans wat aan beide verenigings gekoppel is, in die teenwoordigheid van wetstoepassers gebots het.

“Hulle het die paaie in die Johannesburgse sakegebied onwettig geblokkeer. Die sluiting van die betrokke roetes begin 13 Julie tot 13 Augustus.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Wim

    Baarde in beheer. Net soos by Wits ontaard dit in ‘n totale gemors.

  • Ou Transvaal

    Van wanneer het Taxi’s roetes en staanplekke nodig om te opereer ???
    Indien hierdie sluiting so effektief is , is my aanbevelling om ALLE taxi staanplekke te sluit vir tenminste 6 maande om die steftesyfer van ons mense wat deur taxi’s veroorsaak word , aantespreek …

  • In die 80’s was daar ook taxi onluste, toe was Apartheid skuldig gewees, kan dit dalk wees dat Apartheid vals beskuldig was?