Portugal kla 18 polisielede aan oor ‘rassistiese marteling’ van swartes

Constança Urbano de Sousa; Cova da Moura

Die 18 beamptes by ‘n Portugese polisiekantoor staar aanklagte wat verband hou met die aanhouding van ses swartes in die gesig. Aanklaers voer aan dat die swart slagoffers nie net fisies gely het nie, maar ook aan “geweldige sielkundige geweld” blootgestel is.

Hulle is glo ook vir 48 uur aangehou en “verneder”, het die koerant Diario de Noticias berig nadat hulle teen ‘n vriend se arrestasie betoog het. Aanklaers het die beamptes daarvan beskuldig dat hulle gemotiveer word deur gevoelens van xenofobie, haat en rassediskriminasie, het die koerant bygevoeg.

Volgens die polisie het twee van die beamptes reeds interne dissiplinêre verhore gehad. Verslae van rassistiese geweld in Portugal is skaars, maar hierdie geval illustreer hoe sosiale geregtigheidsstryders en hul slagofferkultuur oor die wêreld heen versprei.

Aanklaers het gesê die beamptes van die dorp noordwes van die Portugese hoofstad, sal teregstaan ​​op verhoor oor “marteling en ander wrede behandeling” asook ander aanklagte. Die hele mag van die Alfragide-polisiestasie is Dinsdag aangekla met emosiebelaaide histerie.

Vyf van die ses swartes, tussen die ouderdomme van 23 en 25, het beweer die arrestasie was “arbitrêr en gewelddadig” ná gewelddadige botsings met die polisie in die Cova da Moura-omgewing. Dit is een van die armste buurte in Europa, wat dikwels vergelyk word met die krotbuurte in Brasilië.

Slegs 15 minute van Lissabon is die distrik bekend vir sy groot bevolking swart immigrante uit Kaap Verde, ‘n voormalige Portugese kolonie teen Afrika se noordwes-kus. Portugal het groot swart minderhede uit sy voormalige Afrika-kolonies, sowel as Brasilië en Indië.

Die aanklaer se kantoor het in ‘n verklaring gesê dat die swartes onderworpe was aan “vernederende en onmenslike behandeling” asook onwettige gevangenisstraf. Die beamptes het hul magte glo misbruik en hul pligte versuim, het die verklaring bygevoeg.

“Al 18 polisiebeamptes wat deur die Openbare aanklaer se kantoor aangekla word met misdade van marteling, ontvoering en fisiese oortredings wat gekwalifiseer en vererger word deur motivering vir rassehaat, kan van hul pligte onthef word,” het die Diario de Noticias berig.

“Die Minister van Binnelandse Sake, Constança Urbano de Sousa, het die nasionale direkteur van die polisie reeds in kennis gestel dat die dissiplinêre regulasie nagekom moet word, wat voorsiening maak vir die voorlopige opskorting van polisiebeamptes wat beskuldig word van misdade met ‘n vonnis van meer as drie jaar in gevangenis.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Guest

    African MITOCONDRIAL DNA:10.84% in the Southern Portuguese, 6.4% in the Central Portuguese, 3.7% in Northwestern Spaniards (Galicians),3.19% in the Northern Portuguese. Subsaharan DNA admixture in Europe is found in Southern Portugal due to the immigration from their African colonies. They are not really white, so why would they be “rayyysist”?