CNN se top Withuis-korrespondent het nog nooit gehoor van stagflasie nie

April Ryan

CNN is in die kollig vir al die verkeerde redes. ‘n Top CNN politieke ontleder het haar onkunde uitgestal Maandag, toe sy smalend getwiet het dat die woord “stagflasie” ‘n “nuwe woord” is.

April Ryan, CNN-korrespondent in die Withuis en Washington-kantoorhoof vir die Amerikaanse Urban Radio Networks, het 20 jaar ondervinding as joernalis met top klaring, maar duidelik nie veel insig in sake van ekonomiese belang nie.

Ryan het die Trump-administrasie beterweterig gespot oor hulle ‘n “nuwe woord” gemaak het tydens Maandag se perskonferensie: “Die Trump-administrasie het 133 genomineerdes en wag vir ‘n stem en al wat ons geleer het in die inligtingsessie is ‘n nuwe woord, ‘stagflasie’!”

Natuurlik, weet enigeen wat ‘n inleidende ekonomiese kursus geneem het, wat dit beteken. Die woord, wat gedurende die oliepryskrisse van die 1970’s en 1980’s gemunt is, dui op baie lae ekonomiese groei tesame met hoë inflasie. Stagflasie is skaars in die ekonomie, maar nie as ‘n konsep in taal nie.

Twitter-gebruikers was verstom dat Ryan nog nooit van die woord “stagflasie” gehoor het nie. Sy het later beweer sy het ‘n spelfout aangespreek wat die woordvoerder van die Withuis, Marc Short, begaan het wat haar eie onkunde net verder beklemtoon het.

“Marc Short het ‘n fout gemaak en gesê stagflasie in plaas van stagnasie,” het sy gesê. “Natuurlik het ek van die woord gehoor oor die dekades!”

Ryan is as 2017 joernalis van die jaar deur die Nasionale Vereniging van Swart Joernaliste aangewys. “April Ryan is ‘n ware voorloper en waarheidsoeker,” het die president van die NABJ, Sarah Glover, aangekondig. “In die Withuis se perskorps, waar te min swart vroue ‘n geleentheid gegee word om te rapporteer, het April uitgeblink en volhard ten spyte van die vele struikelblokke wat sy gekonfronteer het. Haar werk is uit die boonste rakke.”

Sy dien op die direksie van die gesogte White House Correspondent’s Association, een van slegs drie Afro-Amerikaners in die vereniging se meer as 100 jaar geskiedenis om op sy direksie te dien. Sy is ook ‘n lid van die Nasionale Persklub.

CNN het intussen ook die vloedhekke van meme-oorlogvoering per ongeluk geopen, maar ongelukkig nou self die teiken van kritiek geword. Konserwatiewe skrywer Ann Coulter het daarop gewys dat terwyl CNN gereeld teen “wit mans” en te min diversiteit woed, bestaan die hele uitvoerende struktuur byna uitsluitlik uit Jode.

CNN se dikwels bedrieglike artikels beklemtoon hoe die netwerk kykers mislei met propaganda wat ontwerp is om “toeskouer demokrasie” te skep.

Hierdie naweek, met die dekking van die G20 in Hamburg, Duitsland, het CNN beweer dat “vreedsame aktiviste” teenwoordig was en die gewelddadige onluste wat deur elke ander nuusagentskap gerapporteer is, blykbaar misgekyk.

Hulle het die klimaat in Hamburg se betogings as vriendelik beskryf: “‘n Feestelike en gemeenskaplike gevoel het die skare byeengebring, met mense wat plakkate van klimaatsverandering en feministiese plakkate ophou en musiek speel. Baie het saam met familie gekom.”

Die netwerk het nooit die burgerlike onrus genoem wat die protes oorskadu het tot die 12de paragraaf van hul artikel nie, ten spyte van Hamburg wat soos ‘n oorlogsone gelyk het. Dit het net genoem dat straatgeweld “plek-plek” voorgekom het terwyl dit eintlik ‘n permanente kenmerk van die beraad was.

Die Duitse polisie self het die onluste beskryf as “uiters gewelddadig”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    Al die swartes in Amerika het hul joppies by die Uitverkorenes gekry vir ‘window dressing’ duidelik. Want Hollywood het so beveel.

  • Skisofreen

    Laat my dink aan die Hollywood foto van Oskar wenners en hoe hulle uitwys hoe onder verteenwoordig swartes was, want almal is dan wit. Hulle het uitgelaat om te noem dat 90% Jode was. Die doel van regstellende aksie is om die 10% “oor verteenwoording” aan te spreek.

  • Charles

    Haha, dom was nog nooit dom nie. Die hele linkse gespuis, die dems, en CNN en al hul trawante, is die grap van die jaar!
    Die “Russiese” prokureur wat met Don jr. vergader het was toe al die tyd ‘n demokratiese agent haha! So grawe die verfoeilike goed hulle eie gate.
    Vir die eerste keer in dekades het die Republikeine en die VSA ‘n “strongman”, in teenstelling met ‘n “strawman”
    MAGA!