Amerikaanse staat gaan harde dwelms soos kokaïen en heroïen dekriminaliseer

Winters en Rosenblum. Dis duidelik wie vir wie opgesteek het

Die Oregon-wetgewer het verlede week twee wetsontwerpe voorgelê. Ten minste ses harde dwelms, insluitende kokaïen, heroïen, metamfetamien en ecstacy, gaan gewettig word want anders behels dit “institusionele rassisme”.

Minderhede word meer gereeld aangekla van dwelmmisdade as blankes, het die swart Republikeinse goewerneur, Jackie Winters, gesê. “Daar is empiriese bewyse dat daar sekere dinge is wat ras volg. Ons hou nie daarvan om na die ongelykheid in ons tronkstelsel te kyk nie,” het Winters tydens ‘n verhoor gesê. “Dit is institusionele rassisme. Ons kan voorgee dat dit nie bestaan ​​nie, maar dit bestaan wel.”

Dit is ‘n dramatiese skuif in die staat se houding teenoor dwelms en verslawings om besit van baie gevaarlike stowwe te dekriminaliseer, asook om die straf in sommige gevalle aansienlik te verlaag. Dit water ook die aanklagte af teen diegene wat onwettig in die Verenigde State woon, of slegs op ‘n visum daar is, dat hulle nie outomaties gedeporteer sal word nie, het die Statesman Journal gerapporteer.

Huisspreker Tina Kotek, het opgemerk: “Oor die afgelope paar jaar het die wetgewer baie hard gewerk om balans en regverdigheid in ons kriminele regstelsel te verbeter,” het sy gesê. “Ons het hard gewerk om rasse en ekonomiese struikelblokke in ons regstelsel aan te spreek en hier is nog ‘n kans om dit te doen.”

Die sogenaamde “Oorlog teen Dwelms” beteken dat nie-blanke Amerikaners gestraf word. Wetgewer Tawna Sanchez, ‘n Demokraat, het gesê dat inheemse Amerikaners vyf keer so geneig is tot dwelmbesit as die staatsgemiddeld; Afro-Amerikaners is twee keer so geneig.

Die eerste van die twee wetsvoorstelle, HB 2355, wettig die besit van klein hoeveelhede dwelms, solank die oortreder nie tyd in die tronk of meer as twee vorige dwelmoortredings op rekord het nie, volgens die Lund-verslag.

Die tweede, HB 3078, verminder dwelmverwante eiendomsmisdade van ernstige oortredings tot waarskuwings.

Tot dusver is besit van skedule I-middels – soos MDMA en heroïen, en skedule II-middels – soos metamfetamien en kokaïen, as misdade beskou. Hierdie oortredings was onderskeidelik strafbaar met 10 of vyf jaar in die tronk.

Winters en ander linkse ondersteuners van die wetsvoorstelle beweer dat Amerika se dwelmkrisis behandeling nodig het, nie gevangenistyd nie. Kimberly McCullough, wetgewende direkteur van die Oregon-tak van die Amerikaanse burgerlike vryhede-unie (ACLU), sê die wetsontwerpe sal help om Oregon se dwelmprobleem as ‘n openbare gesondheidsprobleem te behandel en stereotipes te voorkom.

“Oormatige vonnisoplegging [vir] dwelm- en eiendomsoortredings, vererger die rasseverskille in ons regstelsel, en verhoog ons gevangenisbevolking,” het McCullough gesê.

“Dit sal wees soos om diabetes te hê,” het die Demokratiese verteenwoordiger Mitch Greenlick aan die Lund-verslag gesê. “Dit is ‘n chroniese breinversteuring en dit moet op hierdie manier behandel word.” Maar diabete val nie mense aan om hulle te besteel vir insulien nie.

Maar nie alle wetgewers het die argumente gekoop nie: Senator Betsy Johnson het die wetsontwerp as ‘n gehuigel afgemaak en uiters skadelik genoem. “Ons kla oor die dood van jongmense wat opiate gebruik. Tog met hierdie ongelooflike oneerlike wetsvoorstel, maak ons ​​dit erger. Slim ingebed in ‘n wetsontwerp wat die verwoestende praktyk van rasseprofilering verbied, is ons gelyktydig besig om ons gemeenskappe te vernietig deur dit met harde dwelms te besoedel wat ons kinders doodmaak.”

Oregon se goewerneur Kate Brown, sal na verwagting binnekort die wetsvoostelle bekragtig. Prokureur-generaal Ellen Rosenblum, was verantwoordelik vir die opstel van die wetsontwerp.

Rosenblum het in Februarie vanjaar ‘n federale hof gevra om by ‘n regsgeding betrokke te raak wat aanhangig gemaak is deur die staat Washington teen ‘n immigrasieverbod van president Donald Trump. Sy het beweer dat dit Oregon se besighede, inwoners, universiteite, gesondheidsorg en ekonomie sal benadeel as die staat nie Moslems toelaat nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Karel Combrinck

    Nee dis maar net te duidelik wie vir wie opgesteek het. Daardie ou probleempie sal die mensdom bybly in lengte van dae tot en met die oordeelsdag.

  • sussie se vissie

    Gepaste naam…dié Winters.
    Herinner sterk aan Ötzi.
    Selfde gelaat, hare en tanne na jare se skuinslê innie sneeu.

  • Kalium_Chloraat

    Inheemse rasse is 5 keer meer waarskynlik as blankes om dwelms te besit,
    Swartes is 2 keer meer waarskynlik as blankes om dwelms te besit,
    Die besit van dwelms word gestraf
    Daarom word meer nie-blankes vir dwelmbesit gestraf as blankes.
    Dit is nie reg nie, want dis rassisties
    Daarom straf ons nie meer dwelmbesit nie
    Probleem opgelos

    Hierdie logika laat dink my aan iets wat Douglas Adams mee gespot het in sy Hitch Hikers Guide to the Galagxy.

    • John

      “Rules have two perspectives – forward looking and backward looking. Contrary to what people may think, the rule makers did not arrive first, for there was no need for rules. It was the rule breakers who got here first. After they got what they wanted, they invented rules to prevent others from copying them.
      Therefore the origin of rules has a backward perspective. And even more sadly, most of them exist in order to prevent”

      “The major problem—one of the major problems, for there are several—one of the many major problems with governing people is that of whom you get to do it; or rather of who manages to get people to let them do it to them.
      To summarize: it is a well-known fact that those people who must want to rule people are, ipso facto, those least suited to do it.
      To summarize the summary: anyone who is capable of getting themselves made President should on no account be allowed to do the job.”

      The Restaurant at the End of the Universe

  • Rooikop

    En so verval die samelewing verder, en dit alles om nie die wetteloses se “gevoelens seer te maak nie”.
    Dwelms vernietig ‘n samelewing in sy diepste wese in – ek voel so daaroor – as jy in besit betrap word, word ALS wat jy het vir jou binne ‘n uur ingegee – as jy oorleef, stuur ons jy vir rehabilitasie – as jy sterf, dan was jy besig met verspreiding en verdien die doodstraf vir al die lewens wat jy besig is om te verwoes.