Linkse twieters ontplof ná Macron hoë geboortesyfer vir Afrika-armoede blameer

Keiser Macron kyk hoe die Afrikane alweer hul naam met 'n plank slaan

Toe Frankryk Emmanuel Macron as president in Mei verkies het, was dit Afrika se ‘Ode aan die Vreugde’oomblik, ‘n “kragtige simbool” het die BBC berig. Maar die liefdesomarming tussen Afrika en Macron is verby ná sy laaste opmerkings oor hoë Afrika-geboortesyfers.

Ondersteuners van die nuwe Franse president het by die Louvre se Esplanade in die sentrum van Parys byeengekom tydens sy inlywing om sy podium in ‘n reuse dansvloer te verander vir ‘n Afrika-groep uit die Ivoorkus. Dit was ‘n Afrika-fees na die nederlaag van die “verregses”.

Magic System het die verhoog oorgeneem, met bonsende Afrika-ritmes en rielbewegings, nie Beethoven nie. Maar Macron se besondere liefde vir Afrika-kultuur het tot ‘n skielike einde gekom ná sy doodluiterse rassistiese verwysings na die “beskawings”-probleme wat Afrikane weens hul demografiese ongeërgdheid ondervind. Sy linkse rasiebendes raak nou bekommerd dat hy ‘n “populis” in die kas mag wees.

Afrika-vroue het sewe of agt kinders, het Macron gedurende ‘n perskonferensie tydens die G20-beraad in Hamburg, Duitsland, gesê toe ‘n joernalis van einste Ivoorkus Macron gevra het waarom daar geen Marshall-plan vir Afrika is nie, ‘n verwysing na die enorme hoeveelheid ekonomiese hulp wat die VSA na die Tweede Wêreldoorlog in vernietigde Europese lande ontplooi het.

Die oud-bankier het gereageer met ‘n drie-en-‘n-half-minuut gegorrel oor Afrika se hoë geboortesyfer wat bydra tot hul ekonomiese ellende. “Die uitdaging van Afrika is heeltemal anders, dit is baie dieper. Dit is ‘n beskawingsprobleem vandag,” het Macron gesê. “Mislukte state, komplekse demokratiese oorgange, die demografiese oorgang … Een van die belangrikste uitdagings van Afrika … een van die agt lande, waar vandag sewe of agt kinders vir elke vrou gebore word.”

Iemand moet die man dalk daarop wys dat Afrika nie ‘n “land” is nie, maar ‘n kontinent.

Dit het ‘n sosiale stofstorm veroorsaak, want die Franse leier – wat homself ‘n “Romeinse god” noem – het dan mos erken dat Afrika-vroue die probleem van Afrika is. Een ontnugterde voormalige pro-Macronis (Of word sy ondersteuners dalk Macaroni genoem?) het selfs gewoed: “Trump se toespraak oor ‘Westerse beskawing’ en Macron se kommentaar oor ‘Afrika-probleem’ kom van dieselfde wit suprematisme.”

Macron het Afrika se “beskawende” bekommernisse aan sy ekonomiese probleme gekoppel, presies soos die Britse tydskrif The Economist in Mei 2000 op sy voorblad gedoen het en Afrika as die “hopelose kontinent” uitgesonder het. Iemand van die weekblad moes hier op die kontinent gewees het om die berig te skryf want hulle het opgemerk dat die plek een groot lokasie is. Dalk is dit hoekom sommiges dink dis ‘n “land”: Die agterstand is oor grense sigbaar.

“Niemand kan Afrikane vir die weer blameer nie, maar die meeste van die vasteland se tekortkominge is minder aan dade van God as aan dade van die mens te wyte. Hierdie dade is nie uitsluitlik van Afrika nie – wreedheid, despotisme en korrupsie bestaan ​​oral. Maar Afrika-samelewings, vir redes wat in hul kulture gewortel is, lyk veral vatbaar vir sulke probleme,” het The Economist berig.

Ten spyte van die feit dat verskeie bilaterale en multilaterale hulpdonateurs buitelandse hulp aan ‘n land soos Tanzanië gegee het, bly die ekonomiese groeikoers laag in vergelyking met ander ontwikkelende lande. ‘n Swak vlak van tegnologie, lae inkomste per capita en armoedevlakke bly hardnekkig steeds deel van Tanzanië.

Tanzanië is ook een Afrika-land wat die meeste afhanklik is van buitelandse hulp, en is sedert die 1970’s eintlik. Sommige ramings meen die ekwivalent van nege Marshall Planne is al in die plek gestort en dit bly ‘n kopseer.

Reuters het onlangs Macron aangehaal wat sê hy wil ‘n “Jupiteriaanse” president wees – ‘n afgesonderde, waardige figuur, soos die Romeinse god van gode, wat sy seldsame uitsprake versigtig opweeg. Macron het die president se tradisionele Bastille-dag perskonferensie vermy omdat sy gedagtes “te kompleks” vir joernaliste is, het sy woordvoerder gesê.

Macron se “komplekse denkproses leen hom sleg aan die spel van vraag-en-antwoord met joernaliste”, het die woordvoerder verduidelik. Maar vir donateursvriendelike Afrikane en hul liberale rasieleiers was sy gedagtes redelik deursigtig en nie te moeilik om te peil nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Charles

    Hehe!! Nou lag en regtig my G@t af!!
    Vive le Macron, vive!!

  • Antonie Geyser

    ‘call a spade a spade’

  • Ten minste praat die man die waarheid, ek hoop dat dit ‘n impak sal he op van die ander leiers. Ek glo nie ‘n verregse sou somar so blatant die waarheid gepraat het nie, so daar is darm ‘n lig aan die einde

    • Charles

      Sommer.

  • Mattewis Kat

    Seker die naaste wat Macron nog ooit aan die waarheid gekom het. Afrika se probleme is inderdaad ‘n beskawingsprobleem. Sy inwoners weier eenvoudig om beskaafdheid te omarm. Hulle bly hul barbaarse optrede aan die hand van hul sogenaamde “kultuur” regverdig. Praktyke soos ‘n bees kaalhand doodmartel, witgeverf en semi-naak in die veld rond te loop na ‘n bos-besnydenis, jong meisies fisies te vang en as vrouens te neem, vrouens “aan te koop” vir die huwelik, ens. is alles simptome van ‘n donker-eeu onbeskaafdheid. Met selfs ‘n ANC-matriek is dit nie moeilik om te begryp dat die las van onbeperkte bevolkings-aanwas op ‘n gestremde landbou-ekonomie, niks anders as ellende kan voortbring nie. Die geloof wat linkse liberale met die hart van ‘n kind aanneem, is dié van sekulêre humanisme. Hulle bevraagteken dit nie totdat die werklikheid hulle aan die bas beetkry, en van hul sotheid verlos swaai hulle so hard regs dat selfs die werklike verregses hulle tot matigheid moet aanmaan.

    • Charles

      Uitstekende kommentaar:)

  • Charles

    Presies Riaan. Hulle HAAT feite hehe~!