Wat wou die oproeriges in Hamburg regtig bereik?

Die globaliste se linkse weermag tree oral dieselfde op

Kanselier Angela Merkel het haar besluit verdedig om die G20-byeenkoms in Hamburg te hou. Nadat gewelddadige botsings die byeenkoms lamgelê het en donker rookwolke bo die Schanzenviertel gehang ​​het, was dit hoegenaamd nie duidelik wat die oproeriges wou bereik nie.

Katja Kipping, mede-voorsitter van die Linkse party, het Saterdag by op ‘n optog aan die betogers gesê die polisie het sowat 50 000 mense vir die Solidariteit Sonder Grense se protes beraam, terwyl organiseerders die getal op meer as 75 000 geskat het.

Merkel het gesê haar regering sal besighede vergoed vir eiendomsbeskadiging in die nasleep van plundery en oproer deur Antifa-aktiviste. Gewelddadige botsings het meer as 200 polisiebeserings veroorsaak en ongeveer 260 betogers is in hegtenis geneem. Merkel hoop vir herverkiesing in September, vir ‘n vierde termyn, iets wat Zuma nie eers gegun word nie.

“Ek veroordeel in die sterkste terme die ongekende geweld en ongebreidelde brutaliteit waarmee die polisie herhaaldelik tydens die G-20 gekonfronteer is,” het Merkel aan Bloomberg gesê terwyl polisiehonde op die agtergrond onophoudelik bly blaf en helikopters oorvlieg. “Blykbaar is daar mense wat geen belangstelling het in die kwessies nie, maar eerder ‘n verwoestingstog van blinde vernietiging in hul eie omgewing wou sien. Harde polisiemaatreëls is die enigste reaksie daarop.” Oor die Antifa se oogmerke was Merkel tjoepstil en niemand wou “kwessies” bevraagteken nie.

Die Duitse polisie was nie geamuseerd nie. Een beampte het die kanselier gevra of sy voel dat die beraad die moeite werd was. Duitsland se anti-kapitalistiese linkse partye, Turkse en Koerdiese dissidentgroepe, asook arbeids- en omgewingsorganisasies het hul almal by die optogte aangesluit.

Linkse idiote neem selfies van hul vernietiging in die naam van Merkel se beleid

Die polisie het gesê sowat 500 aanvallers het ‘n supermark geplunder. Oproeriges het in die winkels ingebreek en goedere gesteel. Peter Altmaier, Merkel se skakelbeampte, het die onluste as “terreur” beskryf. Altmaier het Saterdag die Merkel-regering se grootste belaglikheid getwiet: “Die linkse ekstremistiese terreur in Hamburg was walglik en net so erg soos terreur deur regse ekstremiste en Islamiste.” Maar daar is geen terreur deur “regse ekstremiste” aangemeld nie.

“Die grootste besorgdheid van die weermag is tans die gebruik van hommeltuie deur [linkse] betogers,” het Der Spiegel berig. “Volgens interne ontledings kan hulle oor die Elbphilharmonie [konsertsaal] of die ontmoetingsplek vlieg met ‘n swerm kommersiële tuie.”

Die Amerikaanse president Donald Trump is beskryf deur Hans-Georg Maassen, hoof van die Duitse geheime diens, die Verfassungsschutz, as aanhitser van “regse ekstremisme”. Trump het sy eerste ontmoeting met die Russiese president, Wladimir Poetin in Hamburg gehad, terwyl bykans 20 000 polisie eintlik probeer het om… geweld deur linkses te keer.

Verlede jaar het Maassen in ‘n onderhoud aan Reuters gesê: “Die regs-ekstremistiese toneel is ‘n netwerk op Europese vlak, en in sommige gevalle, met verbindings in die Verenigde State.” Maar daar was geen teken van sulke groepe se teenwoordigheid in Hamburg nie. Inteendeel.

“Die wreedheid, met die uiters gewelddadige chaos in Hamburg is onbegryplik en verregaande,” het die Duitse minister van binnelandse sake, Thomas de Maiziere, gesê. “Hulle is nie betogers nie, hulle is misdadigers.” Maar die “misdadigers” het dit duidelik gestel dat hulle ‘n politieke doelwit het wat met Merkel s’n ooreenstem: Oop grense en die gepaardgaande wetteloosheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    Wat is onduidelik hieroor? Hier is niks onduidelik nie. “Merkel het gesê haar regering sal besighede vergoed vir eiendomsbeskadiging in die nasleep van plundery en oproer deur Antifa-aktiviste.” Maw sy erken dis haar weermag se skade.

    • Suidpunt

      Op die belastingbetaler se onkoste…

  • Hans Onrust

    “Die wreedheid, met die uiters gewelddadige chaos in Hamburg is onbegryplik en verregaande,” het die Duitse minister van binnelandse sake, Thomas de Maiziere, gesê. “Hulle is nie betogers nie, hulle is misdadigers.”

    Voor linkse Merkel vazal De MISERE was het allemaal politiek correct ‘onbegrijpelijk’ terwijl diep rode justitie minister Maas, volop bezig is ‘rechtse terroristen’ op te sporen.
    Maar nader beschouwd is het eigenlijk geen nieuws en dagelijkse kost. ‘Im Westen nichts neues’.

    Voor wie wil is het volgende vraaggesprek over de misdadigers en terroristen van ‘Groen Links’ in Nederland wel interessant. U weet dat stroman Klaver 3 weken geleden nog bij de Duitse ‘Grünen’ de boel mocht opfleuren…..
    In minuut 52, 53, 54 wordt ook nog over de weerzinwekkende situatie in anc sacp Suid Afrika en de moorden op de Boere gesproken

  • Skisofreen

    Soos telkemale uit die geskiedenis gaan hulle die gewone man se knaters in ‘n bankskroef vasknyp tot hy smeek vir ‘n bietjie orde uit die wanorde.

  • Guest
  • Lynette Ackermann

    Die Nuwe Wereld Orde se strategie is om grootskaalse wanorde te gebruik om hulle komende militere beheer te regverdig, wat dan geen piep van enige iemand sal duld nie.

  • Renier Gouws

    Die probleem is wereldwyd die msm.

    http://www.zupimages.net/up/17/21/gr57.jpg