Die Nederlandse parlementslid, Martin Bosma, wat gereeld ‘n lansie vir Afrikaners breek in die Tweede Kamer, hul parlement, het toestemming verleen dat sy eerste boek, De schijnelite van de valse munters: Drees, extreem rechts, de sixties, nuttige idioten, Groep Wilders en ik gratis aan PRAAG-lesers versprei mag word. Al wat u hoef te doen, is om op die onderstaande skakel te klik en die boek in PDF-formaat af te laai.
deschijnelitevandevalsemunters
Die boek verteenwoordig ‘n geestige, dog inseggewende kyk na hoe Nederland in die sestigerjare so verskriklik links geraak het, net om onder invloed van politici Pim Fortuyn, Geert Wilders en Bosma self weer tot haar sinne te kom en iets van ‘n regse beweging te begin ervaar. Nie verniet nie, heet een van die slothoofstukke in die boek… “Linkse kak”. Bosma skryf daarin:
Dat snobisme een van die drijfveren is van die linkse kak om te kiezen voor het multiculturalisme, zagen we vanaf day one.
Die aanslag op blankes en die Westerse beskawing het globaal geraak. Die Afrikaanse leser sal, tesame met “linkse kak” in die vorm van snobisme oor veelrassigheid, e.d.m., vele elemente herken wat ook hier by ons aangetref word. Verder bied die boek ook ‘n boeiende oorsig oor die Westerse en Nederlandse geskiedenis sedert die 1960’s. Hy behandel veral ook die “massa-immigratie” wat ten doel het om van Nederland, een van die rykste en welvarendste lande in Wes-Europa, ‘n Islamitiese derdewêreldland te maak.
Martin Bosma is blykbaar ‘n gereelde leser van PRAAG. Nou het PRAAG-lesers die geleentheid om ook sy belangrike insigte oor Nederland en die Weste in boekvorm te geniet – boonop heeltemal gratis!

Martin Bosma is op 16 Julie 1964 gebore en is ‘n Nederlandse politikus en voormalige joernalis. Sedert 30 Novevember 2006 is hy lid van die Nederlandse parlement oftewel die Tweede Kamer. Bosma is tans woordvoerder vir kultuur en media vir die party, asook partysekretaris. Hy is ook voorsitter van die IPC, die Interparlementaire Commissie, van die Nederlandse Taalunie.
Sy mees onlangse boek gaan juis oor Suid-Afrika en die Afrikaner, en heet Minderheid in eigen land: Hoe progressieve strijd ontaardt in genocide en ANC-apartheid.