Jhb-middestad: Swart inwoners trek terug na brand in gekaapte gebou

Die Cape York-gebou tydens Woensdag se brand.

Die swart inwoners van ‘n gekaapte gebou in die middestad van Johannesburg, Cape York, is besig om daarin terug te trek ondanks die onveiligheid en gevaar. Die gebou is in die middestad van Johannesburg op die hoek van Nugget- en Jeppestraat geleë. Van die name van dié strate is intussen deur die Johannesburgse munisipaliteit verander, maar meeste mense gebruik nog die ou name.

‘n Brand in die gebou het Woensdag die dood van sewe inwoners veroorsaak, waarna die munisipaliteit gelas het dat die gebou ontruim moes word. Cape York is berug vir prostitusie en dwelmhandel.

Blykbaar is die gebou deur ‘n inwoner aan die brand gesteek nadat dié sy kamer daarin kwyt was.

Volgens ‘n amptelike ondersoek is die gebou nie meer geskik vir menslike huisvesting nie; nietemin het inwoners dit weereens beset omdat hulle glo nie oor ander huisvesting beskik nie.

Die ANC-raadslid vir die gebied, Nokuthula Xaba, sê dat die gebou die toneel van ‘n misdaad was en dat niemand toegang daartoe behoort te geniet nie. Volgens haar moet die gebou weens die aard van die misdaad  vir ten minste drie dae leeg staan.

Nokuthula Xaba was enkele jare gelede in die nuus omdat sy self gratis huisvesting in ‘n woonstel vir verpleegsters in Hospitaalstraat, Johannesburg geniet het. Sy was voorheen ‘n verpleegster maar toe sy as raadslid verkies is, het sy nagelaat om as verpleegster te bedank en het steeds haar gratis woonstel behou.

Uitsettings het Woensdag kort ná die brand plaasgevind, maar vele inwoners het kort daarna na die gebou teruggekeer.

Liefdadigheidsorganisasies is tans besig om komberse en voedsel aan die inwoners te verskaf wat weer die gebou betrek het.

 

Nokuthula Xaba het ‘n beroep op die publiek gedoen om geld te skenk. “Ons het oop hande nodig; help, help, asseblief,” het sy aan die media gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Een van die dae nog ‘n brand of die gebou wat inmekaarstort en dan is dit weer die kolonialiste en apartheid se skuld.

  • Suidpunt

    Ek kan nogal die argitektuur waardeer (vir wat dit voorheen was) – dit moes voorheen ‘n ongelooflike mooi en moderne gebou gewees het. Dit lyk uitgeknip om as hoofkwartier te dien vir die Ontvanger van Inkomste, of iets. (Onderliggende boodskap: “dat so iets so ‘n mooi gebou moes oorkom”)

  • Antonie Geyser

    Daar is n volgehoude oorlog teen westerse waardes, beheer, gesag, wette aan die gang, ons kan net hoop dat die anc tydens die volgende verkiesing verslaan sal word; maar die kanse is skraal, daar is miljoene lede wat nie eers wil of kans kry om te stem nie-‘ dat niemand toegang daartoe behoort te geniet nie’ is n voorbeeld van wetteloosheid wat nie vasgevat kan en wil word nie, en wat betref “Ons het oop hande nodig; help, help, asseblief,”- ‘u breed em, u feed em’

    Dalk moet hulle die mense elk n kombers en n ‘meal for two’ gee en n buskaartjie huis toe.

  • Dave

    Twee Kongolese het gistermiddag om 3 uur by ‘n woonstel ingetrek waar ‘n Ugandees woon. Dit was ‘n baie netjiese woonstel wat meer afskortings as oorspronklik het. Die afskortings het ingesluit ‘n toorkamer met muti en ‘n geheime kamer met ‘n gat in ‘n muur waarin die Ugandees verdwyn wanneer sy slagoffers se oë toe is en later weer verskyn wanneer hulle oë weer toe is. As hulle hul oë oop maak, staan hy daar. Hierdie is ‘n wêreld waarvan die meeste van julle kommentators en opinie-uitsprekers niks weet nie maar net praat praat praat.

    Die Kongolese het daar ingetrek sonder dat die inwoner daarvan geweet het en nadat ‘n locksmith (slotmaker?) die deure oopgemaak het. Toe die Ugandees gisteraand om 8nm by sy woonstel instap is ek deur die sekuriteit gekontak en my aandete het in die bord bly staan.

    Die Kongolese het daar ingetrek met ‘n huurkontrak geteken deur die eienaar wat in Sydney woon en ‘n kwitansie vir deposito.Die eienaar in Sydney weet egter niks daarvan nie. Sy handtekening is vervals. Die kwitansie is nie eg nie.
    Die Ugandees het ‘n jaar of langer laas huur betaal. Toe hy daar aanland gister was die woonstel oop met twee ‘huurders’ daar in, sittende op sy rusbank, kykende na sy TV. Die Kongolese het daar ingetrek op my instruksies.

    Die eienaar in Sydney behou sy woonstel. Die Ugandees wat gister gesê het he’s going nowhere is moving out right now. Ek is geimmobiliseerd vir die oomblik want gedurende die drama van gisteraand het ek my linker enkel verstuit en ek loop (nou) met ‘n loopraam hopende om Maandag weer mobiel te wees. Dit was alles die moeite werd. Die Ugandees is causing havoc right now breaking down all partitioning in the flat but the Congolese guys were given instructions to keep him at bay. Dit is ‘n wêreld wat nie almal wat daaroor praat, ken nie. Hierdie is Afrika.

    • Flip Kriel

      Dis ‘n snaakse storie. Ek neem aan dit speel af in Johannesburg en jy is in beheer van die woonstel en het die skelm Kongolese (vals huurkontrak en kwitansie) toegelaat om bo-op die Ugandees in te trek sodat die Ugandees verplig is om uit te trek (twee teen een). Dis nie heeltemal volgens die reg nie maar soos jy dit stel – dit is Afrika en Johannesburg is nou ‘n lokasie iewers in Afrika en daar geld nie enige wette nie.

      • Dave

        Jy is ‘n goeie skut. So naby aan die kol as kan wees. Slegs die Johannesburg is verkeerd. Dit speel af op die strand. Nie heeltemal volgens die reg nie soos jy sê maar dit is makliker as om drie maande hofsake by te woon. Die Kongolese en slotmaker is ook goedkoper as prokureur en advokaat wat ek ook al betaal het as wetsgehoorsame burger. Dit is Afrika se boendoewette.

        • Ou Transvaal

          Wat gaan jy maak as die Kongolees môre binne jou blyplek tuisgemaak sit ……dit bly immers Afrika of wat praat ek alles ??
          En ja ek bly in die Gauteng en weet hoe werk Afrika ,dit wat jy goed praat , die boendoe wet word ook op jou toegepas ..

          • Dave

            As hulle hul daar sou tuismaak het niks verander nie. Daar was ‘n onbetaalde huurder en dan is daar steeds onbetaalde huurders wat nie mekaar ken nie en dit moet uitveg. Hulle het geen meubels want die eerste een waai met sy meubels. Dan het hulle geen inkomste.
            Hulle sal egter nie want hulle het nie ander werk nie. Dit is hulle beroep en word gereeld daarvoor ingespan. Twee bly in die woonstel en ‘n derde het toegang om kos af te lewer.
            Dit is so geslaagd, dit het een dag geneem om ‘n plakker te verwyder en die Kongolese is weg.

  • Riaan Slabbert

    Wonderlik!!! Kan iemand daar naby nie n klompie plakkers bymekaar maak om ook daar in te trek nie. Ek sal petrol en vuurhoutjies bydra vir die volgende rondte.