Bill Gates: Duitse immigrasiebeleid gaan tot ramp lei

Eers die ou terroris se hand geskud, toe landbouraad uitgedeel en nou tot sy sinne gekom

Bill Gates het gewaarsku dat Europa se oop-deur immigrasiebeleid tot ‘n ramp gaan lei.

Volgens die Microsoft-stigter Gates sal migrasie na Europa toeneem. “Die druk is enorm – net as gevolg van die uiters hoë bevolkingsgroei in Afrika,” het hy gesê.

Gates, een van die wêreld se rykste individue, meen dat Europese leiers die migrasiekrisis voed deur steeds groot getalle Afrikane te verwelkom. Hy het verwys na kanselier Angela Merkel se oopgrensbeleid. Die instromers wil onder meer in luukse hotelle gehuisves word, ‘n Samsung Galaxy S8 as ‘n geskenk ontvang, goue tande en gratis WiFi kry.

In ‘n onderhoud met die Duitse weekblad Welt am Sonntag het die 61-jarige gepraat oor die probleme wat veroorsaak word deur die “Duitse houding teenoor vlugtelinge”, insluitende onwettige immigrante.

Die Bill en Melinda Gates Foundation het jare lank probeer om effektiewe maatreëls teen uiterste armoede en siektes in Afrika en ander onderontwikkelde lande te bevorder, wat daarop dui dat Gates uit ervaring praat.

Die IT-miljardêr het gesê Duitse gasvryheid het bygedra tot die instroming. “Aan die een kant wil jy vrygewigheid en vlugtelinge aanmoedig, maar hoe meer vrygewig jy is, hoe meer word daaroor gepraat – wat op sy beurt meer mense motiveer om Afrika te verlaat,” het Gates verduidelik.

“Duitsland kan onmoontlik nie die groot, massiewe aantal mense wat na Europa wil kom, laat binnekom nie.” Gates het gesê Europa moet eerder “dit moeiliker vir Afrikane maak om die vasteland te bereik via die huidige vervoerroetes” om die huidige invloei te keer.

Italië het in bykans 85 persent van vanjaar se aankomste hanteer, die meeste van hulle uit sub-Sahara Afrika, terwyl baie Europese lande kla dat hulle ook sukkel om die inkomelinge te hanteer.

Frankryk het die pleidooi van Italië se minister van binnelandse sake, Marco Minniti, verwerp om sy hawens na migrante oop te maak. Minniti se eweknie, Gerard Collomb, het aan AFP gesê dit sal net meer immigrante aanmoedig om te kom.

Op Dinsdag het die Europese Kommissie ‘n nuwe hulpplan vir Italië en Libië aangekondig, wat €35 miljoen werd is om die vloei te verminder. Met die voorgestelde grensafsluiting deur Oostenryk, dreig ‘n nuwe krisis, die vasteland se ergste sedert die Tweede Wêreldoorlog.

Die EU wil Egipte, Niger, Ethiopië en Soedan aanmoedig om hul onderdane terug te neem, het die Kommissie gesê. Die plan sal bespreek word deur die ministers van binnelandse sake van die EU in Estland se hoofstad Tallinn Donderdag.

Die besluit in 2015 om ongeveer 160 000 vlugtelinge na verskillende lande te verplaas, maar die Hongare, Pole en Tsjegge het intussen geweier om die instromers van Italië en Griekeland te vat.

Die Europese migrasiekommissaris, Dimitris Avramopoulos, het Dinsdag ‘n beroep gedoen op EU-lande om die uitsetting van mislukte asielsoekers te bespoedig om die druk te verlig, maar het gesê dit benodig samewerking uit hul eie lande.

Die VN-syfers toon dat tussen 1 Januarie en 3 Julie het meer as 85 000 immigrante Italië oorval, byna 9300 Griekeland, 6500 Spanje en meer as 270 Ciprus.

“Ons is onder geweldige druk,” het Italië se Minniti die naweek gesê. Die Rooi Kruis het intussen gewaarsku dat die situasie in oorvol ontvangssentra kritiek geword het, terwyl die VN se vlugtelinge-agentskap gewaarsku het dat Italië nie tienduisende migrante alleen kan opneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    “Aan die een kant wil jy vrygewigheid en vlugtelinge aanmoedig, maar hoe meer vrygewig jy is..’
    Zo ‘vrijgevig’ is de dagelijkse praktijk hieromtrent niet.
    In geen 1 W.E. EUSSR land en zeker ook niet in volksvijandig Duitsland.

    Ik geef u nog maar weer een voorbeeld uit de ‘bejaardenzorg’ in een ‘Pflegeheim’ en ‘Krankenhaus’.
    Vorige week viel een nog goed van geest zijnde oude dame van 92 op grond. Zij struikelde toen ze met haar rollator liep en vertelde dat zij pijn had in de heup.
    Zij werd naar het hospitaal gebracht waar een röntgenfoto werd genomen en geen ernstige schade werd vastgesteld.
    Haar werd medisch aangeraden veel te bewegen.
    Terug in het verpleeghuis, bleef zij echter veel pijn houden en na drie dagen werd zij toch maar weer naar het hospitaal gebracht.
    Bij een volgende scan bleek haar heup gebroken !
    Dit is eerder regel dan uitzondering geworden en daar kan ik persoonlijk over meepraten.

    Kijk,ook de zorgsector(verpleging, medische sector) wordt natuurlijk overspoeld met door linkse volksvijandigheid gesteunde ‘vluchtelingen’ en ‘migranten’ en de overbelaste dokter heeft informeel de opdracht om autochtonen te verwaarlozen. Zeker gerelateerd aan wat wordt en werd in betaald in de ‘sociale systemen’.
    Dat zie je al jaren en jaren op elk terrein !

  • Fork

    Die invloei van die “vlugtelinge” van afrika, is besig om die regte geval te skep vir die regse partye om aan bewind te kom.
    MAAR, ek glo vas dat die is terug betaling van al die jare wat die Europese lande die res van die wereld onder druk het. Die EU kan al die geld in die wereld aan die Afrika leiers gee maar hulle sal nogsteeds misluk.
    Elke Europese vrou, kind en man wat verkrag of vermoor word deur die “vlugtelinge” het hulle eie regerings te danke vir dit.

    • Hans Onrust

      Het Merkel regiem is op volle kracht bezig om o.m. de AfD neer te sabelen.

  • Vicky

    Gates spandeer biljoene om die Afrika geboortesyfer NOG te laat styg. Hy is n ingenieur van chaos.

  • John

    Watter reg dra meer gewig – die swart man se reg op toegang tot Europa of die swart man se reg om sy ancestral grond terug te gryp in Zimbabwe ?

    Die poliekuste is besig om die correction monster in hulle eie blanke bevolkings te voer. Die sg. regse bewegings hoef eintlik niks te doen om ondersteuning in te ryg nie. Hul regerings se speletjie en die meegaande gevolge doen dit vir hulle.

    Nog so jaar of twee van publieke geweld, plunder en verkragting en ek reken selfs die mees super verligde Hollander sal maar ‘n kruis trek vir Geert. Wat nog van 5 .. 6 jaar ?!

    • Hans Onrust

      Hallo John.
      Heeft u een bijzondere reden om Zuid Afrika niet te noemen in uw 1e vraag ?
      bv. het fenomeen Plaasmoord lijkt toch ook deel uit te maken van de dagelijkse praktijk van ‘grond terug te grijp’ in anc sacp Suid Afrika.
      Of ziet u dat anders ?

      Volgt u de nu al maanden durende regeringsformatie in Holland een beetje ?
      Alles wordt in het werk gesteld om Wilders’ partij uit de onderhandelingen te houden.

      • John

        Goededag Hans,
        Terdee bewus van die aborsie in Suid Afrika. Ek skat my punt is dat dit juis die ding is waarvan die Europeers nog nie bewus is nie. Ek het geen twyfel dat daar enorme hoeveelhede tyd en geld spandeer word om wetgewing te vermink totdat dit uiteindelik demokrasie self d.m.v. demokrasie uitstof nie.

        Maar niemand kan ontken dat die politieke uitslag onlangs aandui dat die oorgrote meerderheid kiesers in Nederland – en elders nog glad nie ontwaak het nie, en, soos dit al meer blyk die geval te wees, waarskynlik nooit sal nie.

        Wat ons hier het is ‘n uiters self bewuste en afhanklike jong sosiale verstand. Die anekdoot lui ‘liewers dood as uit die mode’. Ek dink dit is letterlik waar. Dit, en die feit dat wit mense nog steeds eeu oue wrokke en bevooroordeeltheid heens mekaar se kulture koester hou ‘n groot bloeiende wond wawyd oop. So aan die een kant is daar ‘n jong geslag wie vas glo dat almal gelyk is en aan die ander kant is daat ‘politieke elite wie mekaar bevark d.m.v. die afdwing van daardie gelykheid op mekaar oor die land grense heen. Soos ons gesien het met Brexit, die Commonwealth se smelt pot is ‘n edel ding solank dit net nie van toepassing is op Britte binne hul eie land nie.

        Die blanke dierasie wat hier ander kant gaan uitstap gaan nie ‘n politieke aard he nie en die oplossing sal nie polities wees nie.

    • As dit maar net so kan wees, maar na meer as 20 jaar in SA hou die Progresiewe Liberale nog steeds vas aan hulle selfvernietegende idiaale. Ek dink nie daar is pille vir domheid nie, en ons weet tog almal dat Liberalisme ‘n geestes versteuring is.

      • John

        Ongelukkig basies korrek ja. By my is die gees vir ontleding ook geblus. Wanneer linksheid iemand betrek in debat is dit nie vir die onthalwe van debat nie, dis bloot om aandag te kry en tyd in beslag te neem. Heel laas die aard van die nuwe geslag is meer self beheptheid as verligtheid.

  • Rooikop

    Baie makilik – stuur hulle terug. En sink die wat naby jou kus kom.

  • Skisofreen

    Bill Gates besig om steun te werf vir sy entstof. Hy en sy mede uitverkorenes gaan die steun benodig wanneer mense oor ‘n dekade of twee begin ontdek dat sommige van die entstowwe “onvoorsiene” newe-effekte soos sterilisasie tot gevolg gehad het. Reeds begin skrywers soos Dan Brown vooraf programmering versprei om die voordele van sodanige ingryping wit te verf.

  • coendemilander

    Kosie, gaan laai vir jou LibreOffice gratis af vanaf die Internet. Dis enige tyd net so goed soos MS se aanbod.