Amerikaanse energie losgelaat: Trump se besoek aan Pole

Die Amerikaanse president Donald Trump hoop om Rusland se verhouding met Europese aardgaskliënte uit te daag, sodat die VSA die oorheersende verskaffer van vloeibare aardgas, oftewel VAG, na die EU kan word. Maar dis baie duurder om Amerikaanse gas te koop.

Reuters het berig dat Trump Donderdag ‘n dosyn lande wat na Rusland kyk vir hul energiebehoeftes, sal probeer oorreed om van vinnig groeiende voorrade van Amerikaanse natuurlike gas gebruik te maak en om dié produk as ‘n politieke instrument in te span.

Amerikaanse Republikeinse wetgewers, waarvan baie anti-Russies is, ondersteun die gebruik van gasuitvoere vir politieke hefboomkrag. Dit is die stryd van pyplyne teenoor VAG-vragskepe.

“Dit ondermyn die strategieë van Poetin en ander sterk manne wat probeer om die ligskakelaar as ‘n element van strategiese krag te gebruik,” het senator Cory Gardner, ‘n Republikein uit Colorado, verduidelik. Gardner sit op die Senaat se Buitelandse Betrekkingskomitee.

Die Kremlin is baie afhanklik van olie- en gasinkomste, dus sal verminderde markaandeel vir die Russiese staats-energie reus Gazprom, Moskou seermaak.

“Die VAG-uitvoere deur die VSA is op baie maniere die mees bedreigende Amerikaanse beleid vir Rusland,” het Michal Baranowski, direkteur van die Amerikaanse dinkskrum in Warskou, die German Marshall Fund gesê.

Amerikaanse energie-gesant Amos Hochstein sê ‘n groter mededinging is nodig met Rusland se Gazprom deur verhoogde VAG-invoer na Europa. “Jy veroordeel Oos- en Sentraal-Europa tot nog 30-50 jaar se afhanklikheid van een verskaffer,” het Hochstein aan EURACTIV Slowakye gesê.

Noorweë verkoop byna twee-derdes van Britse gasinvoere via pypleidings, maar niemand kla dat Noorweë ‘n “politieke” projek verkoop nie. Maar soos Miguel Arias Cañete, Europa se klimaat- en energiekommissaris, daarop gewys het, is Nord Stream 2 ‘n projek wat groot politieke gevolge het.

Die VSA sal na verwagting in 2020 die wêreld se derde grootste uitvoerder van VAG word, net vier jaar nadat die eerste uitvoere begin het. Amerikaanse uitvoerders het die meeste van die gas verkoop in langtermynkontrakte, maar daar is nog steeds volumes wat aangebied word, en meer uitvoerprojekte kom sê hulle. Die jongste BP Statistiese Oorsig dui egter daarop dat stygende hernieubare voorraad die vraag na gas verder kan laat daal.

‘n Energie-ontleder op die Johannesburgse Effektebeurs het aan PRAAG gesê dat VAG-kontrakte vir ‘n vyfjaartermyn aangebied word, met ‘n vragskip wat gratis ingesluit word vir vervoer.

Hierdie jaar het die EU se regsdienste-afdeling besluit dat die EU-energiewette nie op die Russiese Nord Stream 2-pyplyn van toepassing is nie. Duitsland se energienetwerkreguleerder het met die assessering saamgestem en die hoop van diegene wat die projek deur EU-wetgewing wou blokkeer, vernietig.

Vyf Europese energie maatskappye sal elk 950 miljoen euro betaal om ‘n nuwe gaspypleiding van Gazprom te finansier as deel van ‘n finansieringspakket wat ‘n aansienlike hindernis vir sommige EU-lande geword het.

Royal Dutch Shell, Oostenrykse OMV, Engie van Frankryk en Duitsland se Uniper en Wintershall sal elk lenings gee wat 10 persent van die koste van die pyplyn van €9,5 miljard sal dek. Gazprom verskaf die oorblywende 50 persent, berig The Financial Times.

Nord Stream 2 word betwis deur die VSA en Pole, want dit kan Rusland se afhanklikheid van die gebruik van Oos-Europese lande as betaalde deurgange verminder. Maar selfs sonder Nord Stream 2 het Gazprom se eienaarskap van Europese gasmarkte gestyg. Dit het na wat berig word van 31 persent in 2015 gestyg tot 34 persent verlede jaar, volgens Bloomberg.

In ‘n persverklaring op Gazprom se webwerf het die maatskappy opgemerk: “Die noordelike korridor word fundamenteel vir gasvoorsiening regdeur Europese Rusland gelei en integreer die kortste, mees betroubare en doeltreffende nuwe roete vir gasuitvoer na Europa, wat strek van Yamal na Duitsland via die Oossee. Dit is die Nord Stream 2-projek, waarvan die implementering volgens skedule uitgevoer word.”

Die pyplyn is ontwerp om ‘n geskatte 55 miljard kubieke meter Russiese aardgas per jaar na Duitsland via die Oossee te lewer, om die Oekraïne te omseil.

In 2016 het die eerste ministers van Tsjeggië, Estland, Hongarye, Letland, Pole, Slowakye en Litaue ‘n brief gerig aan die president van die Europese Kommissie, Jean-Claude Juncker, wat beswaar maak teen die konstruksie van die Nord Stream 2-pyplyn, aangesien die projek na bewering kan lei tot “geopolitieke destabilisering”, het die Poolse nuusagentskap PAP berig.

Maar Berlyn hou vol dat Nord Stream 2 ‘n eenvoudige kommersiële onderneming is waarby die EU en die VSA nie moet inmeng nie. Die projek sal Duitsland as ‘n nodus op die Europese gasmark vestig, en vervang die dalende gasproduksie van die Nederlandse en Britse sektore van die Noordsee.

“Europa sal die groot mededingende arena tussen Russiese gas en VAG wees,” het Daniel Yergin gesê, ‘n Pulitzer-pryswennende oliehistorikus en vise-voorsitter van die IHS Markit-ontledingsfirma.

Europa sal met gespanne aandag dophou of Trump sy administrasie se posisie oor die nuwe pyplyn by die Trimarium-byeenkoms verduidelik. “Sommige dinge moet die Europeërs self besluit,” het Peter Wittig, die Duitse ambassadeur in die VSA, verlede maand in Washington aan verslaggewers gesê.

Hy het bygevoeg dat die Amerikaners ‘n aantal vrese van ander Europese lande uitbuit. As Trump nie slaag om die wig in te dryf nie, sal NAVO natuurlik volgende sneuwel aangesien die Atlantiese verdragsorganisasie op Europese eenheid staatmaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    ” … niemand kla dat Nooweë … ” – ‘Noorweë’

    “In 2016 het die eerste ministers van Tsjeggië, Estland, Hongarye, Letland, Pole, Slowakye en Litaus ‘n brief gerig … ” – ‘Litaue’

    Litaus is die taal, die land se naam is Litaue.

    “In Litaue self word Litaus deur 2 955 200 sprekers (insluitende 3 460
    Tatare) – of sowat 80 persent van die totale bevolking in 1998 – as
    moedertaal gepraat.” Wikipedia https://af.wikipedia.org/wiki/Litaus

    • Charles

      Baie dankie Rifrug, ek het ook die spelfoute opgemerk. Korrekte Afrikaanse spelling is van uiterste belang!

      Interessante tye le voor ons!

      • Skisofreen

        lê 😉

        • Charles

          Ek weet nie waar om die simbole op die sleutel/toetsbord te vind nie;)

      • Ja, dit is belangrik. Daar is ‘n hele Afrikaanse woordeskat vir die vaardigheid en proses om bv. jou eie patrone te laai.

    • Karel Combrinck

      Geluk ook, Rifrug dat jy praat van “Tatare”. Meeste mense sê “Tartare”.

  • Karel Combrinck

    Onthou ook dat die VSA se vyandigheid teenoor Bachar al-Assad spruit uit al-Assad se weiering om ‘n gaspypleiding vanaf die Midde-Ooste deur Sirië na Wes-Europa toe te laat. Die doel met so’n pypleiding is uiteraard om die Russiese houvas te ondermyn.