HOP-huis aansoeke gebrand in Musina

Opposisiepartye en gemeenskapslede by Musina in Limpopo beweer dat munisipale amptenare en raadslede betrokke kon gewees het by ‘n brand die naweek by die kantoor van die munisipaliteit se behuisingsbestuurder, Kenneth Ravhuanzo.

Die brand is geblus voordat dit na die res van die munisipale gebou kon versprei. Dokumente en kantoormeubels is in die brand vernietig.

Elliot Magwira van die DA beweer dat die brand gestig is om voltooide aansoeke vir HOP-huise te venietig wat in Ravhuanzo se kantoor was.

Hy sê gemeenskapslede in Musina is ontevrede oor die wyse waarop huise toegeken word.

‘n Woordvoerder van die munisipaliteit, Wilson Dzebu sê hulle is besig met ‘n interne ondersoek om te bepaal hoe die kantoor aan die brand gesteek is ten spyte van die teenwoordigheid van veiligheidswagte en kameras.

Die polisie in Limpopo het ‘n beroep gedoen vir inligting oor die brand in die Musina-munisipale gebou.

Die brand het in die behuisingsdepartement begin, maar is geblus voor dit na die ander kantore kon versprei.

Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die brand was nie. Dit volg na brande Vrydag in die kantore van die Gautengse premier in Johannesburg en ‘n stoorkamer van die Oos-Kaapse premier in Bisho.

Dis nou die derde dag van gewelddadige diensleweringsbetogings in Houtbaai op die Kaapse Skiereiland. Plakkers van die Imi-zamo Ye-thu plakkerskamp het Saterdag paaie met brandende bande versper, en klippe is na voertuie gegooi.

Betogers eis behoorlike behuising, na ‘n brand in Maart honderde hout- en yster strukture verwoes het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Wat het geword van my aansoek vir “1Ha per Family” asb?

  • Antonie Geyser

    in ‘Howtbay’: het ek dit reg? Hulle brand shacks af, nou soek hulle hop huise. Dit is n duidelike skelm ‘manouver’ om die huis-‘que’ te ‘jump’ in die wes-kap