ANC regime stof Das Kapital af om swart eenheid te bou

Die Zimbabwiese utopie wat wag

Die ANC sal glo die media inlig oor wat die afgelope vier dae by die party se beleidskonferensie in Johannesburg bespreek is.

Die voorsitters van subkomitees het onder meer grondgryp op die Zimbabwe-manier, met die fokus op onteiening en markonverwante vergoeding bespreek in ‘n ekonomiese klimaat wat juis nie om hierdie “oplossings” vra nie.

Marxistiese begrippe soos “ekonomiese transformasie” wat daarop gemik is om “monopoliekapitaal” dmv radikale stappe aan te vat, is klaarblyklik deel van die party se beplanning. Monopoliekapitaal sal egter baat by die party se beleid terwyl die wit middelklas – of wat daarvan oor is – gaan vou.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe sê hy is tevrede met die “kwaliteit” van debatte by die party se nasionale beleidskonferensie, wat Vrydag by Nasrec in Johannesburg begin het.

Mantashe sê wanneer afgevaardigdes van mekaar verskil, “debatteer” hulle en probeer mekaar van hulle standpunte oortuig. Debatte is egter totaal vreemd aan die Afrika-kultuur; dit gaan immer oor konsensus.

Die ANC se Duits is blykbaar uitstekend

Hy sê dit is positief dat jong ANC-lede oor komplekse kwessies “debatteer” nadat hulle hulle “eie navorsing” gedoen het. Die “eie navorsing” lyk meer soos ‘n ou afgeleefde stelletjie gemeenplase wat die lede uit Marx se Das Kapital vertel is.

Mantashe is waarskynlik meer tevrede dat daar swart eenheid is om wittes van hul bates te vervreem sonder vergoeding.

Die ANC het Maandag erken dat hy die swakste is sedert die party in 1994 beheer van die land oorgeneem het. Hy het ook erken dat die geskiedenis al bewys het dat bevrydingsbewegings dikwels na 20 jaar verswak en verkrummel.

Die antwoord daarop blyk nou te wees dat die party ideologies gaan ingrawe en hul kiesers gaan opsteek met anti-wit slagspreuke. Daarin word die ANC gerugsteun deur die DA, AgriSA, RSG, Solidariteit en Afriforum wat almal ewe hard probeer om tegemoetkomend liberaal te wees.

In die Noord-Kaap het die ANC aangedui dat hulle enige stappe sal ondersteun om eenstemmigheid te bereik oor wie president Jacob Zuma as leier van die regerende party moet opvolg. Die Zoeloe-faksie binne die ANC sal nie toelaat dat die leierskapsverkiesing in Desember bestrede is nie, alhoewel die res, veral in Gauteng ‘n wig probeer indryf teen die etniese oorheersing van die Zoeloes.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa wil die voormalige voorsitter van die Afrika Unie kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma in die verkiesingstryd uitdaag, maar daar is eensgesindheid onder die Zoeloes dat hy uitgehou moet word. Ramaphosa se kanse is in elk geval skraal want hy het geen steun onder swart kiesers nie.

Die ANC in Kwa Zulu-Natal stel voor dat die twee kampe met formele onderhandelings moet begin om te keer dat ‘n leierskapstryd die party verder verdeel. Die voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap, Zamani Saul, sê die verkiesing gaan baie moeilik wees as die party verdeeld is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    ” … tevrede dat daar daar swart eenheid is … “

  • Met beskeie ondervinding van die Afrikadenke in SA, Zimbabwe, Mosambiek, Zambie, Botswana, Namibie, Tanzanie, Angola, Burundi, DR Kongo, Ruwanda, Ivoorkus, Ekwatoriaal Guinea, Kenya, Zansibar, Madagaskar en Komorros, .. sou ek meen dat Radikale Ekonomiese Transformasie in SA en Afrika in die koppe van Afrika se mense moet begin soos in Romeine 12:1-2 gestel. Intussen weet ek nie of Romeine 12:1-2 enige inslag vind in die koppe van blankes en Afrikaners in SA nie?

    • Rifrug

      ” … Afrikadenke … ” – ‘n Teenstrydigheid in terme, oftewel oksimoron!

  • Hans Onrust

    onder die foto : ‘hij se die EFF(anc sacp) het plek vir die Afrikaners’

    Nee, duidelijk……Altijd plek voor van wat nog over is van racistisch wraaklustig mensonwaardig arm gemaakte blanken, terwijl de racistische opruiende graaiende moordende biefstuksocialisten in de partijtoppen, weer in de folders loeren om een nieuwe BMW 7 serie te bestellen….’Als beloning voor hun harde werk'(vreet en zuip en lieg, roof en moord)
    https://uploads.disquscdn.com/images/37058854b974f1c19dfc88bbf6407ec7ec04a6ffbd96f0e6c11d65cf9b780dec.jpg https://uploads.disquscdn.com/images/9616764964960513dd0dd6701c2790d67978ea6b98ecf338c3f05a4fc05c6305.jpg

  • Rooikop

    “EFF het plek vir Afrikaners” – hy is heeltemal reg. Die enigste plek wat die EFF bereid is om die Afrikaner te gun is die graf. Wie hierdie nie besef nie is horende doof en siende blind.(Of net so onnosel soos die laaste NP leiers)

    • Charles

      Presies, dankie Rooikop.

  • John

    Wat `n kombinasie ! Die betoging mentaliteit van die EFF gekombineerd met `n goeie godsdienstige fundering van die Afrikaner. Boekevat voor betoog, Bid en betoog.

    Gesien in die lig van die feit dat die Afrikaner geen leiers het nie hoe dan anders. Ek kan myself die gesprekke voorstel rondom die raadop braaivleis “..weet, hulle is nie so sleg nie ..” “.. hulle het eintlik `n paar goeie punte weet jy..” die jaloesie van dottor Piet Muller moet nuwe hoogtes bereik ! Nou dat hy en Kort Broek Van Schalkwyk besef die stadige Afrikaners kan ook tips vang oor hoe om politieke hoerasie in te span vir oorlewing. Wat is die groter skande ? die feit dat die Boere nie die dottors vertrou nie of dat die Boere saam met die tuin booi staan en Umqombothi suip om die konka ?!

  • Charles

    Hulle moes vinniger gespring het; politiese strominge en denke het verander in die wereld…Donald John Trump.
    Jammer vir hulle; die VSA is steeds die enigste supermoondheid in die wereld.
    Wat, o wat, gaan President DJ Trump doen wanneer vyandelikhede hier uitbreek?