Tunisiër vermoor bejaarde Oostenrykers ‘uit die haat vir die Vryheidsparty’

Deel op

Na die wrede moord op ‘n bejaarde egpaar vroegoggend in Linz, Oostenryk, is die motief vir die misdaad nou opgelos: Die verdagte – ‘n 54-jarige Moslem uit Tunisië – het die bloedbad uit haat vir die FPÖ [Freiheitliche Partei Österreichs ] Die Oostenrykse Vryheidsparty gepleeg, volgens die polisie.

Hy het die afgelope paar jaar sy negatiewe ervarings in Oostenryk op die twee oumense geblameer en wou ‘n waarskuwingsvoorbeeld stel sê hy.

Dus het die dubbelgrumoorde in Linz ‘n politieke motief gehad, soos die nasionale polisiedirekteur van Bo-Oostenryk Andreas Pilsl Saterdagmiddag opgemerk het aan die Oostenrykse dagblad, Krone.

Die verdagte van die dubbelmoordmoord, wat sedert 1989 in Oostenryk woon, is in 2012 gevonnis vir die mishandeling van diere, na ‘n klag deur ‘n plaaslike FPÖ-verkose lid van ‘n stadsraad.

Van toe af het hy die FPÖ vir alle negatiewe persoonlike ervarings geblameer. Byvoorbeeld, toe hy na sy mening sleg behandel is by die werksentrum, of een keer toe sy voordele ingekort is.

Die vermeende dubbelmoordenaar het beweer dat sy twee slagoffers met die FPÖ verbind kon word – wat eintlik nie eens waar was nie, volgens Pilsl. Die twee oues het geen bande met die party gehad nie. Die 54-jarige verdagte het sy daad akkuraat beplan, hoewel hy geweet het dat die twee pensioenarisse nie verantwoordelik was vir sy situasie nie, volgens die nasionale polisiedirekteur.

Volgens voorlopige ondersoeke het die Tunisiër eerste die 85-jarige vasgebind, waarna hy die man met die mes gesteek en ‘n stok geslaan en hom vermoor het. Toe het hy die kombuis van die huis aan die brand gesteek. Die nooddienste het die lyke van die bejaarde egpaar tydens ‘n brandbestrydingsoperasie ontdek.

Volgens inligting wat aan Krone beskikbaar is, het die twee bejaarde Oostenrykers hom selfs finansieel bygestaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.