Amalia-plaasmoord: Bejaarde se lyk in veld gekry, aanvallers soek

Die polisie in Noordwes is steeds op soek na ‘n onbekende getal aanvallers in verband met die moord op die 72-jarige Elsa Erasmus op haar plaas buite Amalia in Noordwes.

Erasmus se lyk is Sondagmiddag in die veld ‘n paar kilometer van haar bakkie gevind nadat sy sedert Saterdagmiddag vermis was.

Voorsitter van die Amalia-landbouvereniging, Gerrit Meyer, wat Erasmus goed geken het, sê haar kinders het onraad vermoed toe hulle haar nie op haar selfoon in die hande kon kry nie.

Meyer sê Erasmus het alleen op die plaas gebly en geboer nadat haar man ‘n paar jaar gelede oorlede is.

Volgens hom is daar ‘n vermoede dat sy Saterdag in haar plaashuis deur aanvallers ingewag is toe sy van haar beeste in die veld teruggekeer het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.