Redakteursforum versoek interdik teen ‘Black Land First’

BLF-lede bots met 'n groep meesal blanke betogers buite die Gupta-huis in Saxonwold, Johannesburg.

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum, wat soos omtrent alles in die land slegs oor ‘n Engelse akronomiem, SANEF, beskik, sou vandag ‘n aansoek om ‘n interdik in die Suid-Gautengse Hooggeregshof teen Black First Land First (BLF) liasseer.  Dit volg op betogings verlede week voor die huis van Peter Bruce, oorhoofse redakteur van Business Day.

BLF, wat aangevoer word deur die swartbewussynsaktivis, Andile Mngxitama, dreig ook om ‘n lys van ander liberale joernaliste voor stok te kry. Die lys bestaan uit die volgende persone:

  • Peter Bruce
  • Sam Sole
  • Adriaan Basson
  • Stephen Grootes
  • Max du Preez
  • Barry Bateman
  • Alec Hogg

BLF beskuldig die joernaliste, wat meesal in Suid-Afrika as liberaliste gesien word, van rassisme en dat hulle “blanke korrupsie verdoesel”. Die joernaliste word ook verdink dat hulle bande met “blanke monopoliekapitaal” het.

Die minister van polisie, Fikile Mbalula, het ook sy ontsteltenis oor BLF se dreigemente om voor joernaliste se huise te betoog, uitgespreek. Volgens Mbalula kan die land nie bekostig dat sy reputasie vir “mediavryheid” in die gedrang kom nie.

Die leier van BLF het intussen getwiet dat die organisasie se webblad opgeskort is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.