Leon Lemmer: Is die Reitz-familie Boere-adel?

FW Reitz

Wanneer die naam Reitz deesdae genoem word, word gewoonlik aan die dorp Reitz in die Oos-Vrystaat of aan die Reitz-voorval aan die Universiteit Vrystaat (UV) gedink. Die dorp is vernoem na Francis William Reitz jr wat die president van die Oranje-Vrystaat was (1889-1895). Die Reitz-voorval het in 2007 plaasgevind (maar eers later opslae gemaak) toe blanke studente in die Reitz-koshuis voorgegee het dat hulle op die kos van swart skoonmakers geürineer het. In ‘n normale samelewing sou so ‘n beuselagtigheid geen noemenswaardige aandag gekry het nie. Jonathan Jansen, wat kort na die gebeure die UV-rektor geword het (2009-2016), het hierdie voorval egter tot die uiterste ten koste van blankes uitgebuit. In sy jongste boek, As by fire: The end of the South African university (Cape Town: Tafelberg, 2017, 287p, R280; Amazon Kindle $23,34) beweer Jansen op sy kenmerkende oordrewe manier “the racist Reitz scandal” (p 199) “constituted the most serious human rights violation on a university campus in the post-apartheid period” (99) en “The Reitz incident of 2007/08 remains the event against which all subsequent racial incidents are bookmarked in all media forms” (214). Ek hoop om later in besonderhede oor Jansen se boek te skryf.

Ek het op skool met FW Reitz jr se Afrikaanse gedigte en rympies kennis gemaak. “His liedjies – or rympies, as he called them – were peppered with genial humour and homespun wisdom and won him a popular following” (Meredith, bron hier onder, p 17). Soos CJ Langenhoven (1873-1932) wou Reitz leeslus aanwakker en die gebruik en erkenning van die Afrikaanse taal bevorder. Later het ek meer inligting oor hierdie Reitz bekom en gedink hy is ‘n sprekende voorbeeld van Boere-adel. Om lid van die Boere-adel te wees, beteken om onmiskenbaar Afrikaner en boonop kultureel verhewe te wees, bv Afrikaans so suiwer moontlik te gebruik. Om hierdie rede het ek die publikasie van Martin Meredith se boek verwelkom, Afrikaner odyssey; The life and times of the Reitz family (Johannesburg: Jonathan Ball, 2017, 215p, R250; Amazon Kindle $17,10). Die outeur beskryf die Reitze as “an aristocratic Afrikaner family caught up in the tide and turmoil of war” (p xv) en “Frank Reitz was born into an aristocracy of wealthy and distinguished Cape families” (13). Daar is ‘n gedenkteken vir die Reitz-familie te Mariepskop in die Drakensberg (xvi).

Die boek handel veral oor die geskiedenis van Suid-Afrika in die tweede helfte van die 19de eeu en die eerste dekades van die 20ste eeu en by uitstek oor die Anglo-Boere-oorlog (ABO, 1899-1902). In die boek is daar drie uitstekende kaarte wat lesers help om die verloop van die ABO te volg. Die outeur het ongelukkig nie diepgaande (bv argivale) navorsing oor die Reitz-familie gedoen nie. Daar word besonderhede oor veral drie mense verskaf: Francis William Reitz sr (1810-1881); sy seun, Francis William Reitz jr (1844-1934), gewoonlik FW genoem, maar Frank in die boek en voortaan ook in hierdie skrywe om hom van sy pa te onderskei; en Frank se seun, Deneys Reitz (1882-1944).

Die anti-Britse boek, A century of wrong (1900), waarvan Jan Smuts (1870-1950) die hoofouteur is, is onder Frank se naam, FW Reitz, gepubliseer (76). Deneys het drie outobiografiese boeke gepubliseer: Commando: A Boer journal of the Boer War (1929), Trekking on (1933) en No outspan (1943). Al drie is as e-boek by Amazon teen $1,13 elk beskikbaar.

Francis William Reitz

Francis William Reitz sr (1810-1881) “was the son of a Dutch naval officer who settled in Cape Town in 1794 and married into the Cape’s Afrikaner aristocracy” (xii). Francis het in veeartsenykunde in Edinburgh studeer en hom op die plaas Rhenosterfontein by Swellendam gevestig. “In 1833, he married Cornelia Magdalena Deneys, the daughter of a Swellendam official who was related to the Van Reenens, an eminent Cape family” (13); vandaar die naam van sy kleinseun, Deneys. In 1854 het Francis ‘n lid van die eerste Kaapse parlement geword. Dit is duidelik dat hy sosiale aansien geniet het. Uit sy en sy kinders se name is die invloed van verengelsing egter duidelik, bv Frank se suster se naam is Frances (47).

Frank Reitz

Frank Reitz (1844-1934) het in die regte in Londen studeer. Hy het dit moeilik gevind om as regsgeleerde ‘n bestaan in die Kaapkolonie te maak. “At home, Frank had been accustomed to conversing in English and Afrikaans, but not Dutch” (17). “In his spare time, he experimented with writing in Afrikaans, a colloquial language commonly used among Boer farming communities throughout southern Africa that had only just begun to appear in print form” (16). Louis Henri Meurant (1811-1893) se boek, Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar (1861), was die eerste boek wat in Afrikaans gepubliseer is. Engels was die enigste amptelike taal in die Kaapkolonie (17). In 1873 het Frank die parlementslid vir Beaufort-Wes geword. In 1874 “he married Blanca Thesen, the 19-year-old daughter of an immigrant family from Norway” (18). Blanca se broer, Charles (1856-1940), het ‘n groot rol in die hout- en skeepvaartbedryf in Knysna gespeel.

Frank het op jeugdige leeftyd die hoofregter in die Oranje-Vrystaat geword (1874-1889). In die Vrystaat “Dutch was chosen as the official language of the Volksraad” (8). Frank het hierna die Vrystaatse president (1889-1895) geword. As president “[he] advocated much closer collaboration with the Transvaal. ‘We are sprung from the same blood and have the same language and religion, the same love of freedom'” (46). In 1899 het Frank met Paul Kruger (1825-1904), die Transvaalse president (1883-1900), ‘n “‘defensive alliance’ against foreign aggression” gesluit (46). “A political treaty they signed spoke of their long-term aim of establishing a ‘federal union’ between the Free State and Transvaal. Reitz regarded a federal union between the two Boer republics as being part of the process of constructing an independent union of all states of southern Africa” (46-47).

Weens swak gesondheid het Frank as president uitgetree. Hy is opgevolg deur Marthinus Theunis Steyn (1857-1916). Steyn het die verdedigingsverdrag met Kruger hernu en hulle het die ideaal van ‘n federasie herbevestig. Steyn het gesê: “We have the same people, the same history, the same language, and the same form of government” (60). Hierdie ooreenkoms het ‘n deurslaggewende rol tydens die ABO gespeel. Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan, 1845-1909), leier van die Afrikanerbond in die Kaapkolonie, het egter gesê: “You can rely on our sympathy, but do not expect any help from the Cape Afrikaners in case of war” (77).

Hierteenoor, tydens die ABO, “even British officials acknowledged that half of the Colony’s white population was ‘more-or-less’ pro-Boer and that the greater part of the colony was ‘in a half suppressed state of secret rebellion'” (152). In die praktyk was dit egter moeilik om Kaapse Afrikaners vir aktiewe diens aan Boerekant te werf. “Smuts admitted that it had been more difficult to recruit Cape rebels to the Boer cause than he had expected” (166). Volgens Smuts “the total number of colonial citizens who had joined the Boer cause was no more than 3 000. (In fact, the number was probably about 6 000, out of an Afrikaner population of 260 000)” (174). Na afloop van die oorlog die Kaapse rebelle “were disenfranchised for five years” (175).Van Duitsland en Frankryk sou geen amptelike hulp vir die Boere kom nie.

In 1898 het Frank die staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek/Transvaal geword. Hy was tweede in bevel, na die president, Paul Kruger. Dit was Reitz “who presented Britain with the ultimatum that led to the outbreak of war in October 1899. After the fall of Pretoria in 1900, when Kruger departed for exile in Europe, Reitz was left in charge of the Boer republic’s administration, relocating the seat of government 62 times, as British commanders tried to hunt him down” (xiii-xiv; ook 127).

Frank het sewe seuns en ‘n dogter by Blanca gehad, maar drie van hulle is vroeg dood. “Of the five surviving sons, Hjalmar, named after a Norwegian uncle, was born in 1877; Joubert, named after a renowned Transvaal general, was born in 1880; Deneys, in 1882; Arnt Leonard (Atie), in 1883; and Johannes (Jack), in 1887” (35-36). Jack was te jonk vir deelname aan die ABO, maar die ander vier het dwarsdeur die oorlog geveg of totdat hulle gevange geneem is. Byvoorbeeld, Joubert is as banneling na Bermuda gestuur. Al vier het die ABO oorleef. Daar is by Frank ‘n duidelike neiging weg van Engelse name vir sy kinders.

Frank se vrou, Blanca, het in 1887 gesterf. In 1889 het hy met Cornelia Mulder getrou, wat die lewe aan sewe kinders geskenk het. Sy en haar kinders het gedurende die ABO veiligheidshalwe in ballingskap in Nederland gewoon. “At home, the Reitz family spoke both English and Afrikaans. But Frank Reitz had become increasingly preoccupied with promoting the use of Afrikaans. He gave his support to Stephanus [SJ] du Toit’s (1847-1911) Genootskap van Regte Afrikaners [established in Paarl in 1875] and contributed enthusiastically to his newspaper” (37), Die Afrikaanse Patriot (1876-1904).

Frank was ‘n voorstander van die plan om die Witwatersrandse goudmyne met dinamiet op te blaas sodat hulle nie in Britse hande val nie, maar Paul Kruger “believed that the mere threat of destroying the mines would be enough to persuade shareholders in France, Germany and other European states to put pressure on their governments to assist the Transvaal in resisting a British invasion” (118). Louis Botha (1862-1919) was ook heftig teen die sabotering van die goudmyne gekant en het gedreig dat “he and his commandos would cease fighting and fall back on Johannesburg to protect it [the mines] themselves against such dastardly attempts” (119). Daar is toe van die sabotasieplan afgesien.

Lank voordat Vrystaters soos MT Steyn en Christiaan de Wet (1854-1922) bereid was om oor vrede te onderhandel, het Transvalers soos Louis Botha en Jan Smuts ‘n wapenstilstand begeer. “As state secretary, Reitz, although personally in favour of keeping up the fight to the bitter end, was deputed to send to President Steyn an official letter setting out proposals for an armistice. Smuts also sent Steyn a private letter stating that it might be advantageous to sue for peace now and rebel at a later stage when Britain was preoccupied elsewhere” (149).

Hierin lê die kiem van die Rebellie van 1914 toe De Wet en andere teen Britse gesag in opstand gekom het en Smuts en Botha hulle (nie sonder ironie nie) aan die Britse kant geskaar het. Steyn het tydens die ABO op die Transvaalse voorstelle geantwoord dat “the Free State would reject any proposals for an armistice and would fight on. If the Transvalers were to surrender, deserting the Free State, then it would deal a death blow to the whole of the Afrikaner nation. For the nation to survive, said Steyn, ‘we must demonstrate that now through our perseverance and strength to fight and suffer'” (149).

Frank wou glad nie sonder meer oorgee nie. In Vereeniging Frank “suggested a compromise. He proposed that, provided the republics could keep their independence, they should then be prepared to surrender control of foreign relations, agree to internal self-government under British auspices and give up the Witwatersrand and its goldfields” (174). Die Britte was nie hiervoor te vinde nie. Tydens die vredesonderhandelinge van die Boere met die Britte in Melrose House, Pretoria, in April 1902, “Frank was chosen to act as interpreter between the two sides” (170). Terug in Vereeniging op 31 Mei 1902 is gestem oor die Britse vredesvoorwaardes. “54 delegates agreed to surrender; six voted ‘no'” (177).

Oor die ondertekening van die vredesverdrag in Melrose House skryf Meredith: “Although he [Frank] signed the 1902 peace agreement in his official capacity as state secretary of the Transvaal, he refused to accept its terms as a private individual and went into exile” (xiv; ook 178). In Julie 1902 is hy na sy vrou en kinders in Nederland “rather than submit to British rule” (178). Van Nederland is hy na Amerika “to give lectures on the war” (183). Na 6 maande het hy na Nederland teruggekeer. “Encouraged by Smuts and Botha, Frank Reitz decided to return to South Africa in 1907 … he and his wife settled in Sea Point, in Cape Town” (190). Nadat Botha en Smuts se Suid-Afrikaanse Party met sy versoeningsbeleid die 1910-verkiesing gewen het, is Frank tot president van die Senaat verkies.

Deneys Reitz

Deneys Reitz (1882-1944) het pas ingenieurswese in Pretoria begin studeer toe hy in 1899 as 17-jarige by die Boeremagte aangesluit en tot die bittereinde geveg het. Hy het te midde van groot ontbering saam met Smuts guerrilla-oorlogvoering in die Kaapkolonie onderneem. Smuts het hom saamgeneem na die vredesonderhandelinge in Vereeniging in 1902. Deneys was verbaas om op te let hoe verwaarloos en uitgemergel die Boerekrygers was. “Their spirit was undaunted, but they had reached the limits of physical endurance” (172).

Oor die aanvaarding van die Britse voorwaardes op 31 Mei 1902 skryf Deneys: “When the final moment dawned, when it was announced that our land and freedom were lost, it was a bitter cup to drain. In the tents, grown men were sobbing like children. Weather-beaten faces which had looked undaunted on the greatest dangers, streamed with hot tears of sorrow. These men who had stood with dry eyes at the graves of friends and sons and fathers now wept bitterly at the grave of their freedom. In truth it was a bitter hour” (178).

Na die ABO is Deneys en Atie via Europa na Madagaskar. Albei het spoedig malaria opgedoen, gevolglik is Atie gou daar weg. Deneys het transport gery en sy herinneringe aan die ABO begin skryf. Maar “[he] longed for his homeland. A letter he received from Isie Smuts [1870-1954], the wife of Jan Smuts, urging him to return, quickened his resolve to leave. If General Smuts was prepared to live under British rule, wrote Isie, then he should be too” (186). Deneys het van die hoofstad, Antananarivo, tot by die kusdorp Tamatave geloop. Vandaar het hy per skip na Delagoabaai gereis terwyl hy as brandweerman diens gedoen het. Van Delagoabaai het hy per trein na Pretoria gereis. “Delirious with malaria, he promptly collapsed unconscious on the platform of the railway station. When he awoke, he found himself in the Sunnyside residence of General Smuts” (187). “He became an integral part of the Smuts household, staying with them in Sunnyside for three years” (191). Deneys het hom in die regte bekwaam en in 1906 ‘n praktyk in Heilbron begin. Die Vrystaatse dorp Deneysville is na Deneys Reitz vernoem.

Ná Uniewording in 1910

Meredith skryf oor die ABO: “The war … left Afrikanerdom and the Reitz family itself deeply divided over how to confront the reality of Britain’s imperial power” (xii). Ná die 1914-rebellie en die stigting van die Nasionale Party in 1915 het Afrikaners se politieke lojaliteit in pro-Brits en pro-Boer verdeel. Frank en sy oudste seun, Hjalmar, het by die Nasionale Party (Natte) aangesluit terwyl Deneys as Smuts-lojalis lid van die Suid-Afrikaanse Party (Sappe) gebly en gehelp het om die Rebellie te onderdruk. Daarna het Deneys in die buiteland in die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) diens gedoen.

In 1919 het Barry Hertzog (1866-1942) ‘n afvaardiging na die Paryse vredeskongres gelei met die oog op die propagering van ‘n republiek vir Suid-Afrika. Hjalmar was een van die afgevaardigdes. Aan Frank as president van die Senaat is gevolglik gevra waar sy simpatie lê. Hy het onomwonde geantwoord: “I am still a Republican at heart” (201). In 1920 is Frank nie herkies tot president van die Senaat nie. Met die steun van die Nasionale Party het hy egter tot 1929 as senator aangebly.

Deneys het in 1919 ‘n Sap-parlementslid geword en in 1921 ‘n minister in Smuts se kabinet. Sy veroordeling van Afrikanernasionalisme en selfs Afrikaans was veel hewiger as dié van Smuts. Deneys het met Leila Wright (1887-1959) getrou. In 1942 toe hy die adjunk van eerste minister Smuts was, het Deneys uit die politiek getree. Hierna het hy die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Londen geword, waar hy twee jaar later gesterf het.

Slot

Meredith belig drie Reitz-geslagte. Francis het blykbaar tydens die Britse bewind (in ‘n mate) verengels. Frank, daarenteen, het vroeg ‘n pro-Afrikaanse en in die Boere-republieke ‘n sterk pro-Boer-gesindheid geopenbaar. Na die ABO het Deneys, veral vanweë sy vriendskap met Smuts, verkies om sterk pro-Brits te wees. In ‘n sin was al drie ‘n produk van hulle tyd en omstandighede.

Oor Hjalmar is te min aan my bekend om ‘n oordeel te vel. Wat die ander Reitze betref, lyk dit asof by uitstek Frank as ‘n lid van die Boere-adel beskou kan word. Hy het Afrikaans bevorder, die Boere probeer verenig, verseg om aan die Britte oor te gee en selfs uit eie beweging in ballingskap gegaan. Na 1910 het hy hom opnuut by die Afrikaners geskaar en die republikeinse ideaal bly koester.

Nadat die Boere alles in hulle vermoë gedoen het om te voorkom dat die ABO uitbreek, het Abraham Fischer [1850-1913], die Vrystaatse staatsekretaris, aan Onze Jan Hofmeyr geskryf: “We have honestly done our best, and can do no more: if we are to lose our independence … we did not sacrifice it dishonourably” (82-83). Dit is wáár van die Boere van weleer, veral van die ABO-bittereinders en die 1914-Rebelle. Van die gevolge van die ABO het die Afrikaners mettertyd herstel. Maar kan ‘n mens sê dat die roemlose oorgawe aan swart mag in 1990/94 naasteby eerbaar was? Kan ‘n mens beweer of realisties hoop dat die skade wat die blankedom en veral die Afrikanerdom deur FW de Klerk en sy meelopers aangedoen is ooit herstel gaan word? As Afrikanerrestourasie nie plaasvind nie is die letterlike waarheid dat hierdie groepie verlooptes Afrikanervolksmoord gepleeg het.

Onmiddelik nadat Frank die Vereeniging-vredesverdrag in sy amptelike hoedanigheid (maar nie in sy persoonlike hoedanigheid nie) onderteken het, het hy “na ‘n hoek geloop en in trane uitgebars” (JC Steyn, Afrikanerjoernaal, Pretoria: FAK, 2016, p 238). Dit is tekenend van hoe magsoorgawe aan die Britte in 1902 deur die Boere/Afrikanerleiers ervaar is. Hulle het diepe verantwoordelik vir die lot van hulle mede-Afrikaners gevoel. Vergelyk dit met die selftevrede gespog van die groepie Afrikaanssprekende blankes wat in 1990/94 die politieke mag mandaadloos aan die swartes oorgedra het. Myns insiens was en is hierdie individue toonbeelde van gewetenlose, ongegronde selfvoldaanheid.

Skynbaar bly hierdie groepie verloopte Afrikaners oortuig dat hulle só uitsonderlik gepresteer het dat hulle vereer moet word. Hulle het glo ‘n burgeroorlog voorkom. Daar is blykbaar geen werklike besef van die mate waarin hulle die onderhandelinge verbrou het nie. Die gelag moet deur die huidige en toekomstige geslagte blankes betaal word; dus diegene wat nie van die onverkwiklike situasie in die nuwe Suid-Afrika kan ontsnap nie.

Volgens Edmund Burke (1729-1797) het politici ‘n dure drieledige plig teenoor hulle samelewing en kultuur, naamlik teenoor die vorige, huidige en toekomstige geslagte. Wat sou Boere soos Frank Reitz en Christiaan de Wet gedink het van die “onderhandelaars” (eintlik instemmers/beamers/akkoordganers) wat so maklik en ongevraagd namens alle Afrikaners boedel oorgegee het? Wat behoort huidige egte Afrikaners na verloop van meer as twee dekades in die nuwe Suid-Afrika van hierdie verlooptes te dink? Wat gaan toekomstige Afrikaners wat hulle kulturele kern probeer behou terugskouend van daardie verlooptes dink?

Geleidelik het die omvang van die 1990/94-verraad duidelik geword. Hoe durf hierdie groepie verlooptes veronderstel dat Afrikaners vir die ondergang van ons eertydse vaderland dankbaar moet wees? Dit is heeltemal onrealisties om van Afrikaners te verwag dat hulle die ydele hoop moet bly koester dat hulle gelukkig en voorspoedig in die nuwe Suid-Afrika kan wees. Hulle regverdigbare bitterheid behoort hedendaagse Boere-adel aan te spoor om ‘n beter grondslag vir die toekoms van ons mede-Afrikaners en ons nageslagte te skep – as dit enigsins moontlik is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.