VSA stel Moslem-reisverbod in

Deel op

Die Amerikaanse regering het ‘n gedeelte van sy beleid oor President Donald Trump se omstrede reisverbod op reisigers van ses oorwegend Moslemlande, herroep.

Die verbod het gisteraand in werking getree. Amerikaanse ambassades en konsulate sal nie meer visums goedkeur vir paspoorte van Iran, Libië, Somalië, Soedan, Sirië of Jemen nie tensy dié burgers ‘n bona fide-verhouding met mense of instansies in Amerika kan bewys.

Dit sluit in ‘n ouer, ‘n kind, ‘n eggenoot, asook ‘n skoondogter of -seun. Dit sluit egter grootouers, kleinkinders, ooms, tantes, niggies en neefs uit.

Verloofdes is ook aanvanklik uitgesluit, maar daar is gisteraand besluit om dit te herroep.

Mense van dié lande wat reeds reisdokumente het, sal toegelaat word om na Amerika te reis. Sakereisigers moet bewys lewer van ‘n amptelike sakebesoek aan ‘n Amerikanse entiteit, soos byvoorbeeld ‘n universiteit of hospitaal.

Die land se hoogste hof sal finale uitspraak gee oor die nuwe reisbeperkings wanneer die saak in Oktober aangehoor word.

Burgers van Saoedi-Arabië word nie geraak deur die verbod nie.

Drie konserwatiewe regters van die Appelhof wat die laer howe se opheffing van die verbod omgekeer het, het ‘n volledige verbod gesteun.

Die swart regter Clarence Thomas het gesê die regering se belang in die behoud van nasionale veiligheid weeg swaarder as enige probleme wat potensiële besoekers mag ervaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.